1 Better is a dry morsel, and quietness therewith, than a house full of feasting {with} strife.2 A wise servant shall rule over a son that causeth shame, and shall have part in the inheritance among the brethren.3 The fining-pot is for silver, and the furnace for gold; but Jehovah trieth the hearts.4 The evil-doer giveth heed to iniquitous lips; the liar giveth ear to a mischievous tongue.5 Whoso mocketh a poor {man} reproacheth his Maker; he that is glad at calamity shall not be held innocent.6 Children's children are the crown of old men; and the glory of children are their fathers.7 Excellent speech becometh not a vile {man}; how much less do lying lips a noble!8 A gift is a precious stone in the eyes of the possessor: whithersoever it turneth it prospereth.9 He that covereth transgression seeketh love; but he that bringeth a matter up again separateth very friends.10 A reproof entereth more deeply into him that hath understanding than a hundred stripes into a fool.11 An evil {man} seeketh only rebellion; but a cruel messenger shall be sent against him.12 Let a bear robbed of her whelps meet a man rather than a fool in his folly.13 Whoso rewardeth evil for good, evil shall not depart from his house.14 The beginning of contention is {as} when one letteth out water; therefore leave off strife before it become vehement.15 He that justifieth the wicked, and he that condemneth the righteous, even they both are abomination to Jehovah.16 To what purpose is there a price in the hand of a fool to get wisdom, seeing {he} hath no sense?17 The friend loveth at all times, and a brother is born for adversity.18 A senseless man striketh hands, becoming surety for his neighbour.19 He loveth transgression that loveth a quarrel; he that maketh high his gate seeketh destruction.20 He that hath a perverse heart findeth no good; and he that shifteth about with his tongue falleth into evil.21 He that begetteth a fool {doeth it} to his sorrow, and the father of a vile {man} hath no joy.22 A joyful heart promoteth healing; but a broken spirit drieth up the bones.23 A wicked {man} taketh a gift out of the bosom, to pervert the paths of judgment.24 Wisdom is before him that hath understanding; but the eyes of a fool are in the ends of the earth.25 A foolish son is a grief to his father, and bitterness to her that bore him.26 To punish a righteous {man} is not good, nor to strike nobles because of {their} uprightness.27 He that hath knowledge spareth his words; and a man of understanding is of a cool spirit.28 Even a fool when he holdeth his peace is reckoned wise, {and} he that shutteth his lips, intelligent.
1 Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.4 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.11 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.18 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.23 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie -- om edeles te slaan is onbetaamlik.27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.