1 For behold, the Lord, Jehovah of hosts, will take away from Jerusalem and from Judah stay and staff, the whole stay of bread, and the whole stay of water,2 the mighty man and the man of war, the judge and the prophet, and the diviner and the elder,3 the captain of fifty, and the honourable man, and the counsellor, and the clever among artificers, and the one versed in enchantments.4 And I will appoint youths as their princes, and children shall rule over them.5 And the people shall be oppressed one by the other, and each by his neighbour; the child will be insolent against the elder, and the base against the honourable.6 When a man shall take hold of his brother, in his father's house, {and shall say:} Thou hast clothing; be our chief, and let this ruin be under thy hand;7 he will lift up {his hand} in that day, saying, I cannot be a healer, and in my house there is neither bread nor clothing; ye shall not make me a chief of the people.8 For Jerusalem stumbleth and Judah falleth, because their tongue and their doings are against Jehovah, to provoke the eyes of his glory.9 The look of their face doth witness against them, and they declare their sin as Sodom: they hide it not. Woe unto their soul! for they have brought evil upon themselves.10 Say ye of the righteous that it shall be well {with him}, for they shall eat the fruit of their doings.11 Woe unto the wicked! it shall be ill {with him}, because the desert of his hands shall be rendered unto him.12 {As for} my people, children are their oppressors, and women rule over them. My people! they that guide thee mislead {thee}, and destroy the way of thy paths.13 Jehovah setteth himself to plead, and standeth to judge the peoples.14 Jehovah will enter into judgment with the elders of his people and their princes, {saying:} It is ye that have eaten up the vineyard: the spoil of the poor is in your houses.15 What mean ye that ye crush my people, and grind the faces of the afflicted? saith the Lord, Jehovah of hosts.16 And Jehovah said, Because the daughters of Zion are haughty, and walk with stretched-out neck and wanton eyes, and go along mincing, and making a tinkling with their feet;17 therefore the Lord will make bald the crown of the head of the daughters of Zion, and Jehovah will lay bare their secret parts.18 In that day the Lord will take away the ornament of anklets, and the little suns and crescents,19 the pearl-drops, and the bracelets, and the veils,20 the head-dresses, and the stepping chains, and the girdles, and the scent-boxes, and the amulets;21 the finger-rings, and the nose-rings;22 the festival-robes, and the tunics, and the mantles, and the wallets;23 the mirrors, and the fine linen bodices, and the turbans, and the flowing veils.24 And it shall come to pass, instead of perfume there shall be rottenness; and instead of a girdle, a rope; and instead of well-set hair, baldness; and instead of a robe of display, a girding of sackcloth; brand instead of beauty.25 Thy men shall fall by the sword, and thy mighty in the fight;26 and her gates shall lament and mourn; and, stripped, she shall sit upon the ground.
1 Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,2 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;3 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.4 En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.5 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.6 As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees --7 dan sal hy in die dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.13 Die HERE staan daar om 'n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.14 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, julle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.15 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.16 Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,17 daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.18 In die dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;19 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;20 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;21 die vingerringe en die neusringe;22 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;23 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.24 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.25 Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.26 En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.