1 In the second year of Darius the king, in the sixth month, on the first day of the month, came the word of Jehovah by the prophet Haggai unto Zerubbabel the son of Shealtiel, governor of Judah, and to Joshua the son of Jehozadak, the high priest, saying,2 Thus speaketh Jehovah of hosts, saying, This people say, The time is not come, the time that Jehovah's house should be built.3 And the word of Jehovah came by Haggai the prophet, saying,4 Is it time for you that ye should dwell in your wainscoted houses, while this house lieth waste?5 And now thus saith Jehovah of hosts: Consider your ways.6 Ye have sown much, and bring in little; ye eat, but are not satisfied; ye drink, but are not filled with drink; ye clothe yourselves, but there is none warm; and he that earneth wages earneth wages for a bag with holes.7 Thus saith Jehovah of hosts: Consider your ways.8 Go up to the mountain and bring wood, and build the house, and I will take pleasure in it, and I will be glorified, saith Jehovah.9 Ye looked for much, and behold it was little; and when ye brought it home, I blew upon it. Wherefore? saith Jehovah of hosts. Because of my house that lieth waste, whilst ye run every man to his own house.10 Therefore over you the heavens withhold their dew, and the earth withholdeth its fruit.11 And I called for a drought upon the land, and upon the mountains, and upon the corn, and upon the new wine, and upon the oil, and upon that which the ground bringeth forth, and upon man, and upon cattle, and upon all the labour of the hands.12 And Zerubbabel the son of Shealtiel, and Joshua the son of Jehozadak, the high priest, and all the remnant of the people, hearkened to the voice of Jehovah their God, and the words of Haggai the prophet, according as Jehovah their God had sent him, and the people feared before Jehovah.13 Then spoke Haggai, Jehovah's messenger, in Jehovah's message unto the people, saying, I am with you, saith Jehovah.14 And Jehovah stirred up the spirit of Zerubbabel the son of Shealtiel, governor of Judah, and the spirit of Joshua the son of Jehozadak, the high priest, and the spirit of all the remnant of the people; and they came and worked at the house of Jehovah of hosts, their God,15 in the four and twentieth day of the sixth month, in the second year of Darius the king.
1 In die tweede jaar van koning Dar¡us, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en gesê:2 So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.3 So het die woord van die HERE dan gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:4 Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?5 So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:6 julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.7 So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!8 Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.10 Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.11 En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.12 Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van die HERE hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die HERE hulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE.13 Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.14 En die HERE het die gees van Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.15 Dit was op die vier en twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van koning Dar¡us.