1 He that being often reproved hardeneth his neck, shall suddenly be destroyed, and without remedy.2 When the righteous increase, the people rejoice; but when the wicked beareth rule, the people mourn.3 Whoso loveth wisdom rejoiceth his father; but he that is a companion of harlots destroyeth {his} substance.4 A king by just judgment establisheth the land; but he that taketh gifts overthroweth it.5 A man that flattereth his neighbour spreadeth a net for his steps.6 In the transgression of an evil man there is a snare; but the righteous shall sing and rejoice.7 The righteous taketh knowledge of the cause of the poor; the wicked understandeth not knowledge.8 Scornful men set the city in a flame; but the wise turn away anger.9 If a wise man contendeth with a fool, whether he rage or laugh, {he} hath no rest.10 The bloodthirsty hate the perfect, but the upright care for his soul.11 A fool uttereth all his mind; but a wise {man} keepeth it back.12 If a ruler hearken to lying words, all his servants are wicked.13 The indigent and the oppressor meet together; Jehovah lighteneth the eyes of them both.14 A king that faithfully judgeth the poor, his throne shall be established for ever.15 The rod and reproof give wisdom; but a child left {to himself} bringeth his mother to shame.16 When the wicked increase, transgression increaseth; but the righteous shall see their fall.17 Chasten thy son, and he shall give thee rest, and shall give delight unto thy soul.18 Where there is no vision the people cast off restraint; but happy is he that keepeth the law.19 A servant is not corrected by words: he understandeth indeed, but he will not answer.20 Hast thou seen a man hasty in his words? there is more hope of a fool than of him.21 He that delicately bringeth up his servant from a child, shall in the end have him as a son.22 An angry man exciteth contention; and a furious man aboundeth in transgression.23 A man's pride bringeth him low; but the humble in spirit shall obtain honour.24 Whoso shareth with a thief hateth his own soul: he heareth the adjuration, and declareth not.25 The fear of man bringeth a snare; but whoso putteth his confidence in Jehovah is protected.26 Many seek the ruler's face; but a man's right judgment is from Jehovah.27 An unjust man is an abomination to the righteous; and he that is of upright way is an abomination to the wicked {man}.
1 'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.3 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.4 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.5 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.6 In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.8 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.9 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.11 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.12 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.14 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.16 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.19 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.20 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.21 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.22 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.24 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.25 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.27 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.