1 Who is this that cometh from Edom, with deep-red garments from Bozrah, this that is glorious in his apparel, travelling in the greatness of his strength? -I that speak in righteousness, mighty to save.2 -Wherefore is redness in thine apparel, and thy garments like him that treadeth in the winevat?3 I have trodden the winepress alone, and of the peoples not a man was with me; and I have trodden them in mine anger, and trampled them in my fury; and their blood is sprinkled upon my garments, and I have stained all mine apparel.4 For the day of vengeance was in my heart, and the year of my redeemed had come.5 And I looked, and there was none to help; and I wondered that there was none to uphold: and mine own arm brought salvation unto me; and my fury, it upheld me.6 And I have trodden down the peoples in mine anger, and made them drunk in my fury; and their blood have I brought down to the earth.7 I will record the loving-kindnesses of Jehovah, the praises of Jehovah, according to all that Jehovah hath bestowed upon us, and the great goodness toward the house of Israel which he hath bestowed upon them according to his mercies, and according to the multitude of his loving-kindnesses.8 And he said, They are indeed my people, children that will not lie; and he became their Saviour.9 In all their affliction he was afflicted, and the Angel of his presence saved them: in his love and in his pity he redeemed them; and he bore them and carried them all the days of old.10 But they rebelled and grieved his holy Spirit: and he turned to be their enemy; himself, he fought against them.11 But he remembered the days of old, Moses {and} his people: Where is he that brought them up out of the sea with the shepherds of his flock? Where is he that put his holy Spirit within him,12 his glorious arm leading them by the right hand of Moses, dividing the waters before them, to make himself an everlasting name,13 -who led them through the depths, like a horse in the wilderness, {and} they stumbled not?14 As cattle go down into the valley, the Spirit of Jehovah gave them rest; so didst thou lead thy people, to make thyself a glorious name.15 Look down from the heavens, and behold from the habitation of thy holiness and of thy glory! Where is thy zeal and thy strength, the sounding of thy bowels and of thy tender mercies? Are they restrained toward me?16 For thou art our Father, though Abraham be ignorant of us, and Israel acknowledge us not: thou, Jehovah, art our Father; our Redeemer, from everlasting, is thy name.17 Why, O Jehovah, hast thou made us to err from thy ways, hast hardened our heart from thy fear? Return for thy servants' sake, the tribes of thine inheritance.18 Thy holy people have possessed {it} but a little while: our adversaries have trodden down thy sanctuary.19 We have become {like those} over whom thou never barest rule, those not called by thy name.
1 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.2 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos die van een wat die wynpers trap?3 Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.4 Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.5 En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.6 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.7 Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle 'n Heiland geword.9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.10 Maar hulle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in 'n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.11 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom 'n ewige Naam te maak?13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos 'n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. So het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak.15 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!18 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.