1 Comfort ye, comfort ye my people, saith your God.2 Speak to the heart of Jerusalem, and cry unto her, that her time of suffering is accomplished, that her iniquity is pardoned; for she hath received of Jehovah's hand double for all her sins.3 The voice of one crying in the wilderness: Prepare ye the way of Jehovah, make straight in the desert a highway for our God!4 Every valley shall be raised up, and every mountain and hill shall be brought low; and the crooked shall be made straight, and the rough places a plain.5 And the glory of Jehovah shall be revealed, and all flesh shall see {it} together: for the mouth of Jehovah hath spoken.6 A voice saith, Cry. And he saith, What shall I cry? -All flesh is grass, and all the comeliness thereof as the flower of the field.7 The grass withereth, the flower fadeth, for the breath of Jehovah bloweth upon it: surely the people is grass.8 The grass withereth, the flower fadeth; but the word of our God abideth for ever.9 O Zion, that bringest glad tidings, get thee up into a high mountain; O Jerusalem, that bringest glad tidings, lift up thy voice with strength: lift it up, be not afraid; say unto the cities of Judah, Behold your God!10 Behold, the Lord Jehovah will come with might, and his arm shall rule for him; behold, his reward is with him, and his recompence before him.11 He will feed his flock like a shepherd: he will gather the lambs with his arm, and carry them in his bosom; he will gently lead those that give suck.12 Who hath measured the waters in the hollow of his hand, and meted out the heavens with {his} span, and grasped the dust of the earth in a measure, and weighed the mountains in a balance, and the hills in scales?13 Who hath directed the Spirit of Jehovah, and, {as} his counsellor, hath taught him?14 With whom took he counsel, and {who} gave him intelligence, and instructed him in the path of judgment, and taught him knowledge, and shewed him the way of understanding?15 Behold, the nations are esteemed as a drop of the bucket, and as the fine dust on the scales; behold, he taketh up the isles as an atom.16 And Lebanon is not sufficient to burn, nor the beasts thereof sufficient for a burnt-offering.17 All the nations are as nothing before him; they are esteemed by him less than a cipher, and vanity.18 To whom then will ye liken *God? and what likeness will ye compare unto him?19 The workman casteth a graven image, and the goldsmith spreadeth it over with gold, and casteth silver chains {for it}.20 He that is impoverished, so that he hath no offering, chooseth a tree that doth not rot; he seeketh unto him a skilled workman to prepare a graven image that shall not be moved.21 -Do ye not know? Have ye not heard? Hath it not been told you from the beginning? Have ye not understood the foundation of the earth?22 {It is} he that sitteth upon the circle of the earth, and the inhabitants thereof are as grasshoppers; that stretcheth out the heavens as a gauze curtain, and spreadeth them out as a tent to dwell in;23 that bringeth the princes to nothing, that maketh the judges of the earth as vanity.24 Scarcely are they planted, scarcely are they sown, scarcely hath their stock taken root in the earth, but he also bloweth upon them and they wither, and the whirlwind taketh them away as stubble.25 To whom then will ye liken me, or shall I be equal? saith the Holy One.26 Lift up your eyes on high, and see! Who hath created these things, bringing out their host by number? He calleth them all by name; through the greatness of his might and strength of power, not one faileth.27 Why sayest thou, Jacob, and speakest, O Israel, My way is hid from Jehovah, and my right is passed away from my God?28 Dost thou not know, hast thou not heard, that the everlasting God, Jehovah, the Creator of the ends of the earth, fainteth not nor tireth? There is no searching of his understanding.29 He giveth power to the faint; and to him that hath no might he increaseth strength.30 Even the youths shall faint and shall tire, and the young men shall stumble and fall;31 but they that wait upon Jehovah shall renew {their} strength: they shall mount up with wings as eagles; they shall run, and not tire; they shall walk, and not faint.
1 Troos, troos my volk, sê julle God.2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.3 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.5 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.6 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!8 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.9 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!10 Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.11 Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.12 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?13 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?14 Met wie het Hy raad gehou, dat die Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?15 Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!16 En die L¡banon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.17 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.18 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?19 Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.20 Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.21 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?22 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.23 Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;24 skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.25 By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.26 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.27 Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.