1 I testify before God and Christ Jesus, who is about to judge living and dead, and by his appearing and his kingdom,2 proclaim the word; be urgent in season {and} out of season, convict, rebuke, encourage, with all longsuffering and doctrine.3 For the time shall be when they will not bear sound teaching; but according to their own lusts will heap up to themselves teachers, having an itching ear;4 and they will turn away their ear from the truth, and will have turned aside to fables.5 But *thou*, be sober in all things, bear evils, do {the} work of an evangelist, fill up the full measure of thy ministry.6 For *I* am already being poured out, and the time of my release is come.7 I have combated the good combat, I have finished the race, I have kept the faith.8 Henceforth the crown of righteousness is laid up for me, which the Lord, the righteous Judge, will render to me in that day; but not only to me, but also to all who love his appearing.9 Use diligence to come to me quickly;10 for Demas has forsaken me, having loved the present age, and is gone to Thessalonica; Crescens to Galatia, Titus to Dalmatia.11 Luke alone is with me. Take Mark, and bring {him} with thyself, for he is serviceable to me for ministry.12 But Tychicus I have sent to Ephesus.13 The cloak which I left behind {me} in Troas at Carpus's, bring when thou comest, and the books, especially the parchments.14 Alexander the smith did many evil things against me. The Lord will render to him according to his works.15 Against whom be *thou* also on thy guard, for he has greatly withstood our words.16 At my first defence no man stood with me, but all deserted me. May it not be imputed to them.17 But the Lord stood with {me}, and gave me power, that through me the proclamation might be fully made, and all {those of} the nations should hear; and I was delivered out of the lion's mouth.18 The Lord shall deliver me from every wicked work, and shall preserve {me} for his heavenly kingdom; to whom {be} glory for the ages of ages. Amen.19 Salute Prisca and Aquila, and the house of Onesiphorus.20 Erastus remained in Corinth, but Trophimus I left behind in Miletus sick.21 Use diligence to come before winter. Eubulus salutes thee, and Pudens, and Linus, and Claudia, and the brethren all.22 The Lord Jesus Christ {be} with your spirit. Grace {be} with you.
1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;3 want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.6 Want ek word alreeds as 'n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.9 Beywer jou om gou na my te kom.10 Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessalon¡ka vertrek, Crescens na Gal sië, Titus na Dalm sië.11 Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.12 T¡chikus het ek na Âfese gestuur.13 As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!15 Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.16 In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!17 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.19 Groet Prisca en Aquila en die huis van Ones¡forus.20 Er stus het in Korinthe gebly. Trofimus het ek siek in Mil,te agtergelaat.21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubulus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.