1 Thus did the Lord Jehovah shew unto me; and behold, he formed locusts in the beginning of the shooting up of the latter growth, and behold, it was the latter growth after the king's mowings.2 And it came to pass, when they had wholly eaten the grass of the land, that I said, O Lord Jehovah, forgive, I beseech thee! How shall Jacob arise? for he is small.3 Jehovah repented for this: It shall not be, said Jehovah.4 Thus did the Lord Jehovah shew unto me; and behold, the Lord Jehovah called to contend by fire; and it devoured the great deep, and ate up the inheritance.5 Then said I, O Lord Jehovah, cease, I beseech thee! How shall Jacob arise? for he is small.6 Jehovah repented for this: This also shall not be, said the Lord Jehovah.7 Thus did he shew unto me; and behold, the Lord stood upon a wall {made} by a plumb-line, with a plumb-line in his hand.8 And Jehovah said unto me, Amos, what seest thou? And I said, A plumb-line. And the Lord said, Behold, I will set a plumb-line in the midst of my people Israel: I will not again pass by them any more.9 And the high places of Isaac shall be desolated, and the sanctuaries of Israel shall be laid waste; and I will arise against the house of Jeroboam with the sword.10 Then Amaziah the priest of Bethel sent to Jeroboam king of Israel, saying, Amos hath conspired against thee in the midst of the house of Israel: the land is not able to bear all his words.11 For thus Amos saith: Jeroboam shall die by the sword, and Israel shall certainly go into captivity out of his land.12 And Amaziah said unto Amos, {Thou} seer, go, flee away into the land of Judah, and eat bread there, and prophesy there.13 But prophesy not again any more at Bethel; for it is the king's sanctuary, and it is the house of the kingdom.14 And Amos answered and said to Amaziah, I was no prophet, neither was I a prophet's son; but I was a herdman, and a gatherer of sycamore fruit.15 And Jehovah took me as I followed the flock, and Jehovah said unto me, Go, prophesy unto my people Israel.16 And now hear thou the word of Jehovah: Thou sayest, Prophesy not against Israel, and utter not {words} against the house of Isaac.17 Therefore thus saith Jehovah: Thy wife shall be a harlot in the city, and thy sons and thy daughters shall fall by the sword, and thy land shall be divided with the line; and thou shalt die in a land that is unclean; and Israel shall certainly go into captivity, out of his land.
1 Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.2 En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.3 Toe het die HERE berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die HERE gesê.4 Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.5 Toe sê ek: Here HERE, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.6 Die HERE het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here HERE gesê.7 Dit het Hy my laat sien -- kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.8 Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.9 En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teen die huis van Jerobeam sal Ek met die swaard optree.10 Toe het Am sia, die priester van Bet-el, Jerobeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.11 Want so het Amos gesê: Jerobeam sal deur die swaard sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan.12 Toe sê Am sia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar!13 Maar in Bet-el mag jy verder nie meer profeteer nie, want dit is 'n koninklike heiligdom en 'n tempel van die ryk.14 Toe het Amos geantwoord en aan Am sia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.15 Maar die HERE het my agter die kleinvee weggeneem, en die HERE het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.16 Hoor dan nou die woord van die HERE! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.17 Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.