Publicidade

Ezequiel 18

1 And the word of Jehovah came unto me, saying,2 What mean ye, ye who use this proverb of the land of Israel, saying, {The} fathers eat sour grapes, and the children's teeth are set on edge?3 {As} I live, saith the Lord Jehovah, ye shall not have any more to use this proverb in Israel.4 Behold, all the souls are mine; as the soul of the father, so also the soul of the son is mine: the soul that sinneth, it shall die.5 And if a man be righteous, and do judgment and justice:6 -he hath not eaten upon the mountains, nor lifted up his eyes to the idols of the house of Israel, neither hath defiled his neighbour's wife, nor come near to a woman in her separation,7 and hath not oppressed any; he hath restored to the debtor his pledge, hath not exercised robbery, hath given his bread to the hungry, and covered the naked with a garment;8 he hath not given forth upon usury, nor taken increase; he hath withdrawn his hand from unrighteousness, hath executed true judgment between man and man,9 hath walked in my statutes, and kept mine ordinances, to deal faithfully: he is righteous, he shall certainly live, saith the Lord Jehovah.10 And if he have begotten a son that is violent, a shedder of blood, and that doeth only one of any of these {things},11 and that doeth not any of those {duties}, but also hath eaten upon the mountains, and defiled his neighbour's wife,12 hath oppressed the poor and needy, exercised robbery, hath not restored the pledge, and hath lifted up his eyes to the idols, committed abomination,13 given forth upon usury, and taken increase; shall he then live? He shall not live: he hath done all these abominations; he shall certainly die; his blood shall be upon him.14 But lo, if he have begotten a son that seeth all his father's sins which he hath done, and considereth, and doeth not such like:15 -he hath not eaten upon the mountains, nor lifted up his eyes to the idols of the house of Israel; he hath not defiled his neighbour's wife,16 and hath not oppressed any, nor withholden the pledge, neither hath exercised robbery; he hath given his bread to the hungry, and covered the naked with a garment;17 he hath withdrawn his hand from the poor, hath not received usury nor increase, hath executed my judgments, {and} walked in my statutes: he shall not die for the iniquity of his father, he shall certainly live.18 As for his father, because he practised oppression, exercised robbery upon his brother, and did what was not good among his people, behold, he shall die in his iniquity.19 And ye say, Why doth not the son bear the iniquity of the father? But the son hath done judgment and justice, hath kept all my statutes, and hath done them; he shall certainly live.20 The soul that sinneth, it shall die. The son shall not bear the iniquity of the father, neither shall the father bear the iniquity of the son; the righteousness of the righteous shall be upon him, and the wickedness of the wicked shall be upon him.21 And the wicked, if he turn from all his sins which he hath committed, and keep all my statutes, and do judgment and justice, he shall certainly live, he shall not die.22 None of his transgressions which he hath committed shall be remembered against him; in his righteousness which he hath done shall he live.23 Have I any pleasure at all in the death of the wicked? saith the Lord Jehovah; is it not in his turning from his way, that he may live?24 And when the righteous turneth from his righteousness and practiseth what is wrong, {and} doeth according to all the abominations that the wicked doeth, shall he live? None of his righteous acts which he hath done shall be remembered: in his unfaithfulness which he hath wrought, and in his sin which he hath sinned, in them shall he die.25 And ye say, The way of the Lord is not equal. Hear then, house of Israel. Is not my way equal? are not your ways unequal?26 When the righteous turneth away from his righteousness, and practiseth what is wrong, and dieth for it; in his wrong that he hath done shall he die.27 And when the wicked turneth from his wickedness which he hath committed, and doeth judgment and justice, he shall keep his soul alive.28 Because he considereth, and turneth from all his transgressions which he hath committed, he shall certainly live, he shall not die.29 But the house of Israel say, The way of the Lord is not equal. O house of Israel, are not my ways equal? Is it not your ways that are unequal?30 Therefore I will judge you, house of Israel, every one according to his ways, saith the Lord Jehovah. Return ye, and turn from all your transgressions; so iniquity shall not be your snare.31 Cast away from you all your transgressions wherewith ye have transgressed, and make you a new heart and a new spirit: why then will ye die, house of Israel?32 For I have no pleasure in the death of him that dieth, saith the Lord Jehovah; therefore turn ye and live.

1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?3 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun -- hulle is myne; die siel wat sondig, die moet sterwe.5 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby 'n vrou kom as sy onrein is nie,7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek;8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel -- hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.10 En het hy 'n geweldenaar van 'n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen --11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie -- as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,13 op rente leen en woeker neem -- sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.14 Maar kyk, as hy 'n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het -- dit sien en sulke dinge nie doen nie:15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met 'n kleed toedek die wat naak is,17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel -- hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie -- kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.19 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring -- hy sal sekerlik lewe!20 Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.21 Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.22 Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.23 Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?24 Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen -- sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.25 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is julle weë nie onreg nie?26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.27 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen -- hy sal sy siel in die lewe behou;28 hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.29 Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is julle weë nie onreg nie?30 Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-