Pular para o conteúdo
Publicidade

Juízes 1

TB

Nuwe veroweringe. Verslapping van die stamme in die verdrywing van die Kanaäniete.

1 EN die dood van Josua het die kinders van Israel die Here geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?

2 En die Here het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

3 Toe Juda aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek;

4 en toe Juda optrek, het die Here die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van hulle by Besek verslaan het.

5 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan.

6 En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.

7 Daarop Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.

8 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.

9 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.

10 Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.

11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.

12 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

13 Daarop het Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, Kaleb vir haar: Wat wil jy ?

15 En sy vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad ; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.

17 En Juda het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.

18 En Juda het Gasa met sy grondgebied en Áskelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.

19 En die Here was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.

20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.

21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.

22 En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die Here was met hulle.

23 En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied maar die naam van die stad was tevore Lus

24 sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.

25 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.

26 En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.

27 En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie land te bly woon.

28 Maar toe Israel sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.

29 En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.

30 Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.

31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;

32 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.

33 Náftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.

34 En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;

35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ájalon en in Saälbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.

36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioennek, van die rots af, en verder op.

Novas conquistas pelas tribos

1 Depois da morte de Josué, Nm 27.21consultaram os filhos de Israel a Jeová, dizendo: Quem dentre nós subirá, primeiro, Jz 1.27;Jz 2.21-23;3.1-6aos cananeus, para pelejar contra eles? 2 Respondeu Jeová: Subirá Judá; eis que lhe entreguei a terra na sua mão. 3 Então, disse Judá a Simeão, seu irmão: Sobe comigo à minha sorte, e pelejemos contra os cananeus, que eu também subirei contigo à tua sorte. Simeão foi com ele. 4 Subiu Judá, e Jeová lhes entregou nas mãos os cananeus e os ferezeus: feriram deles, em Bezeque, dez mil homens. 5 Acharam, em Bezeque, a Adoni-Bezeque; pelejaram contra ele e feriram aos cananeus e aos ferezeus. 6 Fugiu Adoni-Bezeque; mas, perseguindo-o, prenderam-no, e cortaram-lhe os dedos polegares das mãos e dos pés. 7 Disse Adoni-Bezeque: Setenta reis, a quem haviam sido cortados os dedos polegares das mãos e dos pés, apanhavam as migalhas debaixo da minha mesa: assim como eu fiz, assim Deus me retribuiu. Levaram-no a Jerusalém, e ali morreu.

8 Os filhos de Judá, pelejando contra Jz 1.21;Js 15.63Jerusalém, tomaram-na e passaram-na ao fio da espada, pondo fogo à cidade. 9 Depois, os filhos de Judá desceram a pelejar contra os cananeus, que habitavam na região montanhosa, no Neguebe e na Sefelá. 10 Js 15.13-19Judá marchou contra os cananeus que moravam em Hebrom (ora o nome de Hebrom era dantes Quiriate-Arba); e feriu a Sesai, Aimã e Talmai.

11 Dali partiu contra os habitantes de Debir (ora, o nome de Debir era dantes Quiriate-Sefer). 12 Disse Calebe: Ao homem que ferir a Quiriate Sefer, e a tomar, a esse darei por mulher minha filha Acsa. 13 Tomou-a Jz 3.9Otniel, filho de Quenaz, irmão mais moço de Calebe; e este lhe deu por mulher sua filha Acsa. 14 Estando ela em caminho para casa de Otniel, persuadiu-lhe que pedisse ao pai um campo. Ela saltou do seu jumento; Calebe perguntou-lhe: Que é o que tens? 15 Respondeu ela: Dá-me uma bênção; porquanto me estabeleceste na terra do Neguebe, dá-me também fontes de água. Deu-lhe, pois, Calebe as fontes superiores e as fontes inferiores.

16 Os filhos do Jz 4.11;Nm 10.29-32queneu, sogro de Moisés, subiram da Jz 3.13;Dt 34.3cidade das Palmeiras com os filhos de Judá ao deserto de Judá, que está no Neguebe de Nm 21.1Arade; foram e habitaram com o povo da terra. 17 Depois, Judá marchou com Simeão, seu irmão, e feriram aos cananeus que habitavam em Zefate e totalmente a destruíram. O nome da cidade chamava-se Nm 21.3Hormá. 18 Também Judá tomou a Gaza, a Asquelom e a Ecrom com os seus termos. 19 Jeová foi com Judá. Este desapossou os habitantes da região montanhosa; porém não pôde desapossar os habitantes do vale, porque tinham Jz 4.3,13;Js 17.16carros de ferro. 20 Js 14.9Como Moisés havia dito, deram Hebrom a Calebe, que dali expulsou Jz 1.10;Js 15.14os três gigantes. 21 Jz 1.8;Js 15.63Os filhos de Benjamim não expulsaram os jebuseus que habitavam em Jerusalém; mas eles ficaram habitando com os filhos de Benjamim em Jerusalém, até o dia de hoje.

22 A casa de José, também eles subiram contra Betel; e Jeová era com eles. 23 A casa de José enviou espias a reconhecer a Betel Gn 28.19(ora, a cidade antes se chamava Luz). 24 Os vigias viram sair da cidade um homem e disseram-lhe: Mostra-nos o caminho para entrarmos na cidade, e usaremos de misericórdia contigo. 25 Mostrou-lhes o caminho para entrarem na cidade, a qual foi por eles passada ao fio da espada; Js 6.25porém deixaram ir livre aquele homem com toda a sua família. 26 Então, entrou esse homem na terra dos heteus, edificou uma cidade e pôs-lhe o nome de Luz, a qual assim se chama até ao dia de hoje.

Terras não conquistadas pelos israelitas

27 Js 17.12Manassés não expulsou os habitantes de Bete-Seã e suas vilas, nem os de Taanaque, de Dor, de Ibleão e de Megido com suas vilas; porém Jz 1.1os cananeus resolveram habitar na mesma terra. 28 Quando Israel cobrou forças bastantes, obrigou os cananeus a trabalhos forçados e não os expeliu de todo.

29 Js 16.10Efraim não expulsou os cananeus que habitavam em Gezer, mas estes ficaram habitando ali com ele.

30 Zebulom não expulsou os habitantes de Quitrom, nem os de Naalol; mas os cananeus ficaram habitando entre eles e foram obrigados a trabalhos forçados.

31 Aser não expulsou os habitantes de Aco, nem de Sidom, nem de Alabe, nem de Aczibe, nem de Helba, nem de Afeca, nem de Reobe; 32 mas os aseritas moraram no meio dos cananeus, habitantes da terra, porque não os expulsaram.

33 Naftali não expulsou os habitantes de Bete-Semes, nem os de Bete-Anate; porém morou entre os cananeus, habitantes da terra; todavia, os habitantes de Bete-Semes e Bete-Anate foram obrigados a trabalhos forçados.

34 Os amorreus impeliram aos filhos de até a região montanhosa; porque não lhes permitiram descer ao vale; 35 mas os amorreus resolveram habitar em Heres, em Aijalom e em Saalbim. Contudo, a mão da casa de José prevaleceu, de sorte que foram obrigados a trabalhos forçados. 36 O termo dos amorreus foi desde a Js 15.3subida de Acrabim, Sela e dali para cima.

Veja também