1 TOE het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van Juda en Jerusalem by hom versamel.
2 En die koning het opgegaan in die huis van die Here en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die Here gevind is, voor hulle ore gelees.
3 En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van die Here gesluit om die Here te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.
4 Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die Here al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
5 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.
6 En hy het die Asjéra uit die huis van die Here buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooi op die algemene begraafplaas.
7 En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die Here was, waar die vroue tente geweef het vir Asjéra.
8 En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Berséba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Josua, die owerste van die stad, was en die wat aan 'n mens se linkerhand in die stadspoort was.
9 Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van die Here in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.
10 Hy het ook Tofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie.
11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van die Here, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand.
12 Verder, die altare wat op die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die huis van die Here gemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan in die spruit Kidron gegooi.
13 En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astárte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.
14 Hy het ook die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap en hulle plek met mensbene opgevul.
15 En ook die altaar wat in Bet-el was, die hoogte wat Jeróbeam, die seun van Nebat, gebou het, wat Israel laat sondig het, ook daardie altaar en die hoogte het hy afgebreek en die hoogte verbrand; hy het dit tot stof vermaal en die heilige boomstam verbrand.
16 En toe Josía hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig, volgens die woord van die Here wat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.
17 Toe sê hy: Wat is dit vir 'n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat teen die altaar van Bet-el gedoen het.
18 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die bene van die profeet wat uit Samaría gekom het, met rus gelaat.
19 En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría was, wat die konings van Israel gebou het om die Here te terg, het Josía afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het.
20 En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag en mensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.
21 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou pasga vir die Here julle God soos geskrywe is in hierdie verbondsboek.
22 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;
23 maar in die agttiende jaar van koning Josía is hierdie pasga vir die Here in Jerusalem gehou.
24 Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die Here gekry het.
25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
26 Nogtans het die Here Hom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam het oor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie.
27 En die Here het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.
28 En die verdere geskiedenis van Josía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
29 In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood by Megíddo net toe hy hom sien.
30 En sy dienaars het hom dood vervoer van Megíddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; en die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.
Jóahas, Jójakim en Jójagin konings van Juda.
31 DRIE-EN-TWINTIG jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, die dogter van Jeremia, uit Libna.
32 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos sy vaders gedoen het.
33 Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud.
34 En Farao Nego het Éljakim, die seun van Josía, koning gemaak in die plek van sy vader Josía en sy naam verander in Jójakim, maar Jóahas saamgeneem. So het hy dan in Egipte gekom en daar gesterwe.
35 En die silwer en die goud het Jójakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.
36 Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, 'n dogter van Pedája, uit Ruma.
37 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos sy vaders gedoen het.
Josias lê a lei perante o povo e faz aliança com Jeová
1 Então, 2Cr 34.29-32o rei mandou, e se ajuntaram a ele todos os anciãos de Judá e de Jerusalém. 2 O rei subiu à Casa de Jeová, e, com ele, todos os homens de Judá e todos os habitantes de Jerusalém, e os sacerdotes, e os profetas, e todo o povo, tanto pequenos como grandes; Dt 31.10-13e leu aos ouvidos deles todas as palavras do livro da Aliança, 2Rs 22.8que fora achado na Casa de Jeová. 3 2Rs 11.14,17O rei pôs-se em pé junto à coluna e fez aliança com Jeová, Dt 13.4para andar atrás dele e guardar os seus mandamentos, os seus testemunhos e os seus estatutos, de todo o seu coração e de toda a sua alma, para confirmar as palavras desta aliança que estavam escritas neste livro; e todo o povo esteve pela aliança.
4 O rei ordenou ao sumo sacerdote Hilquias, e aos 2Rs 25.18;Jr 52.24sacerdotes da segunda ordem, e aos guardas da porta que 2Rs 21.3,7tirassem do templo de Jeová todos os vasos que tinham sido feitos para Baal, e para a Aserá, e para todo o exército do céu; 2Rs 23.15queimou-os fora de Jerusalém, nos campos de Cedrom e levou a cinza deles para Betel. 5 Aboliu também os sacerdotes idólatras, que foram constituídos pelos reis de Judá para queimarem incenso nos altos nas cidades de Judá e nos lugares em torno de Jerusalém, como também os que queimavam incenso a Baal, ao sol, à lua, aos planetas e a todo o exército do céu. 6 Tirou da Casa de Jeová a Aserá, que levou para fora de Jerusalém, à torrente de Cedrom, junto da qual a queimou e 2Rs 23.15a reduziu a pó, que 2Cr 34.4lançou sobre as sepulturas do vulgacho. 7 Derrubou as casas dos 1Rs 14.24;15.12sodomitas que estavam na Casa de Jeová, onde Êx 35.25-26;Ez 16.16as mulheres teciam cortinas para a Aserá. 8 Das cidades de Judá tirou todos os sacerdotes, e profanou os altos em que os sacerdotes haviam queimado incenso, desde Js 21.17;1Rs 15.22Geba até Berseba, e derrubou os altos das portas que estavam junto à entrada da porta de Josué, governador da cidade, e ficavam à esquerda da porta da cidade. 9 Todavia, Ez 44.10-14os sacerdotes dos altos não subiam ao altar de Jeová em Jerusalém, mas comiam pães asmos no meio de seus irmãos. 10 Is 30.33;Jr 7.31-32Profanou a Tofete, que está no vale dos Filhos de Hinom, Lv 18.21para que ninguém fizesse passar a seu filho ou a sua filha pelo fogo a 1Rs 11.7Moloque. 11 Tirou os cavalos que os reis de Judá tinham consagrado ao sol, à entrada da Casa de Jeová, perto da câmara do camareiro Natã-Meleque, a qual ficara nos recintos; e queimou a fogo os carros do sol. 12 O rei derrubou Jr 19.13;Sf 1.5os altares que estavam sobre o teto da câmara alta de Acaz, os quais os reis de Judá haviam feito, e 2Rs 21.5os altares que Manassés tinha feito nos dois átrios da Casa de Jeová, e, correndo dali, 2Rs 23.4,6lançou o pó deles na torrente de Cedrom. 13 O rei também profanou os altos que estavam defronte de Jerusalém, à direita do 1Rs 11.7monte de Corrupção, que Salomão, rei de Israel, tinha edificado para 1Rs 11.5Astarote, abominação dos sidônios, e para Nm 21.29Camos, abominação de Moabe, e para Milcom, abominação dos filhos de Amom. 14 Dt 7.5,25Fez em pedaços as colunas, e cortou os Aserins, e 2Rs 23.16encheu estes lugares de ossos de homens.
O altar em Betel é profanado e derrubado
15 1Rs 13.1O altar que estava em Betel, e 1Rs 12.28-33o alto que tinha edificado Jeroboão, filho de Nebate, que fez pecar a Israel, mesmo aquele altar e o alto, ele os derribou; 2Rs 23.6queimou o alto, e reduziu-o a pó, e queimou a Aserá. 16 Ao voltar-se Josias, viu os sepulcros que estavam ali no monte; e mandou tirar dos sepulcros os ossos e queimou-os sobre o altar, profanando-o, 1Rs 13.2conforme a palavra de Jeová, proclamada pelo homem de Deus, que proclamou essas coisas. 17 Então, perguntou: Que monumento é este que eu vejo? Responderam-lhe os homens da cidade: 1Rs 13.1,30-31É o sepulcro do homem de Deus, que veio de Judá e proclamou estas coisas que acabas de fazer ao altar de Betel. 18 Josias disse: Deixai-o estar, ninguém mova os ossos dele. Deixaram, pois, os ossos dele juntamente 1Rs 13.11,31com os ossos do profeta que tinha vindo de Samaria. 19 Também tirou Josias todas as casas dos altos que havia na 2Cr 34.6-7cidade de Samaria, edificadas pelos reis de Israel para provocarem Jeová à ira, e fez-lhes conforme tudo o que havia feito em Betel. 20 A todos os sacerdotes dos altos que estavam ali, 2Rs 10.25;11.18matou-os sobre os altares, onde queimou ossos de homens; e voltou para Jerusalém.
A celebração da Páscoa
21 O rei deu ordem a todo o povo, dizendo: 2Cr 35.1-17Celebrai a Páscoa a Jeová, vosso Deus, Nm 9.2-4;Dt 16.2-8como está escrito neste livro da Aliança. 22 2Cr 35.18-19Por certo, não se celebrou Páscoa tal desde os juízes que julgaram a Israel, nem em todos os dias dos reis de Israel, nem nos dias dos reis de Judá; 23 porém, no décimo oitavo ano do rei Josias, foi esta Páscoa celebrada a Jeová, em Jerusalém.
24 Aboliu também Josias 2Rs 21.6;Lv 19.31os que tinham espíritos familiares, os feiticeiros, Gn 31.19os terafins, 2Rs 21.11,21os ídolos e todas as abominações que foram notadas na terra de Judá e em Jerusalém, Dt 18.10-12para confirmar as palavras da lei escrita 2Rs 22.8no livro que o sacerdote Hilquias achou na Casa de Jeová. 25 2Rs 18.5Não houve antes dele rei que lhe fosse semelhante, que se convertesse a Jeová de todo o seu coração, de toda a sua alma e de toda a sua força, conforme toda a lei de Moisés; nem depois dele, lhe houve outro semelhante.
26 Todavia, Jeová não arrefeceu o ardor da grande ira, que se tinha acendido contra Judá, 2Rs 21.11-13;Jr 16.4por causa de todas as provocações com que Manassés o tinha irritado. 27 Jeová disse: Removerei também a Judá de diante de mim, 2Rs 18.11como removi a Israel, 2Rs 21.13-14e rejeitarei a cidade de Jerusalém que escolhi, e a casa da qual eu disse: O meu nome estará ali.
28 Ora, o restante dos atos de Josias e tudo o que ele fez não estão, porventura, escritos no Livro das Crônicas dos Reis de Judá? 29 2Cr 35.20-24Faraó-Neco, Jr 46.2rei do Egito, subiu nos seus dias ao rio Eufrates contra o rei da Assíria; e o rei Josias, saindo contra ele, foi morto em Jz 5.19Megido, após o encontro. 30 De Megido os 2Rs 9.28seus servos, em um carro, levaram-no morto, e, transportando-o a Jerusalém, sepultaram-no no seu sepulcro. 2Cr 36.1-4O povo da terra tomou a Jeoacaz, filho de Josias, e ungiram-no e constituíram-no rei em lugar de seu pai.
Jeoacaz reina e é levado cativo para o Egito
31 1Cr 3.15;Jr 22.11Jeoacaz tinha vinte e três anos quando começou a reinar e reinou três meses em Jerusalém. Sua mãe chamava-se 2Rs 24.13Hamutal, filha de Jeremias, de Libna. 32 Ele fez o mal à vista de Jeová, 2Rs 21.2-7conforme tudo o que haviam feito seus pais. 33 2Rs 23.29Faraó-Neco prendeu-o em 2Rs 25.6Ribla, na terra de 1Rs 8.65Hamate, para que não reinasse em Jerusalém; e obrigou a terra a pagar um tributo de cem talentos de prata e de um talento de ouro. 34 Faraó-Neco constituiu rei a 1Cr 3.15Eliaquim, filho de Josias, em lugar de Josias, seu pai, e 2Rs 24.17mudou-lhe o nome em Jeoaquim; porém levou consigo a Jeoacaz, Jr 22.11-12;Ez 19.3-4que foi ao Egito, onde morreu. 35 Jeoaquim 2Rs 23.33deu a Faraó prata e ouro, porém estabeleceu um imposto sobre a terra para pagar o dinheiro segundo a ordem de Faraó. Do povo da terra exigiu prata e ouro, de cada um segundo o que lhe foi imposto, para o dar a Faraó-Neco.
36 2Cr 36.5Jeoaquim tinha vinte e cinco anos quando começou a reinar e reinou onze anos em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Zebida, filha de Pedaías, de Ruma. 37 Ele fez o mal à vista de Jeová, 2Rs 23.32conforme tudo o que haviam feito seus pais.