1 Thus said Jehovah unto me: Go and buy thee a linen girdle, and put it upon thy loins; but dip it not in water.2 And I bought a girdle according to the word of Jehovah, and put it upon my loins.3 And the word of Jehovah came unto me the second time, saying,4 Take the girdle that thou hast bought, which is upon thy loins, and arise, go to the Euphrates, and hide it there in a hole of the rock.5 So I went and hid it by the Euphrates, as Jehovah had commanded me.6 And it came to pass at the end of many days, that Jehovah said unto me, Arise, go to the Euphrates, and take the girdle from thence which I commanded thee to hide there.7 And I went to the Euphrates, and digged, and took the girdle from the place where I had hid it; and behold, the girdle was spoiled, it was good for nothing.8 And the word of Jehovah came unto me, saying,9 Thus saith Jehovah: After this manner will I spoil the pride of Judah, and the great pride of Jerusalem.10 This evil people, who refuse to hear my words, who walk in the stubbornness of their heart, and go after other gods, to serve them and to worship them, shall even be as this girdle which is good for nothing.11 For as a girdle cleaveth to the loins of a man, so have I caused to cleave unto me the whole house of Israel and the whole house of Judah, saith Jehovah; that they might be unto me for a people, and for a name, and for a praise, and for a glory: but they would not hear.12 And thou shalt speak unto them this word: Thus saith Jehovah, the God of Israel, Every skin shall be filled with wine. And they will say unto thee, Do we not very well know that every skin shall be filled with wine?13 And thou shalt say unto them, Thus saith Jehovah: Behold, I will fill all the inhabitants of this land, and the kings that sit for David upon his throne, and the priests and the prophets, and all the inhabitants of Jerusalem, with drunkenness.14 And I will dash them one against another, both the fathers and the sons together, saith Jehovah; I will not pity, nor spare, nor have mercy so as not to destroy them.15 Hear ye, and give ear, be not lifted up; for Jehovah hath spoken.16 Give glory to Jehovah your God, before he cause darkness, and before your feet stumble upon the mountains of twilight; and ye shall look for light, but he will turn it into the shadow of death, and make {it} gross darkness.17 And if ye will not hear it, my soul shall weep in secret places for {your} pride; and mine eye shall weep sore, and run down with tears, because Jehovah's flock is gone into captivity.18 Say unto the king and to the queen: Humble yourselves, sit down low; for from your heads shall come down the crown of your magnificence.19 The cities of the south are shut up, and there is none to open {them}; all Judah is carried away captive: it is wholly carried away captive.20 Lift up your eyes, and behold them that come from the north. Where is the flock that was given thee, thy beautiful flock?21 What wilt thou say when he shall visit thee, since thou thyself hast trained them to be princes in chief over thee? Shall not sorrows take thee, as a woman in travail?22 And if thou say in thy heart, Wherefore come these things upon me? For the greatness of thine iniquity are thy skirts uncovered, {and} thy heels have suffered violence.23 Can an Ethiopian change his skin, or a leopard his spots? {Then} may ye also do good, who are accustomed to do evil.24 And I will scatter them as stubble that passeth away by the wind of the wilderness.25 This shall be thy lot, thy measured portion from me, saith Jehovah; because thou hast forgotten me, and confided in falsehood.26 Therefore will I also turn thy skirts over thy face, and thy shame shall be seen.27 Thine adulteries, and thy neighings, the lewdness of thy fornication, on the hills, in the fields, -thine abominations, have I seen. Woe unto thee, Jerusalem! Wilt thou not be made clean? after how long a time yet?
1 So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou 'n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind.3 Toe het die woord van die HERE vir die tweede keer tot my gekom en gesê:4 Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in 'n klipskeur.5 Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die HERE my beveel het.6 En n verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.7 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.8 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:9 So spreek die HERE: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en die van Jerusalem, wat so groot is.10 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig -- hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.11 Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.12 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.14 En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.15 Luister en merk op; verhef julle nie, want die HERE het gespreek!16 Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.18 Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.19 Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!20 Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?21 Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van 'n barende vrou nie?22 As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.23 Kan 'n Kusiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.24 Daarom sal Ek hulle verstrooi soos 'n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.25 Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.26 So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word.27 Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery -- op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?