1 My son, attend unto my wisdom, incline thine ear to my understanding;2 that thou mayest keep reflection, and that thy lips may preserve knowledge.3 For the lips of the strange woman drop honey, and her mouth is smoother than oil;4 but her end is bitter as wormwood, sharp as a two-edged sword.5 Her feet go down to death; her steps take hold on Sheol.6 Lest she should ponder the path of life, her ways wander, she knoweth not {whither}.7 And now, children, hearken unto me, and depart not from the words of my mouth.8 Remove thy way far from her, and come not nigh the door of her house:9 lest thou give thine honour unto others, and thy years unto the cruel;10 lest strangers be filled with thy wealth, and the fruits of thy toil {come} into the house of a stranger;11 and thou mourn in thine end, when thy flesh and thy body are consumed;12 and thou say, How have I hated instruction, and my heart despised reproof!13 and I have not hearkened unto the voice of my teachers, nor inclined mine ear to those that instructed me;14 I was well nigh in all evil in the midst of the congregation and assembly.15 Drink waters out of thine own cistern, and running waters out of thine own well.16 Thy fountains shall be poured forth, as water-brooks in the broadways.17 Let them be only thine own, and not strangers' with thee.18 Let thy fountain be blessed; and have joy of the wife of thy youth.19 As a lovely hind and a graceful roe, let her breasts satisfy thee at all times: be thou ravished continually with her love.20 And why shouldest thou, my son, be ravished with a strange woman, and embrace the bosom of a stranger?21 For the ways of man are before the eyes of Jehovah, and he pondereth all his paths.22 His own iniquities shall take the wicked, and he shall be holden with the cords of his sin.23 He shall die for want of discipline; and in the greatness of his folly he shall go astray.
1 My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;3 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,4 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.5 Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,12 en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug --19 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.20 Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?21 Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.22 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.