1 But it shall come to pass in the end of days {that} the mountain of Jehovah's house shall be established on the top of the mountains, and shall be lifted up above the hills; and the peoples shall flow unto it.2 And many nations shall go and say, Come, and let us go up to the mountain of Jehovah, and to the house of the God of Jacob; and he will teach us of his ways, and we will walk in his paths. For out of Zion shall go forth the law, and Jehovah's word from Jerusalem.3 And he shall judge among many peoples, and reprove strong nations, even afar off; and they shall forge their swords into ploughshares, and their spears into pruning-knives: nation shall not lift up sword against nation, neither shall they learn war any more.4 And they shall sit every one under his vine, and under his fig-tree; and there shall be none to make {them} afraid: for the mouth of Jehovah of hosts hath spoken {it}.5 For all the peoples will walk every one in the name of his god; but we will walk in the name of Jehovah, our God for ever and ever.6 In that day, saith Jehovah, will I assemble her that halteth, and I will gather her that is driven out, and her that I have afflicted;7 and I will make her that halted a remnant, and her that was cast far off a strong nation; and Jehovah shall reign over them in mount Zion, from henceforth even for ever.8 And thou, O tower of the flock, hill of the daughter of Zion, unto thee shall it come, yea, the first dominion shall come, -the kingdom to the daughter of Jerusalem.9 Now why dost thou cry out aloud? Is there no king in thee? is thy counsellor perished, that pangs have seized thee as a woman in travail?10 Be in pain, and labour to bring forth, O daughter of Zion, like a woman in travail; for now shalt thou go forth out of the city, and thou shalt dwell in the field, and thou shalt go even to Babylon: there shalt thou be delivered; there Jehovah will redeem thee from the hand of thine enemies.11 And now many nations are assembled against thee, that say, Let her be profaned, and let our eye look upon Zion.12 But they know not the thoughts of Jehovah, neither understand they his counsel; for he hath gathered them together as the sheaves into the threshing-floor.13 Arise and thresh, daughter of Zion, for I will make thy horn iron, and I will make thy hoofs brass; and thou shalt beat in pieces many peoples; and I will devote their gain to Jehovah, and their substance to the Lord of the whole earth.
1 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek.5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.6 In die dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.9 Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom -- d r sal jy gered word, d r sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.11 En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion.12 Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde. [ (Micah 4:14) Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen. ]