1 In {the} beginning was the Word, and the Word was with God, and the Word was God.2 *He* was in the beginning with God.3 All things received being through him, and without him not one {thing} received being which has received being.4 In him was life, and the life was the light of men.5 And the light appears in darkness, and the darkness apprehended it not.6 There was a man sent from God, his name John.7 He came for witness, that he might witness concerning the light, that all might believe through him.8 *He* was not the light, but that he might witness concerning the light.9 The true light was that which, coming into the world, lightens every man.10 He was in the world, and the world had {its} being through him, and the world knew him not.11 He came to his own, and his own received him not;12 but as many as received him, to them gave he {the} right to be children of God, to those that believe on his name;13 who have been born, not of blood, nor of flesh's will, nor of man's will, but of God.14 And the Word became flesh, and dwelt among us (and we have contemplated his glory, a glory as of an only-begotten with a father), full of grace and truth;15 (John bears witness of him, and he has cried, saying, This was he of whom I said, He that comes after me is preferred before me, for he was before me;)16 for of his fulness we all have received, and grace upon grace.17 For the law was given by Moses: grace and truth subsists through Jesus Christ.18 No one has seen God at any time; the only-begotten Son, who is in the bosom of the Father, *he* hath declared {him}.19 And this is the witness of John, when the Jews sent from Jerusalem priests and Levites that they might ask him, Thou, who art thou?20 And he acknowledged and denied not, and acknowledged, I am not the Christ.21 And they asked him, What then? Art thou Elias? And he says, I am not. Art thou the prophet? And he answered, No.22 They said therefore to him, Who art thou? that we may give an answer to those who sent us. What sayest thou of thyself?23 He said, I {am} {the} voice of one crying in the wilderness, Make straight the path of {the} Lord, as said Esaias the prophet.24 And they were sent from among the Pharisees.25 And they asked him and said to him, Why baptisest thou then, if thou art not the Christ, nor Elias, nor the prophet?26 John answered them saying, I baptise with water. In the midst of you stands, whom ye do not know,27 he who comes after me, the thong of whose sandal I am not worthy to unloose.28 These things took place in Bethany, across the Jordan, where John was baptising.29 On the morrow he sees Jesus coming to him, and says, Behold the Lamb of God, who takes away the sin of the world.30 He it is of whom I said, A man comes after me who takes a place before me, because he *was* before me;31 and I knew him not; but that he might be manifested to Israel, therefore have I come baptising with water.32 And John bore witness, saying, I beheld the Spirit descending as a dove from heaven, and it abode upon him.33 And I knew him not; but he who sent me to baptise with water, *he* said to me, Upon whom thou shalt see the Spirit descending and abiding on him, he it is who baptises with {the} Holy Spirit.34 And I have seen and borne witness that this is the Son of God.35 Again, on the morrow, there stood John and two of his disciples.36 And, looking at Jesus as he walked, he says, Behold the Lamb of God.37 And the two disciples heard him speaking, and followed Jesus.38 But Jesus having turned, and seeing them following, says to them, What seek ye? And *they* said to him, Rabbi (which, being interpreted, signifies Teacher), where abidest thou?39 He says to them, Come and see. They went therefore, and saw where he abode; and they abode with him that day. It was about the tenth hour.40 Andrew, the brother of Simon Peter, was one of the two who heard {this} from John and followed him.41 He first finds his own brother Simon, and says to him, We have found the Messias (which being interpreted is Christ).42 And he led him to Jesus. Jesus looking at him said, Thou art Simon, the son of Jonas; thou shalt be called Cephas (which interpreted is stone).43 On the morrow he would go forth into Galilee, and Jesus finds Philip, and says to him, Follow me.44 And Philip was from Bethsaida, of the city of Andrew and Peter.45 Philip finds Nathanael, and says to him, We have found him of whom Moses wrote in the law, and the prophets, Jesus, the son of Joseph, who is from Nazareth.46 And Nathanael said to him, Can anything good come out of Nazareth? Philip says to him, Come and see.47 Jesus saw Nathanael coming to him, and says of him, Behold {one} truly an Israelite, in whom there is no guile.48 Nathanael says to him, Whence knowest thou me? Jesus answered and said to him, Before that Philip called thee, when thou wast under the fig-tree, I saw thee.49 Nathanael answered and said to him, Rabbi, thou art the Son of God, thou art the King of Israel.50 Jesus answered and said to him, Because I said to thee, I saw thee under the fig-tree, believest thou? Thou shalt see greater things than these.51 And he says to him, Verily, verily, I say to you, Henceforth ye shall see the heaven opened, and the angels of God ascending and descending on the Son of man.
1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.2 Hy was in die begin by God.3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.6 Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid.15 Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat n my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u El¡a? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.22 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? -- dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.24 En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.25 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of El¡a of die profeet is nie?26 Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie --27 dit is Hy wat n my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.28 Dit het gebeur in Bet bara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: D r is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!30 Dit is Hy van wie ek gesê het: N my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.32 En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;36 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: D r is die Lam van God!37 En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:39 Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi -- dit wil sê, as dit vertaal word, Meester -- waar is U tuis?40 Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en die dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.41 Andr,as, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.42 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mess¡as gevind -- dit is, as dit vertaal word, die Christus.43 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word C,fas, wat vertaal word Petrus.44 Die volgende dag wou Jesus na Galil,a vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.45 En Filippus was van Bets ida, uit die stad van Andr,as en Petrus.46 Filippus het Nat nael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van N saret.47 En Nat nael sê vir hom: Kan daar uit N saret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.48 Daarop sien Jesus Nat nael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.49 Nat nael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.50 Nat nael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!51 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. [ (John 1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. ]