1 I beseech you therefore, brethren, by the compassions of God, to present your bodies a living sacrifice, holy, acceptable to God, {which is} your intelligent service.2 And be not conformed to this world, but be transformed by the renewing of {your} mind, that ye may prove what {is} the good and acceptable and perfect will of God.3 For I say, through the grace which has been given to me, to every one that is among you, not to have high thoughts above what he should think; but to think so as to be wise, as God has dealt to each a measure of faith.4 For, as in one body we have many members, but all the members have not the same office;5 thus we, {being} many, are one body in Christ, and each one members one of the other.6 But having different gifts, according to the grace which has been given to us, whether {it be} prophecy, {let us prophesy} according to the proportion of faith;7 or service, {let us occupy ourselves} in service; or he that teaches, in teaching;8 or he that exhorts, in exhortation; he that gives, in simplicity; he that leads, with diligence; he that shews mercy, with cheerfulness.9 Let love be unfeigned; abhorring evil; cleaving to good:10 as to brotherly love, kindly affectioned towards one another: as to honour, each taking the lead in paying it to the other:11 as to diligent zealousness, not slothful; in spirit fervent; serving the Lord.12 As regards hope, rejoicing: as regards tribulation, enduring: as regards prayer, persevering:13 distributing to the necessities of the saints; given to hospitality.14 Bless them that persecute you; bless, and curse not.15 Rejoice with those that rejoice, weep with those that weep.16 Have the same respect one for another, not minding high things, but going along with the lowly: be not wise in your own eyes:17 recompensing to no one evil for evil: providing things honest before all men:18 if possible, as far as depends on you, living in peace with all men;19 not avenging yourselves, beloved, but give place to wrath; for it is written, Vengeance {belongs} to me, *I* will recompense, saith the Lord.20 If therefore thine enemy should hunger, feed him; if he should thirst, give him drink; for, so doing, thou shalt heap coals of fire upon his head.21 Be not overcome by evil, but overcome evil with good.
1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.9 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;15 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.