1 The word that came to Jeremiah concerning all the people of Judah, in the fourth year of Jehoiakim the son of Josiah, the king of Judah (that is, the first year of Nebuchadrezzar king of Babylon),2 which Jeremiah the prophet spoke unto all the people of Judah and to all the inhabitants of Jerusalem, saying:3 From the thirteenth year of Josiah the son of Amon, the king of Judah, even unto this day, these three and twenty years, the word of Jehovah hath come unto me, and I have spoken unto you, rising early and speaking; but ye have not hearkened.4 And Jehovah hath sent unto you all his servants the prophets, rising early and sending; but ye have not hearkened, nor inclined your ear to hear,5 when they said, Turn again now every one from his evil way, and from the wickedness of your doings, and dwell in the land that Jehovah hath given unto you and to your fathers from of old even for ever.6 And go not after other gods, to serve them and to worship them; and provoke me not to anger with the work of your hands; and I will do you no hurt.7 But ye have not hearkened unto me, saith Jehovah; that ye might provoke me to anger with the work of your hands, to your own hurt.8 Therefore thus saith Jehovah of hosts: Because ye have not listened to my words,9 behold, I will send and take all the families of the north, saith Jehovah, and {I will send} to Nebuchadrezzar the king of Babylon, my servant, and will bring them against this land, and against the inhabitants thereof, and against all these nations round about; and I will utterly destroy them, and make them an astonishment, and a hissing, and perpetual wastes.10 And I will cause to perish from them the voice of mirth and the voice of joy, the voice of the bridegroom and the voice of the bride, the sound of the millstones and the light of the lamp.11 And this whole land shall become a waste, an astonishment; and these nations shall serve the king of Babylon seventy years.12 And it shall come to pass, when seventy years are accomplished, {that} I will visit on the king of Babylon and on that nation, saith Jehovah, their iniquity, and on the land of the Chaldeans, and I will make it perpetual desolations.13 And I will bring upon that land all my words which I have pronounced against it, all that is written in this book, which Jeremiah hath prophesied against all the nations.14 For many nations and great kings shall serve themselves of them also; and I will recompense them according to their deeds, and according to the work of their hands.15 For thus hath Jehovah the God of Israel said unto me: Take the cup of the wine of this fury at my hand, and cause all the nations to whom I send thee to drink it.16 And they shall drink, and reel to and fro, and be mad, because of the sword that I will send among them.17 And I took the cup at Jehovah's hand, and made all the nations to drink, to whom Jehovah had sent me:18 Jerusalem, and the cities of Judah, and the kings thereof, and the princes thereof, to make them a waste, an astonishment, a hissing, and a curse, as it is this day;19 Pharaoh king of Egypt, and his servants, and his princes, and all his people;20 and all the mingled people, and all the kings of the land of Uz, and all the kings of the land of the Philistines, and Ashkelon, and Gazah, and Ekron, and the remnant of Ashdod;21 Edom, and Moab, and the children of Ammon;22 and all the kings of Tyre, and all the kings of Zidon, and the kings of the isles that are beyond the sea;23 Dedan, and Tema, and Buz, and all that have the corners {of their beard} cut off;24 and all the kings of Arabia, and all the kings of the mingled people that dwell in the desert;25 and all the kings of Zimri, and all the kings of Elam, and all the kings of the Medes;26 and all the kings of the north, far and near, one with another; and all the kingdoms of the world, which are upon the face of the earth; and the king of Sheshach shall drink after them.27 And thou shalt say unto them, Thus saith Jehovah of hosts, the God of Israel: Drink, and be drunken, and vomit, and fall, and rise no more, because of the sword that I will send among you.28 And it shall be, if they refuse to take the cup from thy hand to drink, then shalt thou say unto them, Thus saith Jehovah of hosts: Ye shall certainly drink.29 For behold, I begin to bring evil on the city that is called by my name, and should ye be altogether unpunished? Ye shall not be unpunished; for I call for a sword upon all the inhabitants of the earth, saith Jehovah of hosts.30 And thou, prophesy unto them all these words, and say unto them, Jehovah will roar from on high, and utter his voice from his holy habitation; he will mightily roar upon his dwelling-place, he will give a shout, as they that tread {the vintage}, against all the inhabitants of the earth.31 The noise shall come to the end of the earth: for Jehovah hath a controversy with the nations, he entereth into judgment with all flesh; as for the wicked, he will give them up to the sword, saith Jehovah.32 Thus saith Jehovah of hosts: Behold, evil shall go forth from nation to nation, and a great storm shall be raised up from the uttermost parts of the earth.33 And the slain of Jehovah shall {be} at that day from {one} end of the earth even unto the {other} end of the earth: they shall not be lamented, neither gathered, nor buried; they shall be dung upon the face of the ground.34 Howl, ye shepherds, and cry; and wallow yourselves {in the dust}, noble ones of the flock: for the days of your slaughter are accomplished, and I will disperse you; and ye shall fall like a precious vessel.35 And refuge shall perish from the shepherds, and escape from the noble ones of the flock.36 There shall be a voice of the cry of the shepherds, and a howling of the noble ones of the flock: for Jehovah layeth waste their pasture;37 and the peaceable enclosures shall be desolated, because of the fierce anger of Jehovah.38 He hath forsaken his covert as a young lion; for their land is a desolation because of the fierceness of the oppressor, and because of his fierce anger.
1 Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda -- dit was die eerste jaar van Nebukadr,sar, die koning van Babel --2 waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:3 Vanaf die dertiende jaar van Jos¡a, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag -- nou drie en twintig jaar lank -- het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.4 Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat -- maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie --5 met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;6 en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.7 Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE -- om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.8 Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie,9 laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadr,sar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.10 En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.11 En hierdie hele land sal 'n puinhoop, 'n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.12 En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor die nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.13 En Ek sal oor die land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het -- alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.14 Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.15 Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,16 dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.17 En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;18 naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak 'n puinhoop, 'n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;19 Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;20 en die hele gemengde bevolking en al die konings van die land Us; en al die konings van die land van die Filistyne, en Askelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;21 Edom en Moab en die kinders van Ammon;22 en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die kusland wat oorkant die see is;23 Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;24 en al die konings van Arabië en al die konings van die gemengde bevolking wat in die woestyn woon;25 en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van M,dië;26 en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een n die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal n hulle drink.27 En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.28 En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink s l julle!29 Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile -- en sal julle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.30 Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose -- aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.32 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.33 En die wat deur die HERE verslaan is, sal die dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.34 Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp.35 Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.36 Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.37 En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van die HERE.38 Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.