1 Bel is bowed down, Nebo bendeth; their idols are upon the beasts, and upon the cattle: the things ye carried are laid on, a burden to the weary {beast}.2 They bend, they are bowed down together; they could not deliver the burden, and themselves are gone into captivity.3 Hearken unto me, house of Jacob, and all the remnant of the house of Israel, ye who have been borne from the belly, who have been carried from the womb:4 Even to old age, I {am} HE, and unto hoary hairs I will carry {you}: It is I that have made, and I will bear, and I will carry, and will deliver.5 To whom will ye liken me and make me equal, or compare me, that we may be like?6 -They lavish gold out of the bag, and weigh silver in the balance; they hire a goldsmith, and he maketh it a *god: they fall down, yea, they worship.7 They bear him on the shoulder, they carry him, and set him in his place; there he standeth, he doth not remove from his place: yea, one crieth unto him, and he answereth not; he saveth him not out of his trouble.8 Remember this, and shew yourselves men; call it to mind, ye transgressors.9 Remember the former things of old; for I {am} *God, and there is none else; {I am} God, and there is none like me;10 declaring the end from the beginning, and from ancient times the things that are not yet done, saying, My counsel shall stand, and I will do all my pleasure;11 calling a bird of prey from the east, the man of my counsel from a far country. Yea, I have spoken, I will also bring it to pass; I have purposed it, I will also do it.12 Hearken unto me, ye stout-hearted, that are far from righteousness:13 I bring near my righteousness; it shall not be far off, and my salvation shall not delay; and I will give salvation in Zion, {and} unto Israel my glory.
1 Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;4 en tot die ouderdom toe is Âk dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Âk het dit gedoen, en Âk sal julle opneem, en Âk sal dra en red.5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur 'n goudsmid, en hy maak daar 'n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.7 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.8 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;11 wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.