Wonderbare verlossing van die verbonde leërs van Juda, Israel en Edom.
1 EN Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.
3 Maar hy het die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.
4 En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol.
5 Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van Israel afvallig geword.
6 En in dieselfde tyd het koning Joram uit Samaría uitgetrek en die hele Israel gemonster.
7 Ook het hy Jósafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.
8 En hy vra: Met watter pad sal ons optrek? Toe antwoord hy: Met die pad deur die woestyn van Edom.
9 So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle 'n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.
10 Toe sê die koning van Israel: Ag, die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!
11 En Jósafat vra: Is hier nie 'n profeet van die Here, dat ons deur hom die Here kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het.
12 Daarop sê Jósafat: By hom is die woord van die Here. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.
13 Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.
14 En Elísa sê: So waar as die Here van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.
15 Maar bring nou vir my 'n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom,
16 en hy het gesê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate.
17 Want so spreek die Here: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.
18 Ja, dit is nog te gering in die oë van die Here: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.
19 En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.
20 En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.
21 En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan.
22 Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op 'n afstand die water rooi soos bloed.
23 En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete!
24 Maar toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan.
25 Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat dit daarvan vol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Haréset die klipmure daarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet,
26 en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, het hy sewehonderd man wat die swaard uittrek, met hom saamgeneem om na die koning van Edom deur te breek; maar hulle kon nie.
27 Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het 'n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.
Eliseu salva três reis com os seus exércitos
1 Ora, Jorão, filho de Acabe, começou a reinar sobre Israel, em Samaria, no 2Rs 1.17décimo oitavo ano de Josafá, rei de Judá, e reinou doze anos. 2 Fez o mal aos olhos de Jeová; porém não tanto como seu pai nem sua mãe, pois 2Rs 10.18,26-28;Êx 23.24tirou a coluna de Baal que 1Rs 16.31-32seu pai tinha feito. 3 Todavia, 1Rs 12.28-32se apegou aos pecados de Jeroboão, filho de Nebate, 1Rs 14.9,16com que este fez pecar a Israel; não se apartou deles.
4 Ora, Mesa, rei de Moabe, era criador de ovelhas e 2Sm 8.2;Is 16.1-2pagava seu tributo ao rei de Israel com a lã de cem mil cordeiros e de cem mil carneiros. 5 2Rs 1.1Quando, porém, Acabe morreu, rebelou-se o rei de Moabe contra o rei de Israel. 6 O rei Jorão saiu, nesse tempo, de Samaria e fez revista de todo o Israel. 7 Mandou dizer a Josafá, rei de Judá: O rei de Moabe rebelou-se contra mim; irás comigo à guerra contra Moabe? Respondeu ele: Subirei; 1Rs 22.4como tu és, sou eu; o meu povo, como teu povo; os meus cavalos, como os teus cavalos. 8 Então, perguntou Jorão: Por que caminho havemos de subir? Respondeu ele: Pelo caminho do deserto de Edom. 9 2Rs 3.1Partiram o rei de Israel, o 2Rs 3.7rei de Judá e o 1Rs 22.47rei de Edom; e andaram rodeando com uma marcha de sete dias; não havia água para o exército nem para as bestas que os seguiam. 10 Disse o rei de Israel: Ai! Jeová chamou estes três reis para os entregar nas mãos de Moabe. 11 Perguntou, porém, Josafá: 1Rs 22.7Não há aqui algum profeta de Jeová, para, por meio dele, consultarmos a Jeová? Respondeu um dos servos do rei de Israel: Aqui está 2Rs 2.25Eliseu, filho de Safate, 1Rs 19.21;Jo 13.4-5,13-14que derramava água sobre as mãos de Elias. 12 Disse Josafá: A palavra de Jeová está com ele. Desceram a estar com ele o rei de Israel, o rei de Judá e o rei de Edom.
O conselho de Eliseu
13 Ez 14.3-5Eliseu disse ao rei de Israel: Que tenho eu contigo? 1Rs 18.19;22.6-11,22-25Vai ter com os profetas de teu pai e com os profetas de tua mãe. Respondeu-lhe o rei de Israel: Não; porque Jeová chamou estes três reis para os entregar nas mãos de Moabe. 14 Disse Eliseu: 2Rs 5.16;1Rs 17.1Pela vida de Jeová, em cuja presença estou, se não fosse respeitar eu a presença de Josafá, rei de Judá, sem dúvida, não te daria atenção, nem te veria. 15 Agora, porém, 1Sm 16.23;1Cr 25.1trazei-me um menestrel. Quando o menestrel tocava, veio 1Rs 18.46;Ez 1.3a mão de Jeová sobre Eliseu. 16 Ele disse: Assim diz Jeová: Enchei este vale de covas. 17 Pois assim diz Jeová: Não sentireis vento, nem vereis chuva; contudo, este vale se encherá de água; e bebereis vós, e os vossos servos, e as vossas bestas. 18 Isso é ainda pouco aos olhos de Jeová; ele também entregará os moabitas nas vossas mãos. 19 2Rs 3.25Ferireis todas as cidades fortalecidas e todas as cidades escolhidas, e cortareis todas as árvores boas, e entupireis todas as fontes de água, e danificareis com pedras todos os terrenos bons. 20 Pela manhã, Êx 29.39-40ao tempo de se oferecer a oblação, eis que vinham as águas pelo caminho de Edom, e a terra se encheu de água.
Mesa é derrotado
21 Quando todos os moabitas ouviram que os reis haviam subido para pelejarem contra eles, convocaram-se a si mesmos, a saber, todos os que estavam em idade de pegar armas e mesmo para cima, e esperaram nas fronteiras. 22 Levantando-se de madrugada, e raiando o sol sobre as águas, viram os moabitas diante de si as águas vermelhas como sangue. 23 Disseram: É sangue; sem dúvida, os reis são destruídos e, de parte a parte, se mataram; agora, ó Moabe, à presa. 24 Tendo os moabitas chegado ao arraial de Israel, levantaram-se os israelitas e feriram-nos, de modo que fugiram diante deles; e os israelitas entraram na terra, ferindo aos moabitas. 25 2Rs 3.19Arrasaram as cidades; sobre todos os bons terrenos, lançaram cada um a sua pedra, e os entulharam; entupiram todas as fontes de água e cortaram todas as boas árvores, até que só a Is 16.7;Jr 48.31,36Quir-Haresete lhe deixaram ficar as pedras. Contudo, os fundeiros a cercaram e a feriram. 26 Vendo o rei de Moabe que a peleja lhe ia sendo adversa, tomou consigo setecentos homens que puxavam de espada, para abrir caminho até o rei de Edom; porém não puderam. 27 Então, ele tomou seu filho primogênito, que havia de reinar em seu lugar, e o Am 2.1;Mq 6.7ofereceu em holocausto sobre o muro. Suscitou-se grande ira contra Israel; retiraram-se dele e voltaram para sua terra.