罗波安离弃耶和华(王上14:25)
1 罗波安的王位稳定,他也强盛起来,就离弃了耶和华的律法,全体以色列人也都跟随他。2 罗波安王第五年,埃及王示撒上来攻打耶路撒冷,因为他们得罪了耶和华。3 示撒率领战车一千二百辆,马兵六万,和他一同从埃及出来的路比人、苏基人和古实人,多得无法数算。4 他攻取了犹大境内的设防城,然后来到耶路撒冷。5 那时,犹大的众领袖,因为示撒的缘故,就聚集在耶路撒冷;示玛雅先知就来见罗波安和众领袖,对他们说:"耶和华这样说:‘你们既然离弃了我,所以我也离弃你们,把你们交在示撒的手里。’"6 于是以色列的众领袖和君王,都谦卑下来,说:"耶和华是公义的。"
7 耶和华看见他们谦卑下来,耶和华的话就临到示玛雅,说:"他们既然谦卑下来,我就不灭绝他们;我必使他们暂时得救,我必不借着示撒把我的烈怒倾倒在耶路撒冷。8 虽然这样,他们仍必作示撒的仆人,好使他们知道,服事我和服事世上的列国有甚么分别。"
掠夺圣殿与王宫的宝物(王上14:25~28)
9 于是埃及王示撒上来攻打耶路撒冷,夺取了耶和华殿和王宫里的宝物,把它们全部带走,又夺去了所罗门所做的金盾牌。10 罗波安王做了一些铜盾牌代替那些金盾牌,交给那些看守宫门的守卫长看管。11 每逢王进耶和华殿的时候,守卫就来拿这些盾牌,事后又把盾牌送回守卫房那里。12 王既然谦卑下来,耶和华的烈怒就止息,没有把他完全消灭。何况在犹大中还有善事。
13 罗波安王在耶路撒冷渐渐强盛,继续作王。罗波安登基的时候是四十一岁;他在耶和华从以色列众支派中选出来,立下他名的耶路撒冷城中,作王十七年。罗波安的母亲名叫拿玛,是亚扪人。14 罗波安行恶,因为他没有定意寻求耶和华。
罗波安逝世(王上14:29~31)
15 罗波安的事迹,一生的始末,不是都记在示玛雅先知,和先见易多有关家谱的记录上吗?罗波安和耶罗波安二人常有争战。16 罗波安和他的列祖同睡,埋葬在大卫城里。他的儿子亚比雅"亚比雅"是"亚比央"的另一种写法;参王上14:31接续他作王。
Rehábeam se ontrou teenoor die Here word gestraf deur 'n aanval van Sisak, die koning van Egipte.
1 EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die Here verlaat, en die hele Israel saam met hom.
2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek — omdat hulle ontrou teenoor die Here gehandel het —
3 met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kusiete.
4 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom.
5 Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die Here: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
6 Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die Here is regverdig.
7 En toe die Here sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die Here tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!
9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.
11 So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
12 Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die Here van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.
13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
14 En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die Here te soek nie.
15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.