1 And Jehovah said to me, Take thee a great tablet, and write thereon with a man's style, concerning Maher-shalal-hash-baz.2 And I took unto me to witness, sure witnesses, Urijah the priest, and Zechariah the son of Jeberechiah.3 And I came near to the prophetess, and she conceived and bore a son; and Jehovah said unto me, Call his name, Maher-shalal-hash-baz.4 For before the lad knoweth to cry, My father! and, My mother! the riches of Damascus and the spoil of Samaria shall be taken away before the king of Assyria.5 And Jehovah spoke again to me, saying,6 Forasmuch as this people refuseth the waters of Shiloah which flow softly, and rejoiceth in Rezin and in the son of Remaliah,7 therefore behold, the Lord will bring up upon them the waters of the river, strong and many, the king of Assyria and all his glory; and he shall mount up over all his channels, and go over all his banks:8 and he shall pass through Judah; he shall overflow it and go further, he shall reach even to the neck; and the stretching out of his wings shall fill the breadth of thy land, O Immanuel!9 Rage, ye peoples, and be broken in pieces! And give ear, all ye distant parts of the earth: Gird yourselves, and be broken in pieces; gird yourselves, and be broken in pieces!10 Settle a plan, and it shall come to nought; speak a word, and it shall not stand: for *God is with us.11 For Jehovah spoke thus to me with a strong hand, and he instructed me not to walk in the way of this people, saying,12 Ye shall not say, Conspiracy, of everything of which this people saith, Conspiracy; and fear ye not their fear, and be not in dread.13 Jehovah of hosts, him shall ye sanctify; and let him be your fear, and let him be your dread.14 And he will be for a sanctuary; and for a stone of stumbling, and for a rock of offence to both the houses of Israel, for a gin and for a snare to the inhabitants of Jerusalem.15 And many among them shall stumble, and fall, and be broken, and snared, and taken.16 Bind up the testimony, seal the law among my disciples.17 And I will wait for Jehovah, who hideth his face from the house of Jacob; and I will look for him.18 Behold, I and the children that Jehovah hath given me are for signs and for wonders in Israel, from Jehovah of hosts, who dwelleth in mount Zion.19 And when they shall say unto you, Seek unto the necromancers and unto the soothsayers, who chirp and who mutter, {say,} Shall not a people seek unto their God? {Will they go} for the living unto the dead?20 To the law and the testimony! If they speak not according to this word, for them there is no daybreak.21 And they shall pass through it, hard pressed and hungry; and it shall come to pass when they are hungry, they will fret themselves, and curse their king and their God, and will gaze upward:22 and they will look to the earth; and behold, trouble and darkness, gloom of anguish; and they shall be driven into thick darkness.
1 Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;2 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Ur¡a, die priester, en Sagar¡a, die seun van Jeber,gja.3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.4 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samar¡a voor die koning van Assur bring.5 Verder het die HERE nog met my gespreek en gesê:6 Omdat hierdie volk die waters van Siloa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Rem lia --7 kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat -- die koning van Assur en al sy heerlikheid -- en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;8 en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Imm nuel!9 Maak geraas, o volke, en -- stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en -- stort inmekaar; gord julle en -- stort inmekaar.10 Neem 'n besluit, en dit sal verydel word; maak 'n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!11 Want so het die HERE met my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:12 Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.13 Die HERE van die leërskare -- Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.15 En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.16 Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.17 En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het -- tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel -- moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.21 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,22 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe. [ (Isaiah 8:23) Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land S,bulon en die land N ftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene. ]