Publicidade

Provérbios 1

1 Proverbs of Solomon, son of David, king of Israel:2 to know wisdom and instruction; to discern the words of understanding;3 to receive the instruction of wisdom, righteousness and judgment, and equity;4 to give prudence to the simple, to the young man knowledge and discretion.5 He that is wise will hear, and will increase learning; and the intelligent will gain wise counsels:6 to understand a proverb and an allegory, the words of the wise and their enigmas.7 The fear of Jehovah is the beginning of knowledge: fools despise wisdom and instruction.8 Hear, my son, the instruction of thy father, and forsake not the teaching of thy mother;9 for they shall be a garland of grace unto thy head, and chains about thy neck.10 My son, if sinners entice thee, consent not.11 If they say, Come with us, let us lay wait for blood, let us lurk secretly for the innocent without cause;12 let us swallow them up alive as Sheol, and whole, as those that go down into the pit;13 we shall find all precious substance, we shall fill our houses with spoil:14 cast in thy lot among us; we will all have one purse:15 -my son, walk not in the way with them, keep back thy foot from their path;16 for their feet run to evil, and they make haste to shed blood.17 For in vain the net is spread in the sight of anything which hath wings.18 And these lay wait for their own blood; they lurk secretly for their own lives.19 So are the paths of every one that is greedy of gain: it taketh away the life of its possessors.20 Wisdom crieth without; she raiseth her voice in the broadways;21 she calleth in the chief {place} of concourse, in the entry of the gates; in the city she uttereth her words:22 How long, simple ones, will ye love simpleness, and scorners take pleasure in their scorning, and the foolish hate knowledge?23 Turn you at my reproof: behold, I will pour forth my spirit unto you, I will make known to you my words.24 Because I have called, and ye refused; I have stretched out my hand, and no one regarded;25 and ye have rejected all my counsel, and would none of my reproof:26 I also will laugh in your calamity, I will mock when your fear cometh;27 when your fear cometh as sudden destruction, and your calamity cometh as a whirlwind; when distress and anguish come upon you:28 -then will they call upon me, but I will not answer; they will seek me early, and shall not find me.29 Because they hated knowledge, and did not choose the fear of Jehovah;30 they would none of my counsel, they despised all my reproof:31 therefore shall they eat of the fruit of their way, and be filled with their own devices.32 For the turning away of the simple shall slay them, and the prosperity of the foolish shall cause them to perish.33 But whoso hearkeneth unto me shall dwell safely, and shall be at rest from fear of evil.

1 Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;4 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,6 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;11 as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,12 laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;13 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;14 jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê --15 my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;16 want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;17 want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:18 so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.19 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.20 Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,21 op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:22 Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?23 Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.24 Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,25 en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,26 daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;27 as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.28 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.29 Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,30 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.32 Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;33 maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-