1 And when Rachel saw that she bore Jacob no children, Rachel envied her sister, and said to Jacob, Give me children, or else I die.2 And Jacob's anger was kindled against Rachel, and he said, Am I in God's stead, who has withheld from thee the fruit of the womb?3 And she said, Behold, there is my maid, Bilhah: go in to her, in order that she may bear on my knees, and I may also be built up by her.4 And she gave him Bilhah her maidservant as wife, and Jacob went in to her.5 And Bilhah conceived, and bore Jacob a son.6 And Rachel said, God has done me justice, and has also heard my voice, and given me a son; therefore she called his name Dan.7 And Bilhah Rachel's maidservant again conceived, and bore Jacob a second son.8 And Rachel said, Wrestlings of God have I wrestled with my sister, and have prevailed; and she called his name Naphtali.9 And when Leah saw that she had ceased to bear, she took Zilpah her maidservant and gave her to Jacob as wife.10 And Zilpah Leah's maidservant bore Jacob a son.11 And Leah said, Fortunately! and she called his name Gad.12 And Zilpah Leah's maidservant bore Jacob a second son.13 And Leah said, Happy am I; for the daughters will call me blessed! and she called his name Asher.14 And Reuben went out in the days of wheat-harvest, and found mandrakes in the fields; and he brought them to his mother Leah. And Rachel said to Leah, Give me, I pray thee, of thy son's mandrakes.15 And she said to her, Is it {too} little that thou hast taken my husband, that thou wilt take my son's mandrakes also? And Rachel said, Therefore he shall lie with thee to-night for thy son's mandrakes.16 And when Jacob came from the fields in the evening, Leah went out to meet him, and said, Thou must come in to me, for indeed I have hired thee with my son's mandrakes. And he lay with her that night.17 And God hearkened to Leah, and she conceived, and bore Jacob a fifth son.18 And Leah said, God has given me my hire, because I have given my maidservant to my husband; and she called his name Issachar.19 And Leah again conceived, and bore Jacob a sixth son;20 and Leah said, God has endowed me with a good dowry; this time will my husband dwell with me, because I have borne him six sons. And she called his name Zebulun.21 And afterwards she bore a daughter, and called her name Dinah.22 And God remembered Rachel, and God listened to her, and opened her womb.23 And she conceived, and bore a son, and said, God has taken away my reproach.24 And she called his name Joseph; and said, Jehovah will add to me another son.25 And it came to pass when Rachel had borne Joseph, that Jacob said to Laban, Send me away, that I may go to my place and to my country.26 Give {me} my wives for whom I have served thee, and my children; that I may go away, for thou knowest my service which I have served thee.27 And Laban said to him, I pray thee, if I have found favour in thine eyes-I have discovered that Jehovah has blessed me for thy sake.28 And he said, Appoint to me thy wages, and I will give it.29 And he said to him, Thou knowest how I have served thee, and what thy cattle has become with me.30 For it was little that thou hadst before me, and it is increased to a multitude, and Jehovah has blessed thee from the time I came; and now, when shall I also provide for my house?31 And he said, What shall I give thee? And Jacob said, Thou shalt not give me anything. If thou doest this for me, I will again feed {and} keep thy flock:32 I will pass through all thy flock to-day, to remove thence all the speckled and spotted sheep, and all the brown lambs, and the spotted and speckled among the goats; and {that} shall be my hire.33 And my righteousness shall answer for me hereafter, when thou comest about my hire, before thy face: all that is not speckled and spotted among the goats, and brown among the lambs, let that be stolen with me.34 And Laban said, Well, let it be according to thy word.35 And he removed that day the he-goats that were ringstraked and spotted, and all the she-goats that were speckled and spotted, every one that had white in it, and all the brown among the lambs, and gave {them} into the hand of his sons.36 And he put three days' journey between himself and Jacob. And Jacob fed the rest of Laban's flock.37 And Jacob took fresh rods of white poplar, almond-tree, and maple; and peeled off white stripes in them, uncovering the white which was on the rods.38 And he set the rods which he had peeled before the flock, in the troughs at the watering-places where the flock came to drink, and they were ardent when they came to drink.39 And the flock was ardent before the rods; and the flock brought forth ringstraked, speckled, and spotted.40 And Jacob separated the lambs, and set the faces of the flock toward the ringstraked, and all the brown in the flock of Laban; and he made himself separate flocks, and did not put them with Laban's flock.41 And it came to pass whensoever the strong cattle were ardent, that Jacob laid the rods before the eyes of the flock in the gutters, that they might become ardent among the rods;42 but when the sheep were feeble, he put {them} not in; so the feeble were Laban's, and the strong Jacob's.43 And the man increased very, very much, and had much cattle, and bondwomen, and bondmen, and camels, and asses.
1 En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.2 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?3 En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.4 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.5 En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar.6 Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.7 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar.8 Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom N ftali genoem.9 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.10 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar.11 Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.12 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob 'n tweede seun gebaar.13 Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.14 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en die na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.15 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.16 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het die nag by haar geslaap.17 En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar.18 Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.19 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar.20 Toe sê Lea: God het my 'n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom S,bulon genoem.21 En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.22 En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:23 sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.24 En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!25 En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.26 Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.27 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het -- ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseënhet.28 Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.29 Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.30 Want min was dit wat u voor my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseënop my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?31 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg --32 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees.33 En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.34 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!35 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en die aan sy seuns afgegee.36 En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.37 Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier--, amandel-- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;38 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink.39 En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.40 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en die nie onder Laban se vee gesit nie.41 En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.42 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.43 En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.