Die stam van Benjamin word byna uitgeroei.
1 TOE het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die Here in Mispa;
2 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan — vierhonderdduisend man te voet wat die swaard uittrek.
3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.
4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.
6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.
7 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!
8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
9 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!
10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
11 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.
12 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
13 Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;
14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.
15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewehonderd uitgesoekte manne.
16 Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.
17 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel: vierhonderdduisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.
18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die Here: Juda eerste.
19 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
20 En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.
21 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee-en-twintigduisend man teen die grond vernietig.
22 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
23 En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die Here tot die aand toe en die Here geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die Here sê: Trek teen hom op!
24 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,
25 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttienduisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.
26 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die Here en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die Here gebring.
27 En die kinders van Israel het die Here geraadpleeg — want die verbondsark van God was in dié dae daar,
28 en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien — en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die Here: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
29 En Israel het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel.
30 En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.
31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet — hulle is van die stad afgesny — en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea — omtrent dertig man in Israel.
32 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
33 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
34 En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
35 Toe het die Here Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm — en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
38 En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
39 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
40 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!
41 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
42 en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
44 En daar het van Benjamin agttienduisend man geval, en dit almal dapper manne.
45 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyfduisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en tweeduisend man van hulle verslaan.
46 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.
47 Maar seshonderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
48 Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.
Os israelitas vingam o ultraje feito ao levita
1 Saíram todos os filhos de Israel, e reuniu-se perante Jeová em 1Sm 7.5Mispa a congregação como se fora um só homem, desde Dã até Berseba, como também a terra de Gileade. 2 Os homens principais de todo o povo, a saber, de todas as tribos de Israel, apresentaram-se na assembleia do povo de Deus, em número de quatrocentos mil que tiravam a espada. 3 (Ouviram os filhos de Benjamim que os filhos de Israel haviam subido a Mispa.) Disseram os filhos de Israel: Dizei-nos, de que modo se cometeu esta maldade? 4 Respondeu o levita, marido da mulher que fora morta: Em Gibeá, que pertence a Benjamim, entrei eu com minha concubina para ali passar a noite. 5 Os cidadãos de Gibeá levantaram-se contra mim e cercaram de noite a casa em que eu estava; a mim me tencionaram matar e a minha concubina a violaram, de maneira que morreu. 6 Então, peguei na minha concubina, dividi-a em pedaços e enviei-os por todo o país da herança de Israel, porque cometeram tal abominação e loucura em Israel. 7 Eis aqui estais todos vós, israelitas; dai a vossa palavra e conselho neste caso.
8 Todo o povo se levantou como um só homem, dizendo: Nenhum de nós irá para a sua tenda, e nenhum de nós voltará para a sua casa. 9 Porém isto é o que faremos a Gibeá; subiremos contra ela por sorte; 10 tomaremos de todas as tribos de Israel dez homens de cada cem, e cem de cada mil, e mil de cada dez mil para procurarem víveres para o povo, a fim de que, vindo a Gibeá de Benjamim, lhe deem o pago de toda a loucura que fez em Israel. 11 Assim se ajuntaram contra a cidade todos os homens de Israel, coligados como um só homem.
12 As tribos de Israel mandaram homens por toda a tribo de Benjamim, para que lhe dissessem: Que maldade é essa que se fez entre vós? 13 Entregai-nos, agora, os homens, filhos de Belial, que estão em Gibeá, para que os façamos morrer e para que tiremos de Israel este mal. Porém Benjamim não quis ouvir a voz de seus irmãos, os filhos de Israel. 14 Das cidades ajuntaram-se em Gibeá os filhos de Benjamim para saírem a pelejar contra os filhos de Israel. 15 Contaram-se naquele dia os filhos de Benjamim, das cidades, Nm 1.36-37;2.23;26.41vinte e seis mil homens que tiravam a espada, afora os habitantes de Gibeá, de que se contaram setecentos homens escolhidos. 16 Entre todo este povo havia setecentos homens escolhidos que usavam da mão esquerda em vez da direita, cada um podia dar tiros de funda num cabelo sem errar.
O povo consulta a Deus
17 Foram contados dos homens de Israel, excluindo a Benjamim, quatrocentos mil que tiravam a espada, todos eles homens de guerra. 18 Tendo-se levantado os filhos de Israel, subiram a Betel e Jz 20.23,27;Nm 27.21consultaram a Deus, perguntando: Quem de nós subirá primeiro para pelejar contra os filhos de Benjamim? Respondeu Jeová: Judá subirá primeiro.
19 Levantaram-se de manhã os filhos de Israel e acamparam-se contra Gibeá. 20 Saíram os homens de Israel para pelejar contra Benjamim, e ordenaram batalha contra eles junto a Gibeá. 21 Então, os filhos de Benjamim saíram de Gibeá, Jz 20.25e derrubaram por terra, naquele dia, vinte e dois mil homens dos israelitas. 22 Esforçou-se o povo, os homens de Israel, e tornaram a ordenar batalha no lugar em que a tinham ordenado no primeiro dia. 23 Js 7.6-7Subiram os filhos de Israel e choraram diante de Jeová até à tarde, e Jz 20.18perguntaram-lhe: Tornarei a pelejar contra os filhos de meu irmão Benjamim? Respondeu Jeová: Subi contra eles.
24 Marcharam os filhos de Israel contra os filhos de Benjamim no segundo dia. 25 Também Benjamim, nesse mesmo dia, lhes saiu de Gibeá ao encontro, e Jz 20.21derrubou por terra dos filhos de Israel mais dezoito mil homens; todos estes tiravam a espada. 26 Jz 20.23;Jz 21.2Todos os filhos de Israel e todo o povo subiram a Betel, choraram, ali se assentaram diante de Jeová e jejuaram aquele dia até à tarde. Diante de Jeová ofereceram holocaustos e ofertas pacíficas. 27 Os filhos de Israel Jz 20.18perguntaram a Jeová (porque a arca da aliança de Deus estava ali naqueles dias, 28 e Fineias, filho de Eleazar, filho de Arão, lhe assistia): Tornarei ainda a sair à peleja contra os filhos de meu irmão Benjamim, ou desistirei? Respondeu Jeová: Subi, Jz 7.9porque amanhã tos entregarei nas mãos.
29 Js 8.4Israel pôs emboscadas ao redor de Gibeá. 30 Ao terceiro dia, subiram os filhos de Israel contra os filhos de Benjamim, e como das outras vezes ordenaram batalha contra Gibeá. 31 Js 8.16Saíram os filhos de Benjamim ao encontro do povo e foram atraídos da cidade; como das outras vezes, começaram a ferir e mataram do povo uns trinta homens de Israel no campo, pelas estradas, uma das quais sobe para Betel, e a outra, para Gibeá. 32 Disseram os filhos de Benjamim: Estão derrotados diante de nós como dantes. Porém os filhos de Israel disseram: Fujamos, e atraiamo-los da cidade para as estradas. 33 Todos os homens de Israel se levantaram do seu lugar e ordenaram batalha em Baal-Tamar. A Js 8.19emboscada de Israel surgiu de repente do seu lugar ao ocidente de Gibeá. 34 Vieram contra Gibeá dez mil homens escolhidos de todo o Israel e travou-se renhido combate; mas os de Gibeá não sabiam que a derrota vinha sobre eles. 35 Jeová feriu a Benjamim diante de Israel, que lhe destruiu, naquele dia, vinte e cinco mil e cem homens: todos estes tiravam a espada.
A derrota dos filhos de Benjamim
36 Assim, os filhos de Benjamim viram que estavam derrotados; pois os homens de Israel cederam lugar a Benjamim, porque confiaram na emboscada que haviam posto contra Gibeá. 37 A emboscada apressou-se, correu impetuosamente para Gibeá e, apresentando-se ali, feriu a cidade toda ao fio da espada. 38 Os homens de Israel tinham combinado com a emboscada Js 8.20que fizesse subir uma nuvem de fumo como sinal do tempo 39 em que deviam voltar ao combate. Benjamim começou a ferir e a matar dos homens de Israel quase trinta pessoas, Jz 20.32pois disseram: Sem dúvida estão derrotados diante de nós, como na peleja anterior. 40 Mas, quando a nuvem começou a subir da cidade numa coluna de fumo, os benjamitas olharam para trás, e eis que a cidade toda subia em fumo ao céu. 41 Os homens de Israel deram volta, e os homens de Benjamim pasmaram, pois viram que a derrota lhes tinha sobrevindo. 42 Portanto, viraram as costas diante dos filhos de Israel em busca Js 8.15,24do caminho do deserto; porém a peleja os apertou; os das cidades os destruíram ao passar por eles. 43 Cercaram aos benjamitas, perseguiram-nos e pisaram-nos desde Menuá até a altura de Gibeá, para o nascente do sol. 44 Caíram de Benjamim dezoito mil homens, todos eles homens de valor. 45 Então, viraram as costas e fugiram para o deserto até a penha de Jz 21.13Rimom. Rabiscaram deles nas veredas ainda cinco mil homens; seguiram-nos de perto até Gidom e mataram deles uns dois mil homens. 46 Assim que todos os que de Benjamim caíram, naquele dia, foram vinte e cinco mil homens que tiravam a espada, todos eles homens de valor. 47 Mas seiscentos homens viraram as costas e, fugindo para o deserto até a penha de Rimom, ficaram ali quatro meses. 48 Os filhos de Israel voltaram para os filhos de Benjamim e feriram ao fio da espada a cidade com os homens e animais e tudo o que se achava ali; além disso, puseram fogo a todas as cidades que acharam.