Publicidade

Jeremias 20

1 And Pashur the son of Immer, the priest-and he was chief officer in the house of Jehovah-heard Jeremiah prophesy these things.2 And Pashur smote Jeremiah the prophet, and put him in the stocks that were in the upper gate of Benjamin, which was in the house of Jehovah.3 And it came to pass the next day, that Pashur brought forth Jeremiah out of the stocks; and Jeremiah said unto him, Jehovah hath not called thy name Pashur, but Magor-missabib.4 For thus saith Jehovah: Behold, I make thee a terror to thyself, and to all thy friends; and they shall fall by the sword of their enemies, and thine eyes shall see {it}; and I will give all Judah into the hand of the king of Babylon, and he shall carry them captive into Babylon, and shall smite them with the sword.5 And, I will give all the wealth of this city, and all its gains, and all its precious things, and all the treasures of the kings of Judah, will I give into the hand of their enemies; and they shall make them a prey, and take them, and carry them to Babylon.6 And thou, Pashur, and all that dwell in thy house shall go into captivity; and thou shalt come to Babylon, and there thou shalt die, and there thou shalt be buried, thou and all thy friends to whom thou hast prophesied falsehood.7 Jehovah, thou hast enticed me, and I was enticed; thou hast laid hold of me, and hast prevailed; I am become a derision the whole day: every one mocketh me.8 For as oft as I speak, I cry out; I proclaim violence and spoil; for the word of Jehovah is become unto me a reproach and a derision all the day.9 And I said, I will not make mention of him, nor speak any more in his name: but it was in my heart as a burning fire shut up in my bones; and I became wearied with holding in, and I could not.10 For I have heard the defaming of many, terror on every side: Report, and we will report it. All my familiars are watching for my stumbling: Peradventure he will be enticed, and we shall prevail against him; and we shall take our revenge on him.11 But Jehovah is with me as a mighty terrible one; therefore my persecutors shall stumble and shall not prevail; they shall be greatly ashamed, for they have not prospered: it shall be an everlasting confusion that shall not be forgotten.12 And thou, Jehovah of hosts, who triest the righteous, who seest the reins and the heart, let me see thy vengeance on them; for unto thee have I revealed my cause.13 Sing ye unto Jehovah, praise Jehovah, for he hath delivered the soul of the needy from the hand of evildoers.14 Cursed be the day wherein I was born; let not the day wherein my mother bore me be blessed!15 Cursed be the man who brought tidings to my father, saying, A man child is born unto thee; making him very glad!16 And let that man be as the cities which Jehovah overthrew, and repented not; and let him hear a cry in the morning, and a shouting at noonday,17 because he slew me not from the womb. Or would that my mother had been my grave, and her womb always great {with me}!18 Wherefore came I forth from the womb to see labour and sorrow, that my days should be consumed in shame?

1 En Pashur, die seun van Immer, die priester -- wat hoofopsigter was in die huis van die HERE -- het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.2 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die HERE.3 Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE noem jou nie Pashur nie, maar Skrik -- rondom!4 Want so spreek die HERE: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.5 Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring.6 En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het.7 HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my.8 Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! -- omdat die woord van die HERE vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag.9 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.10 Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.11 Maar die HERE is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.12 Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien -- laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.13 Sing tot eer van die HERE, prys die HERE! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.14 Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.15 Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is 'n seun gebore -- waardeur hy hom grootliks verbly het.16 Ja, laat die man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,17 omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie.18 Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-