1 The vision of Isaiah the son of Amos, which he saw concerning Judah and Jerusalem in the days of Uzziah, Jotham, Ahaz, Hezekiah, kings of Judah.2 Hear, {ye} heavens, and give ear, {thou} earth! for Jehovah hath spoken: I have nourished and brought up children; and they have rebelled against me.3 The ox knoweth his owner, and the ass his master's crib; Israel doth not know, my people hath no intelligence.4 Ah sinful nation, a people laden with iniquity, a seed of evildoers, children that corrupt themselves! They have forsaken Jehovah; they have despised the Holy One of Israel; they are turned away backward.5 Why should ye be smitten any more? ye will revolt more and more: the whole head is sick, and the whole heart faint.6 From the sole of the foot even unto the head there is no soundness in him; wounds, and weals, and open sores: they have not been dressed, nor bound up, nor mollified with oil.7 Your country is desolate; your cities are burned with fire; your land, strangers eat it up in your presence, and it is desolate, as overthrown by strangers.8 And the daughter of Zion is left, as a booth in a vineyard, as a night-lodge in a cucumber-garden, as a besieged city.9 Unless Jehovah of hosts had left us a very small residue, we should have been as Sodom, we should have been like unto Gomorrah.10 Hear the word of Jehovah, rulers of Sodom; give ear unto the law of our God, people of Gomorrah!11 To what purpose is the multitude of your sacrifices unto me? saith Jehovah. I am sated with burnt-offerings of rams, and the fat of fed beasts; and in the blood of bullocks, and of lambs, and of he-goats I take no pleasure.12 When ye come to appear before me, who hath required this from your hand-to tread my courts?13 Bring no more vain oblations! Incense is an abomination unto me, -new moon and sabbath, the calling of convocations-wickedness and the solemn meeting I cannot bear.14 Your new moons and your set feasts my soul hateth: they are a burden to me; I am wearied of bearing {them}.15 And when ye spread forth your hands, I will hide mine eyes from you; yea, when ye make many prayers, I will not hear: your hands are full of blood.16 Wash you, make you clean; put away the evil of your doings from before mine eyes; -cease to do evil,17 learn to do well: seek judgment, gladden the oppressed, do justice to the fatherless, plead for the widow.18 Come now, let us reason together, saith Jehovah: though your sins be as scarlet, they shall be as white as snow; though they be red like crimson, they shall be as wool.19 If ye be willing and hearken, ye shall eat the good of the land;20 but if ye refuse and rebel, ye shall be devoured with the sword: for the mouth of Jehovah hath spoken.21 How is the faithful city become a harlot! It was full of judgment; righteousness used to lodge in it, but now murderers.22 Thy silver is become dross, thy wine is mixed with water:23 thy princes are rebellious, and companions of thieves; every one loveth presents, and hunteth after rewards; they judge not the fatherless, and the cause of the widow cometh not unto them.24 Therefore saith the Lord, Jehovah of hosts, the Mighty One of Israel: Ah! I will ease me of mine adversaries, and avenge me of mine enemies.25 And I will turn my hand upon thee, and will thoroughly purge away thy dross, and take away all thine alloy;26 and I will restore thy judges as at the first, and thy counsellors as at the beginning. Afterwards thou shalt be called, Town of righteousness, Faithful city.27 Zion shall be redeemed with judgment, and they that return of her with righteousness.28 But the ruin of the transgressors and of the sinners {shall be} together; and they that forsake Jehovah shall be consumed.29 For they shall be ashamed of the terebinths that ye have desired, and ye shall blush for the gardens that ye have chosen.30 For ye shall be as a terebinth whose leaf fadeth, and as a garden that hath no water.31 And the strong shall be for tow, and his work a spark; and they shall both burn together, and there shall be none to quench {them}.
1 Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Uss¡a, Jotam, Agas en Hisk¡a, die konings van Juda.2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar hulle het teen My oortree.3 'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.7 Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is 'n wildernis soos by 'n omkering deur vreemdes.8 En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde stad.9 As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie -- soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.10 Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!11 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis -- om my voorhowe te vertrap?13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste -- Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.21 Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag -- en nou moordenaars!22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.24 Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!25 En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.26 En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, 'n getroue vesting genoem word.27 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.28 Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die HERE verlaat, sal omkom.29 Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.30 Want julle sal wees soos 'n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos 'n tuin wat geen water het nie.31 En die sterke word tot vlas en sy werk tot 'n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.