Jehu word koning van Israel en begin met die uitroeiing van Agab se geslag.
1 TOE roep die profeet Elísa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead.
2 As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in 'n binnekamer;
3 neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die Here: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.
4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in Gílead.
5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!
6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die Here, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die Here, oor Israel.
7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die Here op Isébel kan wreek;
8 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía.
10 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.
11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat.
12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die Here: Ek salf jou as koning oor Israel.
13 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom sommer op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!
14 Daarop het Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in Gílead wag te hou, hy en die hele Israel, teen Hásael, die koning van Aram.
15 Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in Jísreël te gaan vertel nie.
16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.
17 En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede?
18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.
19 Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!
20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige.
21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.
22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?
23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!
24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.
25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die Here oor hom hierdie uitspraak gegee het:
26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die Here, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die Here. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die Here.
27 Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.
28 En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.
29 En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia koning oor Juda geword.
30 En Jehu het in Jísreël gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk.
31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?
32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;
33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.
34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter.
35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms.
36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die Here wat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet.
37 En die lyk van Isébel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.
A mensagem de Eliseu a Jeú. Jeú é ungido rei de Israel
1 Chamou o profeta Eliseu a um dos 2Rs 2.3filhos dos profetas e disse-lhe: 2Rs 4.29Cinge os teus lombos, 1Sm 10.1;16.1;1Rs 1.39toma na mão este vaso de óleo e vai a 2Rs 8.28-29Ramote-Gileade. 2 Quando lá chegares, procura a 2Rs 9.14,20;1Rs 19.16-17Jeú, filho de Josafá, filho de Ninsi; entra, e 2Rs 9.5,11faze-o levantar-se dentre os seus irmãos, e leva-o para uma câmara interior. 3 Tomando o vaso de óleo, derrama-lho sobre a cabeça e dize: Assim diz Jeová: 2Cr 22.7Acabo de ungir-te rei sobre Israel. Então, abre a porta, foge e não te demores. 4 Assim, foi o mancebo, 2Rs 9.1o jovem profeta, a Ramote-Gileade. 5 Quando chegou, eis que estavam sentados os capitães do exército; ele disse: Capitão, tenho que te dar uma mensagem. Perguntou-lhe Jeú: A qual de todos nós? Respondeu ele: A ti, capitão. 6 Jeú levantou-se e entrou na casa; o mancebo derramou-lhe o óleo sobre a cabeça e disse: Assim diz Jeová, Deus de Israel: 2Rs 9.3Acabo de ungir-te rei sobre o povo de Jeová, sobre Israel. 7 Ferirás a casa de Acabe, teu amo, para Dt 32.35,43que eu vingue da 2Rs 9.32-37mão de Jezabel 1Rs 18.4;21.15,21,25o sangue dos profetas, meus servos, e o sangue de todos os servos de Jeová. 8 Pois perecerá toda a casa de Acabe; e 2Rs 10.17;1Rs 21.21exterminarei da casa de Acabe 1Sm 25.22todo homem, 2Rs 14.26;Dt 32.36tanto escravo como livre em Israel. 9 1Rs 14.10-11;15.29Farei a casa de Acabe 1Rs 16.3-5,11-12como a casa de Jeroboão, filho de Nebate, e como a casa de Baasa, filho de Aías. 10 2Rs 9.35-36;1Rs 21.23Os cães comerão a Jezabel no campo de Jezreel, e não haverá quem a enterre. Então, ele abriu a porta e fugiu.
11 Saindo Jeú aos servos do seu amo, um deles lhe perguntou: 2Rs 9.17,19,22Vai tudo bem? Para que te veio a ti Jr 29.26;Os 9.7;Mc 3.21este louco? Ele lhes respondeu: Vós conheceis o homem e o que me diria. 12 Eles replicaram: É falso; dize-no-lo, te pedimos. Tornou-lhes Jeú: Assim e assim me falou, dizendo: Assim diz Jeová: Acabo de ungir-te rei sobre Israel. 13 Então, Mt 21.7-8;Mc 11.7-8se apressaram e, tomando cada um o seu vestido, os puseram debaixo dele em cima dos degraus, e 2Sm 15.10;1Rs 1.34,39tocaram a trombeta, e disseram: Jeú é rei!
Jeú mata ao rei Jeorão
14 Jeú, filho de Josafá, filho de Ninsi, conspirou contra Jeorão. (2Rs 8.28;1Rs 22.3Ora Jeorão defendia a Ramote-Gileade, ele e todo o Israel, por causa de Hazael, rei da Síria. 15 porém 2Rs 8.29o rei Jeorão tinha voltado para se curar em Jezreel das feridas que os siros lhe fizeram, quando pelejava contra Hazael, rei da Síria.). Disse Jeú: Se isso é o vosso parecer, não escape ninguém, nem saia da cidade para ir dar a nova em Jezreel. 16 Subiu Jeú a um carro e foi a Jezreel; porque Jeorão estava de cama ali. 2Rs 8.29Acazias, rei de Judá, tinha descido a visitar a Jeorão.
17 Ora, a sentinela estava na torre em Jezreel, e viu a tropa de Jeú que vinha, e disse: Eu vejo uma tropa. Disse Jeorão: Toma um cavaleiro e envia ao seu encontro, para que pergunte: Há paz? 18 Foi-lhe o cavaleiro ao encontro e disse: Assim diz o rei: Há paz? Respondeu Jeú: 2Rs 9.19,22Que tens tu com a paz? Passa para trás de mim. A sentinela deu aviso, dizendo: O mensageiro chegou a eles, porém não volta. 19 Então, Jeorão enviou segundo cavaleiro, que chegou a eles e disse: Assim diz o rei: Há paz? Respondeu Jeú: Que tens tu com a paz? Passa para trás de mim. 20 A sentinela deu aviso, dizendo: Chegou até eles e não volta; e o 2Sm 18.27guiar do carro parece como o de 1Rs 19.17Jeú, filho de Ninsi, porque guia furiosamente.
21 Disse Jeorão: Aparelha o carro. Aparelharam-lhe o carro. Saiu 2Cr 22.7Jeorão, rei de Israel, e Acazias, rei de Judá, cada um no seu carro, e saíram ao encontro de Jeú e o acharam 2Rs 9.26;1Rs 21.1-7,15-19no campo de Nabote, jezreelita. 22 Jeorão, tanto que viu a Jeú, perguntou: Há paz, Jeú? Ele respondeu: Que paz, 1Rs 16.30-33;18.19;2Cr 21.13enquanto permanecem tantas fornicações de tua mãe Jezabel e as suas feitiçarias? 23 Então, voltou Jeorão as rédeas, e fugiu, e disse: 2Rs 11.14Há traição, Acazias. 24 1Rs 22.34Jeú entesou o seu arco com toda a força e feriu a Jeorão por entre as espáduas; a flecha saiu-lhe pelo coração, e ele ficou prostrado no seu carro. 25 Então, disse Jeú ao seu capitão Bidcar: Levanta-o e 1Rs 21.1lança-o no campo da herdade de Nabote, jezreelita, pois lembra-te de como, quando eu e tu, montados, seguíamos a seu pai Acabe, pronunciou 1Rs 21.19,24-29Jeová esta Is 13.1profecia contra ele: 26 Certamente, 1Rs 21.13vi ontem o sangue de Nabote e o sangue de seus filhos, diz Jeová; e neste campo 2Rs 9.21,25te retribuirei, diz Jeová. Agora, levanta-o e lança-o neste campo, conforme a palavra de Jeová.
Morte de Acazias
27 2Cr 22.7,9Mas Acazias, rei de Judá, vendo isso, fugiu pelo caminho da casa do jardim. Jeú seguiu após ele e disse: Matai também a este no carro; e feriram-no na subida de Gur, que está junto a Js 17.11;Jz 1.27Ibleão. Ele fugiu a Megido e ali morreu. 28 2Rs 23.30Os seus servos levaram-no num carro a Jerusalém e sepultaram-no no seu sepulcro com seus pais, na Cidade de Davi.
29 2Rs 8.25No ano undécimo de Jeorão, filho de Acabe, começou Acazias a reinar sobre Judá.
Jeú mata a Jezabel
30 Quando Jeú tinha chegado a Jezreel, Jezabel soube disso; Jr 4.30;Ez 23.40ela pintou os olhos, adornou a cabeça e olhou pela janela. 31 Ao entrar Jeú pela porta, disse ela: 2Rs 9.18-22;1Rs 16.9-20Há paz, assassino do teu amo, Zinri? 32 Jeú levantou o rosto para a janela e disse: Quem está ao meu lado? Quem? Dois ou três eunucos olharam para ele. 33 Ele disse: Lançai-a daí abaixo. Lançaram-na abaixo; foram salpicados do sangue dela a parede e os cavalos; e ele a atropelou. 34 Tendo Jeú entrado, comeu e bebeu; e ele disse: Ide ver 1Rs 21.25aquela mulher maldita e sepultai-a, porque 1Rs 16.31é filha de rei. 35 Foram para a sepultar; porém não acharam dela senão a caveira, e os pés, e as palmas das mãos. 36 Pelo que voltaram e lho disseram. Ele disse: Esta é a palavra de Jeová por meio do seu servo Elias, tesbita, dizendo: 1Rs 21.23No campo de Jezreel, comerão os cães a carne de Jezabel; 37 o Jr 8.1-3cadáver de Jezabel será como esterco sobre a face da herdade, no campo de Jezreel, de maneira que não dirão: Esta é Jezabel.