Publicidade

Gênesis 19

1 And the two angels came to Sodom at even. And Lot was sitting in the gate of Sodom. And Lot saw them, and rose up to meet them; and he bowed down, the face toward the ground,2 and he said, Behold now, my lords, turn in, I pray you, into your servant's house, and lodge, and wash your feet; and ye shall rise up early, and go on your way. And they said, No; but we will pass the night in the open place.3 And he urged them greatly; and they turned in unto him, and entered into his house. And he made them a repast, and baked unleavened cakes; and they ate.4 Before they lay down, the men of the city, the men of Sodom, surrounded the house, from the youngest to the oldest-all the people from every quarter.5 And they called to Lot, and said to him, Where are the men that have come in to thee to-night? bring them out to us that we may know them.6 And Lot went out to them to the entrance, and shut the door after him,7 and said, I pray you, my brethren, do not wickedly!8 Behold now, I have two daughters who have not known a man: let me now bring them out to you; and do to them as is good in your sight: only, to these men do nothing; for therefore have they come under the shadow of my roof.9 And they said, Back there! And they said {again}, This one came to sojourn, and he must be a judge? Now we will deal worse with thee than with them. And they pressed hard on the man-on Lot; and drew near to break the door.10 And the men stretched out their hand, and brought Lot into the house to them, and shut the door.11 And they smote the men that were at the entrance of the house with blindness, from the smallest to the greatest; and they wearied themselves to find the entrance.12 And the men said to Lot, Whom hast thou here besides? a son-in-law, and thy sons, and thy daughters, and all whom thou hast in the city-bring {them} out of the place.13 For we are going to destroy this place, because the cry of them is great before Jehovah, and Jehovah has sent us to destroy it.14 And Lot went out, and spoke to his sons-in-law, who had married his daughters, and said, Up, go out of this place, for Jehovah will destroy the city. But he was as if he jested, in the sight of his sons-in-law.15 And as the dawn arose, the angels urged Lot, saying, Up, take thy wife and thy two daughters who are present, lest thou perish in the iniquity of the city.16 And as he lingered, the men laid hold on his hand, and on the hand of his wife, and on the hand of his two daughters, Jehovah being merciful to him; and they led him out, and set him without the city.17 And it came to pass when they had brought them outside, that he said, Escape for thy life: look not behind thee, neither stay thou in all the plain: escape to the mountain, lest thou perish.18 And Lot said to them, Not {so}, I pray thee, Lord;19 behold now, thy servant has found favour in thine eyes, and thou hast magnified thy goodness, which thou hast shewn to me in preserving my soul alive; but I cannot escape to the mountain, lest calamity lay hold on me, that I die.20 Behold now, this city is near to flee to, and it is small: I pray thee, let me escape thither-is it not small? -and my soul shall live.21 And he said to him, Behold, I have accepted thee concerning this thing also, that I will not overthrow the city of which thou hast spoken.22 Haste, escape thither; for I cannot do anything until thou art come there. Therefore the name of the city is called Zoar.23 The sun rose upon the earth when Lot came to Zoar.24 And Jehovah rained on Sodom and Gomorrah brimstone and fire from Jehovah out of heaven,25 and overthrew those cities, and all the plain, and all the inhabitants of the cities, and what grew upon the ground.26 And his wife looked back from behind him, and she became a pillar of salt.27 And Abraham rose early in the morning {and went} to the place where he had stood before Jehovah;28 and he looked toward Sodom and Gomorrah, and toward all the land of the plain, and beheld, and lo, a smoke went up from the land as the smoke of a furnace.29 And it came to pass when God destroyed the cities of the plain, that God remembered Abraham, and sent Lot out of the midst of the overthrow, when he overthrew the cities in which Lot dwelt.30 And Lot went up from Zoar, and dwelt in the mountain, and his two daughters with him; for he feared to dwell in Zoar. And he dwelt in a cave, he and his two daughters.31 And the first-born said to the younger, Our father is old, and there is not a man in the land to come in to us after the manner of all the earth:32 come, let us give our father wine to drink, and let us lie with him, that we may preserve seed alive of our father.33 And they gave their father wine to drink that night. And the first-born went in, and lay with her father, and he did not know of her lying down, nor of her rising.34 And it came to pass on the next day that the first-born said to the younger, Lo, I lay last night with my father: let us give him wine to drink to-night also, and go thou in, lie with him, that we may preserve seed alive of our father.35 And they gave their father wine to drink that night also. And the younger arose, and lay with him; and he did not know of her lying down, nor of her rising.36 And both the daughters of Lot were with child by their father.37 And the first-born bore a son, and called his name Moab: the same is the father of the Moabites to this day.38 And the younger, she also bore a son, and called his name Ben-ammi; the same is the father of the children of Ammon to this day.

1 En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe2 en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.3 Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle 'n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.4 Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam.5 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.6 Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe7 en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.8 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek die na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.9 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.10 Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.11 Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.12 Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad -- bring hulle uit die plek uit;13 want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.14 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.15 En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.16 Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.17 En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!18 Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here!19 Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.20 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug -- is dit nie klein nie? -- dat ek kan lewe!21 En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.22 Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar.23 Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.24 En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,25 en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.26 En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword.27 En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.28 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van 'n smeltoond.29 En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.30 En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in 'n spelonk gaan woon.31 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie.32 Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou.33 Hulle gee toe die nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.34 Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou.35 Hulle gee toe die nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.36 So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,37 en die oudste het 'n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete.38 En die jongste het ook 'n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-