Publicidade

Gênesis 4

1 And Man knew Eve his wife; and she conceived, and bore Cain, and said, I have acquired a man with Jehovah.2 And she further bore his brother Abel. And Abel was a shepherd, but Cain was a husbandman.3 And in process of time it came to pass that Cain brought of the fruit of the ground an offering to Jehovah.4 And Abel, he also brought of the firstlings of his flock, and of their fat. And Jehovah looked upon Abel, and on his offering;5 and upon Cain, and on his offering, he did not look. And Cain was very angry, and his countenance fell.6 And Jehovah said to Cain, Why art thou angry, and why is thy countenance fallen?7 If thou doest well, will not {thy countenance} look up {with confidence}? and if thou doest not well, sin lieth at the door; and unto thee {shall be} his desire, and thou shalt rule over him.8 And Cain spoke to Abel his brother, and it came to pass when they were in the field, that Cain rose up against Abel his brother, and slew him.9 And Jehovah said to Cain, Where is Abel thy brother? And he said, I know not: am I my brother's keeper?10 And he said, What hast thou done? the voice of thy brother's blood is crying to me from the ground.11 And now be thou cursed from the ground, which hath opened its mouth to receive thy brother's blood from thy hand.12 When thou tillest the ground, it shall not henceforth yield thee its strength; a wanderer and fugitive shalt thou be on the earth.13 And Cain said to Jehovah, My punishment is too great to be borne.14 Behold, thou hast driven me this day from the face of the ground, and from thy face shall I be hid; and I shall be a wanderer and fugitive on the earth; and it will come to pass, {that} every one who finds me will slay me.15 And Jehovah said to him, Therefore, whoever slayeth Cain, it shall be revenged sevenfold. And Jehovah set a mark on Cain, lest any finding him should smite him.16 And Cain went out from the presence of Jehovah, and dwelt in the land of Nod, toward the east of Eden.17 And Cain knew his wife, and she conceived and bore Enoch. And he built a city; and he called the name of the city after the name of his son Enoch.18 And to Enoch was born Irad; and Irad begot Mehujael; and Mehujael begot Methushael; and Methushael begot Lemech.19 And Lemech took two wives: the name of the one was Adah, and the name of the second, Zillah.20 And Adah bore Jabal: he was the father of those who dwell in tents, and {breed} cattle.21 And his brother's name was Jubal: he was the father of those who handle the harp and pipe.22 And Zillah, she also bore Tubal-Cain, the forger of every kind of tool of brass and iron. And the sister of Tubal-Cain was Naamah.23 And Lemech said to his wives: Adah and Zillah, hear my voice, Ye wives of Lemech, listen to my speech. For I have slain a man for my wound, and a youth for my bruise.24 If Cain shall be avenged seven-fold; Lemech seventy and seven fold.25 And Adam knew his wife again, and she bore a son, and called his name Seth: ...For God has appointed me another seed instead of Abel, because Cain has slain him.26 And to Seth, to him also was born a son; and he called his name Enosh. Then people began to call on the name of Jehovah.

1 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.3 En n verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.6 En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie -- die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.9 Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.12 As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.13 Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.14 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.15 Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.16 Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehujael; en Mehujael was die vader van Metusael; en Metusael die vader van Lameg.19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Na,ma.23 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes.24 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe en sewentig maal.25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.26 En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-