1 In those days Hezekiah was sick unto death. And the prophet Isaiah the son of Amoz came to him, and said to him, Thus saith Jehovah: Set thy house in order; for thou shalt die, and not live.2 And Hezekiah turned his face to the wall, and prayed to Jehovah,3 and said, Ah, Jehovah, remember, I beseech thee, how I have walked before thee in truth and with a perfect heart, and have done that which is good in thy sight. And Hezekiah wept much.4 And the word of Jehovah came to Isaiah, saying,5 Go and say to Hezekiah, Thus saith Jehovah, the God of David thy father: I have heard thy prayer, I have seen thy tears: behold, I will add to thy days fifteen years.6 And I will deliver thee and this city out of the hand of the king of Assyria, and I will defend this city.7 And this {shall be} the sign to thee from Jehovah, that Jehovah will do this thing that he hath spoken:8 behold, I will bring again the shadow of the degrees which hath gone down with the sun on the dial of Ahaz, ten degrees backward. So the sun returned on the dial ten degrees, by which it had gone down.9 The writing of Hezekiah king of Judah, when he had been sick and had recovered from his sickness:10 I said, In the meridian of my days I shall go to the gates of Sheol: I am deprived of the rest of my years.11 I said, I shall not see Jah, Jah in the land of the living. With those who dwell where all has ceased to be, I shall behold man no more.12 Mine age is departed, and is removed from me as a shepherd's tent. I have cut off like a weaver my life. He separateth me from the thrum: -from day to night thou wilt make an end of me.13 I kept still until the morning; ...as a lion, so doth he break all my bones. From day to night thou wilt make an end of me.14 Like a swallow {or} a crane, so did I chatter; I mourned as a dove; mine eyes failed {with looking} upward: Lord, I am oppressed; undertake for me.15 What shall I say? He hath both spoken unto me, and himself hath done {it}. I shall go softly all my years in the bitterness of my soul.16 Lord, by these things {men} live, and in all these things is the life of my spirit; and thou hast recovered me, and made me to live.17 Behold, instead of peace I had bitterness upon bitterness; but thou hast in love delivered my soul from the pit of destruction; for thou hast cast all my sins behind thy back.18 For not Sheol shall praise thee, nor death celebrate thee; they that go down into the pit do not hope for thy truth.19 The living, the living, he shall praise thee, as I this day: the father to the children shall make known thy truth.20 Jehovah was {purposed} to save me. -And we will play upon my stringed instruments all the days of our life, in the house of Jehovah.21 Now Isaiah had said, Let them take a cake of figs, and lay it for a plaster upon the boil, and he shall recover.22 And Hezekiah had said, What is the sign that I shall go up into the house of Jehovah?
1 In die dae het Hisk¡a dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.2 Toe draai Hisk¡a sy gesig na die muur, en hy het tot die HERE gebid3 en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hisk¡a het bitterlik geween.4 Toe het die woord van die HERE tot Jesaja gekom en gesê:5 Gaan sê vir Hisk¡a: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,6 en Ek sal jou uit die hand van die koning van Assirië red en ook hierdie stad; en Ek sal hierdie stad beskut.7 En dit sal vir jou die teken wees van die kant van die HERE, dat die HERE hierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:8 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser, laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.9 Geskrif van Hisk¡a, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.10 Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.11 Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.12 My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos 'n herderstent; ek het my lewe opgerol soos 'n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.13 Bring ek myself tot bedaring tot die môre -- soos 'n leeu so verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.14 Soos 'n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos 'n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is benoud, wees U my Borg!15 Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.16 Here, by hierdie dinge leef 'n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!17 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.18 Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.19 Die lewende, die lewende, die sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.20 Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.21 En Jesaja het gesê: Laat hulle 'n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.22 En Hisk¡a het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van die HERE sal opgaan?