1 And these are the names of the tribes: From the north end along the way of Hethlon, as one entereth into Hamath, Hazar-enan, the border of Damascus northward unto near Hamath-the east and west side {belonging} to him-shall Dan have one {portion}.2 And by the border of Dan, from the east side unto the west side, Asher one.3 And by the border of Asher, from the east side even unto the west side, Naphtali one.4 And by the border of Naphtali, from the east side unto the west side, Manasseh one.5 And by the border of Manasseh, from the east side unto the west side, Ephraim one.6 And by the border of Ephraim, from the east side even unto the west side, Reuben one.7 And by the border of Reuben, from the east side unto the west side, Judah one.8 And by the border of Judah, from the east side unto the west side, shall be the heave-offering that ye shall offer, five and twenty thousand {cubits} in breadth, and in length as one of the parts from the east side unto the west side: and the sanctuary shall be in the midst of it.9 The heave-offering that ye shall offer unto Jehovah shall be five and twenty thousand in length, and ten thousand in breadth.10 And for them, for the priests, shall be the holy heave-offering, toward the north five and twenty thousand, and toward the west the breadth ten thousand, and toward the east the breadth ten thousand, and toward the south the length five and twenty thousand: and the sanctuary of Jehovah shall be in the midst of it.11 {It shall be} for the priests that are hallowed of the sons of Zadok, who kept my charge and went not astray when the children of Israel went astray, as the Levites went astray.12 And this offering heaved from the heave-offering of the land shall be unto them a thing most holy, by the border of the Levites.13 And answering to the border of the priests, the Levites shall have five and twenty thousand in length, and ten thousand in breadth: the whole length shall be five and twenty thousand, and the breadth ten thousand.14 And they shall not sell of it, neither exchange, nor alienate the first-fruits of the land: for it is holy unto Jehovah.15 And the five thousand that are left in the breadth over against the five and twenty thousand, shall be a common {place} for the city, for dwellings and for suburbs: and the city shall be in the midst of it.16 And these shall be the measures thereof: the north side four thousand and five hundred {cubits}, and the south side four thousand and five hundred, and the east side four thousand and five hundred, and the west side four thousand and five hundred.17 And the suburbs of the city shall be toward the north two hundred and fifty {cubits}, and toward the south two hundred and fifty, and toward the east two hundred and fifty, and toward the west two hundred and fifty.18 And the residue in length, alongside the holy heave-offering, shall be ten thousand eastward and ten thousand westward: it shall be alongside the holy heave-offering; and the increase thereof shall be for the support of them that serve the city.19 And they that serve the city shall serve it out of all the tribes of Israel.20 The whole heave-offering shall be five and twenty thousand by five and twenty thousand; ye shall offer the holy heave-offering foursquare with the possession of the city.21 And the rest shall be for the prince, on the one side and on the other of the holy heave-offering and of the possession of the city, in front of the five and twenty thousand of the heave-offering toward the east border, and westward in front of the five and twenty thousand toward the west border, answering to the {other} portions: it shall be for the prince; and the holy heave-offering and the sanctuary of the house shall be in the midst of it.22 And from the possession of the Levites and from the possession of the city, being in the midst of that which shall be the prince's, between the border of Judah and the border of Benjamin, shall be for the prince.23 And as for the rest of the tribes: from the east side unto the west side, Benjamin one {portion}.24 And by the border of Benjamin, from the east side unto the west side, Simeon one.25 And by the border of Simeon, from the east side unto the west side, Issachar one.26 And by the border of Issachar, from the east side unto the west side, Zebulun one.27 And by the border of Zebulun, from the east side unto the west side, Gad one.28 And by the border of Gad, at the south side southward, the border shall be from Tamar {to} the waters of Meribah-Kadesh, by the torrent, unto the great sea.29 This is the land which ye shall divide by lot unto the tribes of Israel for inheritance, and these are their portions, saith the Lord Jehovah.30 And these are the goings out of the city. On the north side, four thousand and five hundred {cubits} by measure.31 And the gates of the city shall be after the names of the tribes of Israel: three gates northward: the gate of Reuben, one; the gate of Judah, one; the gate of Levi, one.32 And at the east side four thousand and five hundred, and three gates: the gate of Joseph, one; the gate of Benjamin, one; the gate of Dan, one.33 And at the south side four thousand and five hundred {cubits} by measure, and three gates: the gate of Simeon, one; the gate of Issachar, one; the gate of Zebulun, one.34 At the west side four thousand and five hundred, {and} their three gates: the gate of Gad, one; the gate of Asher, one; the gate of Naphtali, one.35 Round about it was eighteen thousand {cubits}; and the name of the city from that day, Jehovah is there.
1 En dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat -- hy moet die ooste en die westekant hê -- Dan een deel.2 En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.3 En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: N ftali, een.4 En naas die gebied van N ftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.5 En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.6 En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.7 En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.8 En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf en twintig duisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.9 Die offergawe wat julle aan die HERE moet afgee, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.10 En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.11 Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.12 So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.13 Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend.14 En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.15 Maar die vyf duisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf en twintig duisend -- dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.16 En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vier duisend vyf honderd el; en die suidekant, vier duisend vyf honderd; en die oostekant, vier duisend vyf honderd; en die westekant, vier duisend vyf honderd.17 En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, twee honderd en vyftig el; en teen die suide, twee honderd en vyftig; en teen die ooste, twee honderd en vyftig; en teen die weste, twee honderd en vyftig.18 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tien duisend teen die ooste en tien duisend teen die weste -- dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.19 En wat die werksmense van die stad betref -- uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.20 Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend -- vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.21 En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf en twintig duisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf en twintig duisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes -- dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.22 En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.23 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.24 En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: S¡meon, een.25 En naas die gebied van S¡meon, van die oostekant af tot by die westekant: Issaskar, een.26 En naas die gebied van Issaskar, van die oostekant af tot by die westekant: S,bulon, een.27 En naas die gebied van S,bulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.28 En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.29 Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here HERE.30 En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vier duisend vyf honderd el lengtemaat.31 En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.32 En na die oostekant vier duisend vyf honderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.33 En die suidekant vier duisend vyf honderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van S¡meon, een; die poort van Issaskar, een; die poort van S,bulon, een.34 Die westekant vier duisend vyf honderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van N ftali, een;35 rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!