1 Open thy doors, O Lebanon, that the fire may devour thy cedars.2 Howl, cypress, for the cedar is fallen; because the noble ones are spoiled. Howl, ye oaks of Bashan; for the strong forest is come down.3 A voice of howling of the shepherds; for their glory is spoiled: a voice of roaring of young lions; for the pride of Jordan is spoiled.4 Thus saith Jehovah my God: Feed the flock of slaughter,5 whose possessors slay them without being held guilty; and they that sell them say, Blessed be Jehovah! for I am become rich; and their own shepherds pity them not.6 For I will no more pity the inhabitants of the land, saith Jehovah, and behold, I will deliver men, every one into his neighbour's hand, and into the hand of his king; and they shall smite the land, and I will not deliver out of their hand.7 So I fed the flock of slaughter, truly the poor of the flock. And I took unto me two staves; the one I called Beauty, and the other I called Bands; and I fed the flock.8 And I destroyed three shepherds in one month; and my soul was vexed with them, and their soul also loathed me.9 And I said, I will not feed you: that which dieth, let it die; and that which perisheth let it perish; and let them which are left eat every one the flesh of another.10 And I took my staff, Beauty, and cut it asunder, that I might break my covenant which I had made with all the peoples.11 And it was broken in that day; and so the poor of the flock that gave heed to me knew that it was the word of Jehovah.12 And I said unto them, If ye think good, give {me} my hire; and if not, forbear. And they weighed for my hire thirty silver-pieces.13 And Jehovah said unto me, Cast it unto the potter: a goodly price that I was prized at by them. And I took the thirty silver-pieces, and cast them to the potter in the house of Jehovah.14 And I cut asunder mine other staff, Bands, to break the brotherhood between Judah and Israel.15 And Jehovah said unto me, Take unto thee yet the instruments of a foolish shepherd.16 For behold, I will raise up a shepherd in the land, who shall not visit those that are about to perish, neither shall seek that which is strayed away, nor heal that which is wounded, nor feed that which is sound; but he will eat the flesh of the fat, and tear their hoofs in pieces.17 Woe to the worthless shepherd that leaveth the flock! The sword shall be upon his arm, and upon his right eye; his arm shall be clean dried up, and his right eye utterly darkened.
1 Open jou deure, o L¡banon, sodat vuur jou sederbome verteer!2 Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.3 Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.4 So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape --5 hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.6 Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.7 En ek het die slagskape -- waarlik ellendige skape! -- opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.8 En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie -- wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.11 En dit is op die dag verbreek. En so het die ellendiges onder die skape wat op my ag gegee het, bemerk dat dit 'n woord van die HERE was.12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer.13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker -- die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.15 Daarop sê die HERE vir my: Neem weer vir jou die gereedskap van 'n herder, van 'n dwase.16 Want kyk, Ek sal 'n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk.17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!