1 In the beginning God created the heavens and the earth.2 And the earth was waste and empty, and darkness was on the face of the deep, and the Spirit of God was hovering over the face of the waters.3 And God said, Let there be light. And there was light.4 And God saw the light that it was good; and God divided between the light and the darkness.5 And God called the light Day, and the darkness he called Night. And there was evening, and there was morning-the first day.6 And God said, Let there be an expanse in the midst of the waters, and let it be a division between waters and waters.7 And God made the expanse, and divided between the waters that are under the expanse and the waters that are above the expanse; and it was so.8 And God called the expanse Heavens. And there was evening, and there was morning-a second day.9 And God said, Let the waters under the heavens be gathered together to one place, and let the dry {land} appear. And it was so.10 And God called the dry {land} Earth, and the gathering together of the waters he called Seas. And God saw that it was good.11 And God said, Let the earth cause grass to spring up, herb producing seed, fruit-trees yielding fruit after their kind, the seed of which is in them, on the earth. And it was so.12 And the earth brought forth grass, herb producing seed after its kind, and trees yielding fruit, the seed of which is in them, after their kind. And God saw that it was good.13 And there was evening, and there was morning-a third day.14 And God said, Let there be lights in the expanse of the heavens, to divide between the day and the night; and let them be for signs, and for seasons, and for days and years;15 and let them be for lights in the expanse of the heavens, to give light on the earth. And it was so.16 And God made the two great lights, the great light to rule the day, and the small light to rule the night, -and the stars.17 And God set them in the expanse of the heavens, to give light on the earth,18 and to rule during the day and during the night, and to divide between the light and the darkness. And God saw that it was good.19 And there was evening, and there was morning-a fourth day.20 And God said, Let the waters swarm with swarms of living souls, and let fowl fly above the earth in the expanse of the heavens.21 And God created the great sea monsters, and every living soul that moves with which the waters swarm, after their kind, and every winged fowl after its kind. And God saw that it was good.22 And God blessed them, saying, Be fruitful and multiply, and fill the waters in the seas, and let fowl multiply on the earth.23 And there was evening, and there was morning-a fifth day.24 And God said, Let the earth bring forth living souls after their kind, cattle, and creeping thing, and beast of the earth, after their kind. And it was so.25 And God made the beast of the earth after its kind, and the cattle after their kind, and every creeping thing of the ground after its kind. And God saw that it was good.26 And God said, Let us make man in our image, after our likeness; and let them have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the heavens, and over the cattle, and over the whole earth, and over every creeping thing that creepeth on the earth.27 And God created Man in his image, in the image of God created he him; male and female created he them.28 And God blessed them; and God said to them, Be fruitful and multiply, and fill the earth, and subdue it; and have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the heavens, and over every animal that moveth on the earth.29 And God said, Behold, I have given you every herb producing seed that is on the whole earth, and every tree in which is the fruit of a tree producing seed: it shall be food for you;30 and to every animal of the earth, and to every fowl of the heavens, and to everything that creepeth on the earth, in which is a living soul, every green herb for food. And it was so.31 And God saw everything that he had made, and behold it was very good. And there was evening, and there was morning-the sixth day.
1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre , die eerste dag.6 En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.7 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.8 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.9 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.13 En dit was aand en dit was môre , die derde dag.14 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.16 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.19 En dit was aand en dit was môre , die vierde dag.20 En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.22 En God het hulle geseënen gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.23 En dit was aand en dit was môre , die vyfde dag.24 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en -- dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre , die sesde dag.