1 And it came to pass in the sixth year, in the sixth {month}, on the fifth of the month, that {as} I sat in my house, and the elders of Judah sat before me, the hand of the Lord Jehovah fell there upon me.2 And I looked, and behold, a likeness as the appearance of fire; from the appearance of his loins and downward, fire; and from his loins and upward, as the appearance of brightness, as the look of glowing brass.3 And he stretched forth the form of a hand, and took me by a lock of my head; and the Spirit lifted me up between the earth and the heavens, and brought me in the visions of God to Jerusalem, to the entry of the inner gate that looketh toward the north, where was the seat of the image of jealousy, which provoketh to jealousy.4 And behold, the glory of the God of Israel was there, according to the appearance that I saw in the valley.5 And he said unto me, Son of man, lift up now thine eyes toward the north. And I lifted up mine eyes toward the north, and behold, northward of the gate of the altar, this image of jealousy in the entry.6 And he said unto me, Son of man, seest thou what they do? the great abominations that the house of Israel commit here, to cause {me} to go far off from my sanctuary? And yet again thou shalt see great abominations.7 And he brought me to the entry of the court, and I looked, and behold, a hole in the wall.8 And he said unto me, Son of man, dig now through the wall; and I digged through the wall, and behold, a door.9 And he said unto me, Go in, and behold the wicked abominations that they do here.10 And I went in and looked, and behold, every form of creeping thing and abominable beast, and all the idols of the house of Israel, portrayed upon the wall round about.11 And there stood before them seventy men of the elders of the house of Israel, and in the midst of them stood Jaazaniah the son of Shaphan, with every man his censer in his hand; and a thick cloud of incense went up.12 And he said unto me, Hast thou seen, son of man, what the elders of the house of Israel do in the dark, every one in his chambers of imagery? for they say, Jehovah seeth us not; Jehovah hath forsaken the land.13 And he said unto me, Yet again thou shalt see great abominations which they do.14 And he brought me to the entry of the gate of Jehovah's house that was toward the north; and behold, there sat women weeping for Tammuz.15 And he said unto me, Seest thou, son of man? Thou shalt yet again see greater abominations than these.16 And he brought me into the inner court of Jehovah's house, and behold, at the entry of the temple of Jehovah, between the porch and the altar, were about five and twenty men, with their backs toward the temple of Jehovah and their faces toward the east; and they worshipped the sun toward the east.17 And he said unto me, Seest thou, son of man? Is it a light thing to the house of Judah to commit the abominations which they commit here, that they yet fill the land with violence, and keep provoking me afresh to anger? And behold, they put the branch to their nose.18 And I also will deal in fury: mine eye shall not spare, neither will I have pity; and though they cry in mine ears with a loud voice, I will not hear them.
1 En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here HERE daar op my geval.2 Ek kyk toe -- en daar was 'n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos 'n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.3 Toe steek Hy iets uit wat die vorm van 'n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.4 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het.5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde -- en daar was aan die noordekant van die altaarpoort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe -- en daar was 'n gat in die muur.8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was 'n deur.9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.10 Ek gaan toe in en kyk -- en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Ja„sanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat.13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!18 Daarom sal Âk ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.