1 Jehovah, thou art my God: I will exalt thee; I will celebrate thy name, for thou hast done wonderful things; counsels of old {which are} faithfulness {and} truth.2 For thou hast made of the city a heap, of the fortified town a ruin, the palace of strangers to be no city; it shall never be built up.3 Therefore shall the mighty people glorify thee, the city of terrible nations shall fear thee.4 For thou hast been a fortress to the poor, a fortress for the needy in his distress, a refuge from the storm, a shadow from the heat: for the blast of the terrible ones {has been} as the storm {against} a wall.5 Thou hast subdued the tumult of strangers, as the heat in a dry place; {as} the heat, by the shadow of a cloud, {so} the song of the terrible ones is brought low.6 And in this mountain will Jehovah of hosts make unto all peoples a feast of fat things, a feast of wines on the lees, of fat things full of marrow, of wines on the lees well refined.7 And he will destroy in this mountain the face of the veil which veileth all the peoples, and the covering that is spread over all the nations.8 He will swallow up death in victory. And the Lord Jehovah will wipe away tears from off all faces; and the reproach of his people will he take away from off all the earth: for Jehovah hath spoken.9 And it shall be said in that day, Behold, this is our God; we have waited for him, and he will save us: this is Jehovah, we have waited for him; we will be glad and rejoice in his salvation.10 For in this mountain shall the hand of Jehovah rest, and Moab shall be trodden down under him, as straw is trodden down in the dunghill;11 and he shall spread forth his hands in the midst of them, as he that swimmeth spreadeth them forth to swim; and he shall bring down their pride together with the plots of their hands.12 And the fortress of the high defences of thy walls will he bring down, lay low, bring to the ground, into the dust.
1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.2 Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.3 Daarom sal 'n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.4 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.5 Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.6 En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.7 En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.8 Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.9 En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.10 Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.11 En as hy sy hande daarin uitsprei soos 'n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.12 En die steil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.