1 Behold, a king shall reign in righteousness, and princes shall rule in judgment.2 And a man shall be as a hiding-place from the wind, and a covert from the storm; as brooks of water in a dry place, as the shadow of a great rock in a thirsty land.3 And the eyes of them that see shall not be dim, and the ears of them that hear shall hearken;4 and the heart of the rash shall understand knowledge, and the tongue of the stammerers shall be ready to speak plainly.5 The vile man shall be no more called noble, nor the churl said to be bountiful:6 for the vile man will speak villainy, and his heart will work iniquity, to practise hypocrisy, and to utter error against Jehovah, to make empty the soul of the hungry, and to cause the drink of the thirsty to fail.7 The instruments also of the churl are evil: he deviseth wicked devices to destroy the meek with lying words, even when the needy speaketh right.8 But the noble deviseth noble things; and to noble things doth he stand.9 Rise up, ye women that are at ease, hear my voice; ye careless daughters, give ear unto my speech.10 In a year and {some} days shall ye be troubled, ye careless women; for the vintage shall fail, the ingathering shall not come.11 Tremble, ye women that are at ease; be troubled, ye careless ones; strip you, and make you bare, and gird {sackcloth} on your loins!12 They shall smite on the breasts {in lamentation} for the pleasant fields, for the fruitful vineyards.13 Upon the land of my people shall come up thistles {and} briars, yea, upon all the houses of joy in the joyous city.14 For the palace shall be deserted, the multitude of the city shall be forsaken; hill and watchtower shall be caves for ever, a joy of wild asses, a pasture of flocks;15 until the Spirit be poured upon us from on high, and the wilderness become a fruitful field, and the fruitful field be counted for a forest.16 And judgment shall inhabit the wilderness, and righteousness dwell in the fruitful field.17 And the work of righteousness shall be peace; and the effect of righteousness, quietness and assurance for ever.18 And my people shall dwell in a peaceable habitation, and in sure dwellings, and in quiet resting-places.19 And it shall hail, coming down on the forest; and the city shall be low in a low place.20 Blessed are ye that sow beside all waters, that send forth the feet of the ox and the ass.
1 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.3 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.6 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.7 En die skelm -- sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ru‹neer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.8 Maar die edele beraam edele dade, en hy hou stand in wat edel is.9 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!10 'n Jaar en 'n paar dae -- en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.11 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee --15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!