Publicidade

Jeremias 23

1 Woe unto the shepherds that destroy and scatter the sheep of my pasture! saith Jehovah.2 Therefore thus saith Jehovah the God of Israel concerning the shepherds that feed my people: Ye have scattered my flock, and driven them away, and have not visited them: behold, I will visit upon you the evil of your doings, saith Jehovah.3 And I will gather the remnant of my flock out of all countries whither I have driven them, and will bring them again to their pastures; and they shall be fruitful and shall multiply.4 And I will raise up shepherds over them, who shall feed them; and they shall fear no more, nor be dismayed, neither shall any be missing, saith Jehovah.5 Behold, the days come, saith Jehovah, when I will raise unto David a righteous Branch, who shall reign as king, and act wisely, and shall execute judgment and righteousness in the land.6 In his days Judah shall be saved, and Israel shall dwell in safety; and this is his name whereby he shall be called, Jehovah our Righteousness.7 Therefore behold, days are coming, saith Jehovah, that they shall no more say, {As} Jehovah liveth, who brought up the children of Israel out of the land of Egypt;8 but, {As} Jehovah liveth, who brought up and who led back the seed of the house of Israel out of the north country, and from all countries whither I had driven them. And they shall dwell in their own land.9 Concerning the prophets: My heart within me is broken; all my bones shake; I am like a drunken man, and like a man whom wine hath overcome; because of Jehovah, and because of the words of his holiness.10 For the land is full of adulterers; for because of execration the land mourneth. The pastures of the wilderness are dried up; for their course is evil, and their force is not right.11 For both prophet and priest are profane: even in my house have I found their wickedness, saith Jehovah.12 Therefore their way shall be unto them as slippery places in the darkness; they shall be driven on, and fall therein: for I will bring evil upon them in the year of their visitation, saith Jehovah.13 And I have seen folly in the prophets of Samaria: they prophesied by Baal, and caused my people Israel to err.14 And in the prophets of Jerusalem have I seen a horrible thing: they commit adultery, and walk in falsehood, and strengthen the hands of evildoers, so that none doth return from his wickedness. They are all become unto me as Sodom, and the inhabitants thereof as Gomorrah.15 Therefore thus saith Jehovah of hosts concerning the prophets: Behold, I will feed them with wormwood, and make them drink water of gall; for from the prophets of Jerusalem is profaneness gone forth into all the land.16 Thus saith Jehovah of hosts: Hearken not unto the words of the prophets that prophesy unto you: they lead you to vanity; they speak a vision of their own heart, not out of the mouth of Jehovah.17 They say constantly unto them that despise me, Jehovah hath said, Ye shall have peace. And they say unto every one that walketh in the stubbornness of his heart, No evil shall come upon you.18 For who hath stood in the council of Jehovah, so that he hath perceived and heard his word? who hath hearkened to his word and listened?19 Behold, a tempest of Jehovah, fury is gone forth, yea, a whirling storm: it shall whirl down upon the head of the wicked.20 The anger of Jehovah shall not return, until he have executed, and until he have performed the purposes of his heart: at the end of the days ye shall understand it clearly.21 I did not send the prophets, yet they ran; I have not spoken to them, yet they prophesied.22 But if they had stood in my council, and had caused my people to hear my words, then would they have turned them from their evil way and from the wickedness of their doings.23 Am I a God at hand, saith Jehovah, and not a God afar off?24 Can any hide himself in secret places, that I shall not see him? saith Jehovah. Do not I fill the heavens and the earth? saith Jehovah.25 I have heard what the prophets say, who prophesy falsehood in my name, saying, I have dreamed, I have dreamed.26 How long shall {this} be in the heart of the prophets who prophesy falsehood, and who are prophets of the deceit of their own heart?27 who think to cause my people to forget my name by their dreams which they tell every man to his neighbour: as their fathers have forgotten my name for Baal.28 The prophet that hath a dream, let him tell the dream; and he that hath my word, let him speak my word faithfully. What is the chaff to the wheat? saith Jehovah.29 Is not my word like a fire, saith Jehovah; and like a hammer {that} breaketh the rock in pieces?30 Therefore, behold, I am against the prophets, saith Jehovah, that steal my words every one from his neighbour.31 Behold, I am against the prophets, saith Jehovah, that use their tongues, and say, He hath said.32 Behold, I am against them that prophesy false dreams, saith Jehovah, and that tell them, and cause my people to err by their lies and by their boasting; and I have not sent them, nor commanded them; and they profit not this people at all, saith Jehovah.33 And when this people, or a prophet, or a priest, ask thee, saying, What is the burden of Jehovah? thou shalt then say unto them, What burden? I will even cast you off, saith Jehovah.34 And as for the prophet, and the priest, and the people, that shall say, The burden of Jehovah, I will even punish that man and his house.35 Thus shall ye say every one to his neighbour, and every one to his brother: What hath Jehovah answered? and, What hath Jehovah spoken?36 And the burden of Jehovah shall ye mention no more; for every man's own word shall be his burden: for ye have perverted the words of the living God, of Jehovah of hosts, our God.37 Thus shalt thou say to the prophet: What hath Jehovah answered thee? and, What hath Jehovah spoken?38 But since ye say, The burden of Jehovah, therefore thus saith Jehovah: Because ye say this word, The burden of Jehovah, and I have sent unto you, saying, Ye shall not say, The burden of Jehovah;39 therefore behold, I will utterly forget you, and I will cast you off, far from my face, and the city that I gave to you and to your fathers.40 And I will bring everlasting reproach upon you, and everlasting shame, that shall not be forgotten.

1 Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.2 Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Julle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.3 En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.4 En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE.5 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,8 maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.9 Wat die profete betref -- my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.10 Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.11 Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.12 Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.13 Ek het wel by die profete van Samar¡a aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Ba„l en verlei my volk Israel;14 maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.15 Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.16 So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie.17 Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie.18 Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?19 Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.20 Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.21 Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.22 Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.23 Is Ek 'n God van naby, spreek die HERE, en nie 'n God van ver nie?24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.25 Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!26 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart --27 is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?28 Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE.29 Is my woord nie so, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?30 Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander.31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!32 Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.33 As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die HERE gelas? -- dan moet jy vir hulle sê: Julle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die HERE.34 En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die HERE het gelas -- oor die man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.35 So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het die HERE geantwoord? En wat het die HERE gespreek?36 Maar van: die HERE het gelas -- mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God.37 So moet jy aan die profeet sê: Wat het die HERE jou geantwoord? En wat het die HERE gespreek?38 Maar as julle sê: Die HERE het gelas -- daarom, so spreek die HERE: Omdat julle hierdie woord sê: Die HERE het gelas -- alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die HERE het gelas nie --39 daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van my aangesig af wegwerp;40 en Ek sal julle 'n ewige smaad oplê en 'n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-