1 A soft answer turneth away fury; but a grievous word stirreth up anger.2 The tongue of the wise useth knowledge aright; but the mouth of the foolish poureth out folly.3 The eyes of Jehovah are in every place, beholding the evil and the good.4 Gentleness of tongue is a tree of life; but crookedness therein is a breaking of the spirit.5 A fool despiseth his father's instruction; but he that regardeth reproof becometh prudent.6 In the house of a righteous {man} is much treasure; but in the revenue of a wicked {man} is disturbance.7 The lips of the wise disperse knowledge, but not so the heart of the foolish.8 The sacrifice of the wicked is an abomination to Jehovah; but the prayer of the upright is his delight.9 The way of a wicked {man} is an abomination to Jehovah; but him that pursueth righteousness he loveth.10 Grievous correction is for him that forsaketh the path; he that hateth reproof shall die.11 Sheol and destruction are before Jehovah; how much more then the hearts of the children of men!12 A scorner loveth not one that reproveth him; he will not go unto the wise.13 A joyful heart maketh a cheerful countenance; but by sorrow of heart the spirit is broken.14 The heart of an intelligent {man} seeketh knowledge; but the mouth of the foolish feedeth on folly.15 All the days of the afflicted are evil; but a cheerful heart is a continual feast.16 Better is little with the fear of Jehovah than great store and disquietude therewith.17 Better is a meal of herbs where love is, than a fatted ox and hatred therewith.18 A furious man stirreth up contention; but he that is slow to anger appeaseth strife.19 The way of the sluggard is as a hedge of thorns; but the path of the upright is made plain.20 A wise son maketh a glad father; but a foolish man despiseth his mother.21 Folly is joy to him that is void of sense; but a man of understanding regulateth his walk.22 Without counsel purposes are disappointed; but in the multitude of counsellors they are established.23 A man hath joy by the answer of his mouth; and a word in its season, how good is it!24 The path of life is upwards for the wise, that he may depart from Sheol beneath.25 Jehovah plucketh up the house of the proud; but he establisheth the boundary of the widow.26 The thoughts of the evil {man} are an abomination to Jehovah; but pure words are pleasant.27 He that is greedy of gain troubleth his own house; but he that hateth gifts shall live.28 The heart of a righteous {man} studieth to answer; but the mouth of the wicked poureth out evil things.29 Jehovah is far from the wicked; but he heareth the prayer of the righteous.30 That which enlighteneth the eyes rejoiceth the heart; good tidings make the bones fat.31 The ear that heareth the reproof of life shall abide among the wise.32 He that refuseth instruction despiseth his own soul; but he that heareth reproof getteth sense.33 The fear of Jehovah is the discipline of wisdom, and before honour {goeth} humility.
1 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.3 Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.4 Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.6 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.8 Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.9 Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.10 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!12 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.16 Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.17 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.19 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.20 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.21 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.23 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.25 Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.26 Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.28 Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.30 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.33 Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.