Berisping oor geskille tussen broeders.
1 DURF iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
4 As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
6 Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
7 Dan is dit al werklik 'n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
8 Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
Ons liggame is die lede van Christus.
12 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
13 Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
14 En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.
15 Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van 'n hoer maak? Nee, stellig nie!
16 Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
18 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam.
19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Paulo censura o litígio perante tribunais pagãos e entre irmãos
1 Atreve-se algum de vós, tendo negócio contra outro, a ir a juízo perante os iníquos e cp.Mt 18.17não perante os santos? 2 Rm 6.16;1Co 5.6Porventura, não sabeis Mt 19.28; cp.Dn 7.18,22,27que os santos julgarão 1Co 1.20o mundo? E, se o mundo é julgado por vós, sois indignos de julgar as coisas mínimas? 3 Não sabeis que julgaremos os anjos? Quanto mais as coisas desta vida! 4 Portanto, se tiverdes de julgar as coisas desta vida, constituis como juízes aqueles que são de mínima importância na igreja? 5 1Co 15.34; cp.4.14Digo-vos isso para vos envergonhar. É assim que não se pode achar entre vós um só homem sábio que possa julgar entre seus At 1.15; cp.At 9.13;1Co 6.1irmãos? 6 Mas vai um irmão a juízo contra outro irmão, e isso perante 2Co 6.14s.;1Tm 5.8os incrédulos? 7 É já, na verdade, uma grave perda para vós o terdes demandas uns com os outros. cp.Mt 5.39s.Por que não sofreis antes a injustiça? Por que não vos deixais, antes, defraudar? 8 Pelo contrário, vós mesmos sois os que fazeis injustiça e defraudais, e isso a 1Ts 4.6irmãos. 9 Acaso, Rm 6.16não sabeis que os injustos 1Co 15.50;Gl 5.21;Ef 5.5; cp.At 20.32não herdarão o reino de Deus? 1Co 15.33;Gl 6.7;Tg 1.16; cp.Lc 21.8;1Jo 3.7Não vos enganeis: nem fornicários, Rm 13.13;1Co 5.11;Gl 5.19-21;Ef 5.5;1Tm 1.10;Ap 21.8;22.15nem idólatras, nem adúlteros, nem efeminados, 10 nem sodomitas, nem ladrões, nem avarentos, nem bêbedos, nem maldizentes, nem roubadores herdarão o reino de Deus. 11 1Co 12.2;Ef 2.2s.;Cl 3.5-7;Tt 3.3-7Tais fostes alguns; mas fostes At 22.16; cp.Ef 5.26lavados, mas fostes 1Co 1.2-30santificados, mas fostes Rm 8.30justificados em o nome do Senhor Jesus Cristo e no Espírito do nosso Deus.
O cristão, unido a Cristo, não pode viver em sensualidade
12 Todas as coisas me são lícitas, mas nem todas me convêm. Todas as coisas me são lícitas, mas 1Co 10.23eu não me deixarei dominar por nenhuma delas. 13 cp.Mt 15.17Os manjares são para o ventre, e o ventre, para os manjares; mas Deus cp.Cl 2.22destruirá tanto aquele como a estes. Porém o corpo não é para a fornicação, mas 1Co 6.15,19para o Senhor, e cp.Gl 5.24;Ef 5.23o Senhor, para o corpo; 14 Deus At 2.24ressuscitou ao Senhor e também 1Co 15.23;Jo 6.39s.nos ressuscitará a nós pelo seu poder. 15 1Co 6.3Não sabeis que os 1Co 6.13; cp.Rm 12.5;1Co 12.27;Ef 5.30vossos corpos são membros de Cristo? Tirarei, pois, os membros de Cristo e fá-los-ei membros de uma prostituta? Lc 20.16De modo nenhum! 16 Porventura, não sabeis que aquele que se une com a prostituta faz-se um corpo com ela? Porque, disse, Mt 19.5;Mc 10.8;Ef 5.31;Gn 2.24os dois serão uma só carne. 17 Mas aquele que se une ao Senhor é Jo 17.21-23;Rm 8.9-11;Gl 2.20; cp.1Co 6.15um espírito com ele. 18 2Co 12.21;Ef 5.3;Cl 3.5;Hb 13.4;1Co 6.9Fugi da fornicação. Todo outro pecado, qualquer que o homem cometer é fora do corpo; mas aquele que comete fornicação peca contra o seu próprio corpo. 19 Acaso, não sabeis que o cp.Jo 2.21vosso corpo é santuário do Espírito Santo, que habita em vós, o qual vos foi dado por Deus, Rm 14.7s.e que não sois de vós mesmos? 20 Porque 1Co 7.23;At 20.28;1Pe 1.18s.;2Pe 2.1;Ap 5.9fostes comprados por preço. Portanto, glorificai a Deus no Rm 12.1; cp.Fp 1.20vosso corpo.