约沙法作犹大王(王上22:41~46)
1 亚撒的儿子约沙法接续他作王;约沙法发愤图强,对抗以色列人。2 他把军队安置在犹大的一切设防城里,又在犹大地和他父亲亚撒占领的以法莲各城里驻扎防军。3 耶和华和约沙法同在,因为他遵行了他祖先大卫最初所行的道路,没有寻求巴力。4 只寻求他父亲的 神,遵行 神的诫命,没有随从以色列人的行为。5 因此,耶和华使他统治的国稳固;犹大各地都给他进贡,所以约沙法的财富很多,极有尊荣。6 他勇敢地遵行耶和华的道路,并且从犹大地中除掉邱坛和亚舍拉。
以律法训勉人民
7 他作王第三年,就差派他的大臣便.亥伊勒、俄巴底、撒迦利雅、拿坦业、米该亚,到犹大各城去教训人。8 和他们同去的,还有示玛雅、尼探雅、西巴第雅、亚撒黑、示米拉末、约拿单、亚多尼雅、多比雅和驼.巴多尼雅等几位利未人;又有以利沙玛和约兰两位祭司和他们同去。9 他们带着耶和华的律法书,在犹大教训人;他们走遍犹大各城,在民间教训人。
约沙法的声威
10 犹大地周围的列国都惧怕耶和华,不敢和约沙法交战。11 有些非利士人送礼和纳贡银给约沙法;阿拉伯人也送给他公绵羊七千七百只,公山羊七千七百只。12 约沙法逐渐变得十分强大,在犹大建造了几座堡垒和贮藏货物的城市。13 他在犹大各城中储备了大批物资;在耶路撒冷也有不少战士,都是英勇的战士。14 他们的数目,按着他们的家族记在下面:犹大支派的千夫长中,有押拿军长,率领英勇的战士三十万;15 在押拿底下,是约哈难军长,率领二十八万人;16 在约哈难底下,是细基利的儿子亚玛斯雅,他是个甘愿献身给耶和华的人,率领英勇的战士二十万。17 便雅悯支派中有英勇的战士以利雅大,率领配备弓箭和盾牌的人二十万,18 在以利雅大底下是约萨拔,率领常备军十八万。19 这些人都是服事王的;还有王在犹大全地各设防城里安置的,没有计算在内。
Voorspoed en mag van Jósafat.
1 EN sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
2 En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
3 En die Here was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.
5 Daarom het die Here die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
6 En sy hart het moedig geword in die weë van die Here, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
8 en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Ásahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.
9 En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die Here by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
10 En 'n skrik vir die Here het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.
11 En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: seweduisend-sewehonderd ramme en seweduisend-sewehonderd bokke.
12 So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.
13 En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.
14 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom driehonderdduisend dapper helde;
15 en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom tweehonderd-en-tagtigduisend;
16 en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die Here, en saam met hom tweehonderdduisend dapper helde;
17 en uit Benjamin was Éljada, 'n dapper held, en saam met hom tweehonderdduisend, gewapen met boog en skild;
18 en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd-en-tagtigduisend, vir kommando gewapen.
19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.