1 For Zion's sake will I not hold my peace, and for Jerusalem's sake I will not be still, until her righteousness go forth as brightness, and her salvation as a torch that burneth.2 And the nations shall see thy righteousness, and all kings thy glory; and thou shalt be called by a new name, which the mouth of Jehovah will name.3 And thou shalt be a crown of beauty in the hand of Jehovah, and a royal diadem in the hand of thy God.4 Thou shalt no more be termed, Forsaken; neither shall thy land any more be termed, Desolate: but thou shalt be called, My delight is in her, and thy land, Married; for Jehovah delighteth in thee, and thy land shall be married.5 For {as} a young man marrieth a virgin, shall thy sons marry thee; and with the joy of the bridegroom over the bride, shall thy God rejoice over thee.6 I have set watchmen upon thy walls, Jerusalem; all the day and all the night they shall never hold their peace: ye that put Jehovah in remembrance, keep not silence,7 and give him no rest, till he establish, and till he make Jerusalem a praise in the earth.8 Jehovah hath sworn by his right hand and by the arm of his strength, I will indeed no more give thy corn {to be} food for thine enemies; and the sons of the alien shall not drink thy new wine, for which thou hast laboured;9 for they that have garnered it shall eat it, and praise Jehovah; and they that have gathered it shall drink it in the courts of my holiness.10 Go through, go through the gates; prepare the way of the people; cast up, cast up the highway; gather out the stones; lift up a banner for the peoples.11 Behold, Jehovah hath proclaimed unto the end of the earth, Say ye to the daughter of Zion, Behold, thy salvation cometh; behold, his reward is with him, and his recompence before him.12 And they shall call them, The holy people, The redeemed of Jehovah; and thou shalt be called, The sought out, The city not forsaken.
1 Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand.2 En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.3 En jy sal 'n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en 'n koninklike tulband in die hand van jou God.4 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees.5 Want soos 'n jonkman 'n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.6 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes -- moenie rus nie7 en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde!8 Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.9 Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die HERE prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe.10 Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke!11 Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.12 En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.