1 And it came to pass in the days of Amraphel the king of Shinar, Arioch the king of El-lasar, Chedorlaomer the king of Elam, and Tidal the king of nations,2 {that} they made war with Bera the king of Sodom, and with Birsha the king of Gomorrah, Shinab the king of Admah, and Shemeber the king of Zeboim, and the king of Bela, which is Zoar.3 All these were joined in the vale of Siddim, which is the salt sea.4 Twelve years had they served Chedorlaomer; and in the thirteenth year they rebelled.5 And in the fourteenth year came Chedorlaomer and the kings that were with him, and smote the Rephaim in Ashteroth-karnaim, and the Zuzim in Ham, and the Emim in Shaveh-Kirjathaim,6 and the Horites on their mount Seir, to El-Paran, which is by the wilderness.7 And they returned, and came to En-mishpat, which is Kadesh, and smote all the country of the Amalekites, and also the Amorites that dwelt at Hazazon-Tamar.8 And the king of Sodom and the king of Gomorrah, and the king of Admah, and the king of Zeboim, and the king of Bela, which is Zoar, went out, and they joined battle with them in the vale of Siddim,9 with Chedorlaomer the king of Elam, and Tidal the king of nations, and Amraphel the king of Shinar, and Arioch the king of Ellasar-four kings with the five.10 And the vale of Siddim was full of pits of asphalt. And the kings of Sodom and Gomorrah fled, and fell there: and they that remained fled to the mountain.11 And they took all the property of Sodom and Gomorrah, and all their victuals, and departed.12 And they took Lot and his property, Abram's brother's son, and departed. For he dwelt in Sodom.13 And one who had escaped came and told Abram the Hebrew. And he dwelt by the oaks of Mamre the Amorite, the brother of Eshcol, and the brother of Aner. And these were Abram's allies.14 And Abram heard that his brother was taken captive; and he led out his trained {servants}, born in his house, three hundred and eighteen, and pursued {them} as far as Dan.15 And he divided himself against them by night, he and his servants, and smote them, and pursued them as far as Hobah, which is to the left of Damascus.16 And he brought back all the property, and brought again his brother Lot and his property, and the women also, and the people.17 And the king of Sodom went out to meet him after he had returned from smiting Chedorlaomer, and the kings that were with him, into the valley of Shaveh, which is the king's valley.18 And Melchisedec king of Salem brought out bread and wine. And he was priest of the Most High *God.19 And he blessed him, and said, Blessed be Abram of the Most High *God, possessor of heavens and earth.20 And blessed be the Most High *God, who has delivered thine enemies into thy hand. And he gave him the tenth of all.21 And the king of Sodom said to Abram, Give me the souls, and take the property for thyself.22 And Abram said to the king of Sodom, I have lifted up my hand to Jehovah, the Most High *God, possessor of heavens and earth,23 if from a thread even to a sandal-thong, yes, if of all that is thine, I take {anything}...; that thou mayest not say, I have made Abram rich;24 save only that which the young men have eaten, and the portion of the men that went with me, Aner, Eshcol, and Mamre, let them take their portion.
1 En in die dae van Amrafel, die koning van S¡near, Ar¡og, die koning van Ell sar, Kedor-Laomer, die koning van Elam, en T¡deal, die koning van die nasies,2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, S¡neab, die koning van Adma, en Sem,ber, die koning van Seboim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laomer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.5 Toe kom Kedor-Laomer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refa‹ete in Asterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjat im6 en die Horiete op hulle gebergte Se‹r, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in H seson-Tamar woon.8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Seboim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,9 teen Kedor-Laomer, die koning van Elam, en T¡deal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van S¡near, en Ar¡og, die koning van Ell sar: vier konings teen vyf.10 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek -- want hy was in Sodom woonagtig.13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, drie honderd en agtien, en hulle tot by Dan agtervolg --15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.17 N sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laomer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.18 En Melgis,dek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring19 en hom geseënen gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat die hulle deel neem.