1 A Prayer of Habakkuk the prophet upon Shigionoth.2 Jehovah, I heard the report of thee, {and} I feared. Jehovah, revive thy work in the midst of the years, In the midst of the years make {it} known: In wrath remember mercy!3 +God came from Teman, And the Holy One from mount Paran. Selah. His glory covereth the heavens, And the earth is full of his praise.4 And {his} brightness was as the light; Rays {came forth} from his hand; And there was the hiding of his power.5 Before him went the pestilence, And a burning flame went forth at his feet.6 He stood, and measured the earth; He beheld, and discomfited the nations; And the eternal mountains were scattered, The everlasting hills gave way: His ways are everlasting.7 I saw the tents of Cushan in affliction; The curtains of the land of Midian did tremble.8 Was Jehovah wrathful with the rivers? Was thine anger against the rivers? Was thy rage against the sea, That thou didst ride upon thy horses, Thy chariots of salvation?9 Thy bow was made naked, The rods {of discipline} sworn according to {thy} word. Selah. Thou didst cleave the earth with rivers.10 The mountains saw thee, they were in travail: Torrents of waters passed by; The deep uttered its voice, Lifted up its hands on high.11 The sun {and} moon stood still in their habitation, At the light of thine arrows which shot forth, -At the shining of thy glittering spear.12 Thou didst march through the land in indignation, Thou didst thresh the nations in anger.13 Thou wentest forth for the salvation of thy people, For the salvation of thine anointed; Thou didst smite off the head from the house of the wicked, Laying bare the foundation even to the neck. Selah.14 Thou didst strike through with his own spears the head of his leaders: They came out as a whirlwind to scatter me, Whose exulting was as to devour the afflicted secretly.15 Thou didst walk through the sea with thy horses, The heap of great waters.16 I heard, and my belly trembled; My lips quivered at the voice; Rottenness entered into my bones, and I trembled in my place, That I might rest in the day of distress, When their invader shall come up against the people.17 For though the fig-tree shall not blossom, Neither shall fruit be in the vines; The labour of the olive-tree shall fail, And the fields shall yield no food; The flock shall be cut off from the fold, And there shall be no herd in the stalls:18 Yet I will rejoice in Jehovah, I will joy in the God of my salvation.19 Jehovah, the Lord, is my strength, And he maketh my feet like hinds' {feet}, And he will make me to walk upon my high places. To the chief Musician. On my stringed instruments.
1 'n Gebed van H bakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.2 HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.3 God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.4 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en d r is die omhulsel van sy krag.5 Voor Hom uit loop die pes, en 'n koorsgloed trek uit agter Hom aan.6 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels -- paaie van die ou tyd vir Hom.7 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land M¡dian bewe.8 Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?9 Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.10 Die berge sien U en bewe van angs, 'n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.11 Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.12 In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.13 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.14 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.15 U betree die see met u perde, 'n hoop magtige waters.16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak.17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie --18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos die van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.