Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 8

TB

Die sewe jaar hongersnood. Die eiendom van die Sunamitiese vrou.

1 EN Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die Here het 'n hongersnood geroep wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.

2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.

3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.

4 Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te : Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.

5 En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási : My heer die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Elísa lewendig gemaak het.

6 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en : Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.

Hásael word koning van Aram.

7 EN Elísa het in Damaskus aangekom, terwyl Bénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.

8 Toe die koning vir Hásael: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die Here deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?

9 Daarop het Hásael hom tegemoetgegaan en 'n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, 'n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: U seun Bénhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?

10 En Elísa antwoord hom: Gaan : Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want die Here het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.

11 En hy het sy gesig strak na hom gerig totdat hy verleë was; en die man van God het geween.

12 Toe Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.

13 Maar Hásael : Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord: Die Here het my jou laat sien as koning oor Aram.

14 Daarop het hy van Elísa af weggegaan, en toe hy by sy heer kom, het dié hom gevra: Wat het Elísa vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê: U sal sekerlik gesond word.

15 Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en Hásael het in sy plek koning geword.

Jehóram en Ahásia konings van Juda.

16 EN in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, het Jehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword.

17 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.

18 En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die van die Here.

19 Maar die Here wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.

20 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.

21 Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug.

22 So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.

23 En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

24 En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

25 In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.

26 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.

27 En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die van die Here, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.

28 En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.

29 En koning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

A sunamita volta para a sua terra

1 Ora, 2Rs 4.18,31-35Eliseu tinha dito à mulher cujo filho ele havia restaurado à vida: Levanta-te, vai com os de tua casa a peregrinar onde puderes, porque Sl 105.16;Ag 1.11Jeová chamou a fome, que Gn 41.27,54virá sobre a terra por sete anos. 2 Levantou-se a mulher e fez conforme a palavra do homem de Deus; e, indo com os de sua casa, peregrinou sete anos na terra dos filisteus. 3 Ao cabo dos sete anos, a mulher voltou da terra dos filisteus; e saiu para rogar ao rei sobre a sua casa e sobre as suas terras. 4 O rei falava com 2Rs 4.12;5.20-27Geazi, servo do homem de Deus, dizendo: Conta-me todas as grandes obras que Eliseu tem feito. 5 Referindo ele ao rei como Eliseu havia restaurado a vida àquele que estava morto, a mulher, cujo filho ele havia restaurado à vida, apareceu rogando ao rei sobre a sua casa e sobre as suas terras. Disse Geazi: Ó rei, meu senhor, esta é a mulher, e este é seu filho, a quem Eliseu restaurou à vida. 6 O rei interrogou a mulher, e ela lhe fez a narrativa. Então, o rei lhe deu um eunuco, dizendo: Faze restituir-lhe tudo o que era seu e todos os frutos do campo, desde o dia em que ela deixou a terra até agora.

Hazael mata a Ben-Hadade

7 Veio Eliseu a 1Rs 11.24Damasco. 2Rs 6.24Ben-Hadade, rei da Síria, estava doente; e lho anunciaram, dizendo: 2Rs 5.20O homem de Deus é chegado aqui. 8 Disse o rei a 1Rs 19.15,17Hazael: 1Rs 14.3Toma presentes contigo, e vai ao encontro do homem de Deus, e, por ele, 2Rs 1.2consulta a Jeová, perguntando: Hei de eu sarar desta doença? 9 Foi Hazael ao encontro dele, levando consigo um presente de quarenta camelos carregados com todas as boas coisas de Damasco. Chegou, apresentou-se diante dele e disse: 2Rs 5.13Teu filho Ben-Hadade, rei da Síria, enviou-me a ti para perguntar: Hei de eu sarar desta doença? 10 Respondeu-lhe Eliseu: 2Rs 8.14Vai, dize-lhe: Hás de sarar; contudo, 2Rs 8.15Jeová me mostrou que ele de morrer. 11 Olhou para Hazael, fitando nele os olhos, 2Rs 2.17até que este ficou envergonhado; e o homem de Deus chorou. 12 Perguntou-lhe Hazael: Por que chora o meu senhor? Respondeu ele: Porque 2Rs 10.32-33;12.17;13.3,7sei o mal que hás de fazer aos filhos de Israel: porás fogo às suas fortalezas, matarás à espada os seus mancebos, 2Rs 15.16;Na 3.10despedaçarás os seus pequeninos e rasgarás os ventres de suas mulheres grávidas. 13 Tornou Hazael: Mas que é o teu servo, 1Sm 17.43;2Sm 9.8este cão, para fazer tão grande coisa? Respondeu Eliseu: 1Rs 19.15Jeová mostrou-me que tu serás rei da Síria. 14 Então, deixou a Eliseu e veio ao seu amo, que lhe perguntou: Que te disse Eliseu? Respondeu ele: Disse-me 2Rs 8.10que havias de sarar. 15 Ao outro dia, tomou Hazael o cobertor, mergulhou-o em água e estendeu-o sobre o rosto do rei, 2Rs 8.10que morreu. Em seu lugar, reinou Hazael.

O reinado de Jeorão

16 No quinto ano de 2Rs 1.17;3.1Jeorão, filho de Acabe, rei de Israel, reinando Josafá em Judá, começou a reinar Jeorão, filho de Josafá, rei de Judá. 17 2Cr 21.5-10Tinha trinta e dois anos quando começou a reinar e reinou oito anos em Jerusalém. 18 Andou nos caminhos dos reis de Israel, como o fez a casa de Acabe (porque tinha por mulher a 2Rs 8.27filha de Acabe); e fez o mal à vista de Jeová. 19 Todavia, Jeová não quis destruir a Judá por causa do seu servo Davi, 1Sm 7.12,15;1Rs 11.36conforme a promessa que lhe havia feito de dar para sempre uma lâmpada a seus filhos.

20 Nos seus dias, rebelou-se 2Rs 8.22;3.9,26-27;1Rs 22.47Edom para não estar debaixo do poder de Judá e constituiu para si um rei. 21 Então, Jeorão passou a Zair, e, com ele, todos os seus carros. Ele se levantou de noite e feriu os edomitas que o cercaram e os capitães dos carros; 2Sm 18.17;19.8o povo fugiu para as suas tendas. 22 Assim, Gn 27.40se rebelou Edom para não estar debaixo do poder de Judá até o dia de hoje. Rebelou-se 2Rs 19.8;Js 21.13Libna ao mesmo tempo. 23 O restante dos atos de Jeorão e tudo o que ele fez, porventura, não estão escritos no Livro das Crônicas dos Reis de Judá? 24 Jeorão adormeceu com seus pais e 2Cr 21.20foi sepultado com eles na Cidade de Davi. Em seu lugar reinou seu filho 2Cr 21.1,17Acazias.

O reinado de Acazias

25 2Cr 22.1-6No ano duodécimo de Jeorão, filho de Acabe, rei de Israel, começou a reinar Acazias, filho de Jeorão, rei de Judá. 26 Acazias tinha vinte e dois anos quando começou a reinar e reinou um ano em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Atalia, filha de Onri, rei de Israel. 27 Ele andou no caminho da casa de Acabe e fez o mal à vista de Jeová, como o fez a casa de Acabe; porque era genro da casa de Acabe. 28 Ele marchou com Jeorão, filho de Acabe, a pelejar contra 2Rs 8.15Hazael, rei da Síria, em 1Rs 22.3,29Ramote-Gileade; e os siros feriram a Jeorão. 29 Então, 2Rs 9.15o rei Jeorão voltou para se curar em Jezreel das feridas que os siros lhe fizeram em 2Rs 8.28;2Cr 22.5-6Ramá, quando pelejava contra Hazael, rei da Síria. 2Rs 9.16Acazias, filho de Jeorão, rei de Judá, desceu para visitar, em Jezreel, a Jeorão, filho de Acabe, que estava doente.

Veja também