1 And it came to pass when mankind began to multiply on the earth, and daughters were born to them,2 that the sons of God saw the daughters of men that they were fair, and took themselves wives of all that they chose.3 And Jehovah said, My Spirit shall not always plead with Man; for he indeed is flesh; but his days shall be a hundred and twenty years.4 In those days were the giants on the earth, and also afterwards, when the sons of God had come in to the daughters of men, and they had borne {children} to them; these were the heroes, who of old were men of renown.5 And Jehovah saw that the wickedness of Man was great on the earth, and every imagination of the thoughts of his heart only evil continually.6 And Jehovah repented that he had made Man on the earth, and it grieved him in his heart.7 And Jehovah said, I will destroy Man, whom I have created, from the earth-from man to cattle, to creeping things, and to fowl of the heavens; for I repent that I have made them.8 But Noah found favour in the eyes of Jehovah.9 This is the history of Noah. Noah was a just man, perfect amongst his generations: Noah walked with God.10 And Noah begot three sons, Shem, Ham, and Japheth.11 And the earth was corrupt before God, and the earth was full of violence.12 And God looked upon the earth, and behold, it was corrupt; for all flesh had corrupted its way on the earth.13 And God said to Noah, The end of all flesh is come before me, for the earth is full of violence through them; and behold, I will destroy them with the earth.14 Make thyself an ark of gopher wood: {with} cells shalt thou make the ark; and pitch it inside and outside with pitch.15 And thus shalt thou make it: let the length of the ark be three hundred cubits, the breadth of it fifty cubits, and the height of it thirty cubits.16 A light shalt thou make to the ark; and to a cubit high shalt thou finish it above. And the door of the ark shalt thou set in its side: {with} a lower, second, and third {story} shalt thou make it.17 For I, behold, I bring a flood of waters on the earth, to destroy all flesh under the heavens in which is the breath of life: everything that is on the earth shall expire.18 But with thee will I establish my covenant; and thou shalt go into the ark, thou, and thy sons, and thy wife, and thy sons' wives with thee.19 And of every living thing of all flesh, two of every {sort} shalt thou bring into the ark, to keep {them} alive with thee: they shall be male and female.20 Of fowl after their kind, and of the cattle after their kind, of every creeping thing of the ground after its kind, two of each shall go in to thee, to keep {them} alive.21 And take thou of all food that is eaten, and gather {it} to thee, that it may be for food for thee and for them.22 And Noah did it; according to all that God had commanded him, so did he.
1 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,2 sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.4 In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.7 En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.8 Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.11 Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.12 Toe sien God die aarde aan, en -- dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.13 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.14 Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.15 So moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.16 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak.17 Want kyk, Âk bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.18 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.20 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.22 En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.