Dawid se lof- en danklied.
1 EN Dawid het die woorde van hierdie lied tot die Here gespreek op die dag toe die Here hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
2 En hy het gesê: Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.
4 Ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.
6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.
7 Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder sy voete.
11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.
12 En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.
13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.
14 Uit die hemel het die Here gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.
15 En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.
16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die Here, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
17 Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.
18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die Here was my steun.
20 En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
21 Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.
22 Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.
23 Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie.
24 Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
25 So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.
26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
28 En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.
29 Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.
30 Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
31 Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
32 Want wie is God buiten die Here, en wie 'n rots buiten onse God?
33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.
34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek vernietig.
42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
47 Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!
48 Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;
49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.
50 Daarom wil ek U loof, o Here, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;
51 Hy is dit wat die verlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.
Cântico de Davi em ação de graças
1 Sl 18.2-50Davi falou a Jeová Êx 15.1;Dt 31.30as palavras deste cântico no dia em que Jeová o livrou da mão de todos os seus inimigos e das mãos de Saul; 2 e disse:
1Sm 23.25;24.2;Sl 31.3;71.3Jeová é o meu rochedo, a minha fortaleza e o meu libertador.
3 Dt 32.4,37;1Sm 2.2É o Deus da minha rocha, nele confiarei;
é o meu Gn 15.1;Dt 33.29escudo, e a Dt 33.17;Lc 1.69força da minha salvação, e a minha alta torre, e Sl 9.9o meu refúgio;
Ó meu salvador, da violência tu me livras.
4 Hei de invocar a Jeová, Sl 48.1;96.4que é digno de louvor;
assim, serei salvo dos meus inimigos.
5 Porque me Sl 93.4;Jn 2.3cercaram as ondas da morte,
Sl 69.14-15as torrentes da impiedade me atemorizaram.
6 Sl 116.3As cordas do Sheol me cingiram,
os laços da morte me apanharam.
7 Sl 116.4;120.1Na minha angústia, invoquei a Jeová;
sim, invoquei ao meu Deus.
Do seu templo ouviu a minha voz,
e o meu clamor chegou aos seus ouvidos.
8 Então, Jz 5.4;Sl 97.4a terra se comoveu e estremeceu,
Jó 26.11os fundamentos do céu se moveram
e se abalaram, porque ele se irou.
9 Sl 97.4;Hb 12.29Das suas narinas subiu fumo,
e da sua boca saiu fogo devorador,
2Sm 22.13que pôs carvões em chamas.
10 Abaixou também os céus e desceu;
Êx 19.16;1Rs 8.12;Sl 97.2;Na 1.3e havia escuridade debaixo dos seus pés.
11 2Sm 6.2Montou num querubim e voou;
e foi visto Sl 104.3sobre as asas do vento.
12 Jó 36.29Fez das trevas tendas ao redor de si,
ajuntamento de águas, espessas nuvens do céu.
13 Pelo esplendor que estava diante dele 2Sm 22.9acenderam-se carvões de fogo.
14 Jó 37.2-5;Sl 29.3Jeová trovejou do céu,
e o Altíssimo fez soar a sua voz.
15 Dt 32.23;Js 10.10;1Sm 7.10Disparou setas e dissipou-os;
raios, e desbaratou-os.
16 Então, apareceram as profundezas do mar,
descobriram-se os fundamentos do mundo,
pela repreensão de Jeová,
Êx 15.8;Na 1.4ao assopro do vento dos seus narizes.
17 Sl 144.7Enviou do alto e recebeu-me;
Êx 2.10tirou-me das muitas águas;
18 livrou-me do meu inimigo poderoso
e dos que me tinham ódio, porque eram mais fortes do que eu.
19 Vieram sobre mim no dia da minha calamidade,
Sl 23.4porém Jeová se fez o meu esteio.
20 Sl 31.8;118.5Conduziu-me para um lugar espaçoso;
livrou-me, 2Sm 15.26porque se agradou de mim.
21 1Sm 26.23;1Rs 8.32Jeová recompensou-me segundo a minha justiça,
retribuiu-me Sl 24.4segundo a pureza das minhas mãos.
22 Gn 18.19;Sl 128.1;Pv 8.32Pois guardei os caminhos de Jeová
e não obrei impiamente, apartando-me do meu Deus.
23 Dt 6.6-9;Sl 119.30,102Porque todos os seus juízos estavam diante de mim;
e, quanto aos seus estatutos, deles não me arredei.
24 Gn 6.9;7.1;Ef 1.4;Cl 1.21-22Fui também perfeito para com ele
e guardei-me da minha iniquidade.
25 2Sm 22.21Por isso, me retribuiu Jeová segundo a minha justiça,
segundo a minha pureza diante dos seus olhos.
26 Mt 5.7Para com o misericordioso, mostrar-te-ás misericordioso,
para com o homem perfeito, mostrar-te-ás perfeito,
27 Mt 5.8;1Jo 3.3para com o puro, mostrar-te-ás puro
Lv 26.23-24;Rm 1.28e para com o pervertido, mostrar-te-ás tortuoso.
28 Êx 3.7-8;Sl 72.12-13Livrarás o povo humilhado,
Is 2.11-12,17;5.15mas os teus olhos estão sobre os altivos, para que os abatas.
29 2Sm 21.17;Sl 27.1;1Rs 11.36Pois tu és, Jeová, a minha candeia;
e Jeová alumiará as minhas trevas.
30 2Sm 5.6-8Pois, com o teu auxílio, posso atacar uma tropa;
e, com o auxílio do meu Deus, posso saltar um muro.
31 Dt 32.4;Mt 5.48Quanto a Deus, o seu caminho é perfeito;
Sl 12.6;119.140;Pv 30.5a palavra de Jeová é purificada;
2Sm 22.3;Sl 84.9ele é o escudo de todos os que nele confiam.
32 1Sm 2.2Pois quem é Deus, senão Jeová?
2Sm 22.2E quem é rocha, senão o nosso Deus?
33 2Sm 22.2;Sl 31.3-4Deus é o meu refúgio poderoso
e faz o meu caminho perfeito.
34 2Sm 2.18;Hc 3.19Ele iguala os meus pés com os das gazelas
Dt 32.13e me põe sobre as minhas alturas.
35 Sl 144.1Ele instrui as minhas mãos para a peleja,
Jó 20.24de modo que os meus braços podem entesar um arco de cobre.
36 Também me deste Ef 6.16-17o escudo da tua salvação,
e a tua condescendência me engrandeceu.
37 2Sm 22.20;Pv 4.12Alargaste os meus passos debaixo de mim,
e não vacilaram os meus artelhos.
38 Persegui os meus inimigos, e Êx 15.9os derrotei,
e não tornei atrás, até os consumir.
39 Consumi-os e os atravessei, de sorte que não se pudessem levantar.
Sim, Ml 4.3caíram debaixo dos meus pés.
40 Pois me cingiste de força para a peleja;
fizeste curvar-se debaixo de mim Sl 44.5os que se levantaram contra mim.
41 Êx 23.27;Js 10.24Fizeste que me voltassem as costas os meus inimigos,
para que eu exterminasse os que me aborrecem.
42 Is 17.7-8Olharam ao redor, porém não houve ninguém que os salvasse;
1Sm 28.6;Is 1.15olharam para Jeová, mas ele não lhes respondeu.
43 2Rs 13.7Então, os moí como o pó da terra;
Is 10.6;Mq 7.10como a lama das ruas os pisei e os dissipei.
44 2Sm 3.1;19.9,14Também me livraste das contendas do meu povo;
2Sm 8.1-14guardaste-me para ser o cabeça das nações.
Is 55.5Um povo que não conheço me servirá.
45 Sl 66.3;81.15Os estrangeiros submeter-se-ão a mim;
logo que me conhecerem, obedecer-me-ão.
46 Os estrangeiros dissipar-se-ão
1Sm 14.11;Mq 7.17e, tremendo, sairão dos seus lugares fortes.
47 Jeová vive, e bendita seja a minha rocha!
2Sm 22.3;Sl 89.26E exaltado seja o Deus da rocha da minha salvação!
48 2Sm 4.8;1Sm 24.12;25.39;Sl 94.1O Deus que me dá vingança,
Sl 144.2que sujeita povos debaixo de mim
49 e que me tira dentre os meus inimigos.
Tu me exaltas acima Sl 44.5dos que se levantam contra mim;
Sl 140.1,4,11tu me livras do homem violento.
50 Rm 15.9Por isso, Jeová, te darei graças entre as nações
e entoarei louvores ao teu nome.
51 Sl 144.10Ele dá grande salvamento ao seu rei
Sl 89.24e faz misericórdia ao seu ungido,
2Sm 7.12-16a Davi e à sua semente, para sempre.