1 What then shall we say? Should we continue in sin that grace may abound?2 Far be the thought. We who have died to sin, how shall we still live in it?3 Are you ignorant that we, as many as have been baptised unto Christ Jesus, have been baptised unto his death?4 We have been buried therefore with him by baptism unto death, in order that, even as Christ has been raised up from among {the} dead by the glory of the Father, so *we* also should walk in newness of life.5 For if we are become identified with {him} in the likeness of his death, so also we shall be of {his} resurrection;6 knowing this, that our old man has been crucified with {him}, that the body of sin might be annulled, that we should no longer serve sin.7 For he that has died is justified from sin.8 Now if we have died with Christ, we believe that we shall also live with him,9 knowing that Christ having been raised up from among {the} dead dies no more: death has dominion over him no more.10 For in that he has died, he has died to sin once for all; but in that he lives, he lives to God.11 So also *ye*, reckon yourselves dead to sin and alive to God in Christ Jesus.12 Let not sin therefore reign in your mortal body to obey its lusts.13 Neither yield your members instruments of unrighteousness to sin, but yield yourselves to God as alive from among {the} dead, and your members instruments of righteousness to God.14 For sin shall not have dominion over *you*, for ye are not under law but under grace.15 What then? should we sin because we are not under law but under grace? Far be the thought.16 Know ye not that to whom ye yield yourselves bondmen for obedience, ye are bondmen to him whom ye obey, whether of sin unto death, or of obedience unto righteousness?17 But thanks {be} to God, that ye were bondmen of sin, but have obeyed from the heart the form of teaching into which ye were instructed.18 Now, having got your freedom from sin, ye have become bondmen to righteousness.19 I speak humanly on account of the weakness of your flesh. For even as ye have yielded your members in bondage to uncleanness and to lawlessness unto lawlessness, so now yield your members in bondage to righteousness unto holiness.20 For when ye were bondmen of sin ye were free from righteousness.21 What fruit therefore had ye *then* in the things of which ye are *now* ashamed? for the end of *them* {is} death.22 But *now*, having got your freedom from sin, and having become bondmen to God, ye have your fruit unto holiness, and the end eternal life.23 For the wages of sin {is} death; but the act of favour of God, eternal life in Christ Jesus our Lord.
1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan sy opstanding;6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie •f van die sonde tot die dood, •f van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.21 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.