1 And the word of Jehovah came unto me, saying:2 Son of man, prophesy against the prophets of Israel that prophesy, and say unto them that prophesy out of their own heart, Hear ye the word of Jehovah.3 Thus saith the Lord Jehovah: Woe unto the foolish prophets, that follow their own spirit, and have seen nothing!4 O Israel, thy prophets have been like foxes in desert places.5 Ye have not gone up into the breaches, nor made up the fence for the house of Israel, to stand in the battle in the day of Jehovah.6 They have seen vanity and lying divination, that say, Jehovah saith! and Jehovah hath not sent them; and they make {them} to hope that the word will be fulfilled.7 Have ye not seen a vain vision, and spoken a lying divination, when ye say, Jehovah saith; and I have not spoken?8 Therefore thus saith the Lord Jehovah: Because ye speak vanity, and have seen lies, therefore behold, I am against you, saith the Lord Jehovah.9 And my hand shall be against the prophets that see vanity and that divine lies: they shall not be in the council of my people, neither shall they be written in the register of the house of Israel, and they shall not enter into the land of Israel: and ye shall know that I {am} the Lord Jehovah.10 Because, yea because they have seduced my people, saying, Peace! and there is no peace; and one buildeth up a wall, and lo, they daub it with untempered {mortar} -11 say unto them which daub it with untempered {mortar} that it shall fall: there shall be an overflowing rain, and ye, O great hailstones, shall fall, and a stormy wind shall burst forth.12 And lo, when the wall is fallen, shall it not be said unto you, Where is the daubing with which ye have daubed {it}?13 Therefore thus saith the Lord Jehovah: I will cause to burst forth a stormy wind in my fury; and there shall be an overflowing rain in mine anger, and hail-stones in fury for utter destruction.14 And I will break down the wall that ye have daubed with untempered {mortar}, and bring it down to the ground, so that the foundation thereof shall be discovered; and it shall fall, and ye shall be destroyed in the midst thereof; and ye shall know that I {am} Jehovah.15 And I will accomplish my fury upon the wall, and upon them that daub it with untempered {mortar}, and will say unto you, The wall is no {more}, neither they that daubed it,16 the prophets of Israel who prophesy concerning Jerusalem, and who see a vision of peace for her, and there is no peace, saith the Lord Jehovah.17 And thou, son of man, set thy face against the daughters of thy people, who prophesy out of their own heart; and prophesy against them,18 and say, Thus saith the Lord Jehovah: Woe unto the women that sew pillows for all wrists, and that make veils for the head {of persons} of every stature to catch souls! Will ye catch the souls of my people, and will ye save your own souls alive?19 And will ye profane me among my people for handfuls of barley and for morsels of bread, to slay the souls that should not die, and to save the souls alive that should not live, by your lying to my people that listen to lying?20 Wherefore thus saith the Lord Jehovah: Behold, I am against your pillows, that the souls which ye catch by their means may fly away; and I will tear them from your arms, and will let the souls go, the souls that ye catch, that they may fly away.21 And I will tear your veils and deliver my people out of your hand, and they shall be no more in your hand to be hunted; and ye shall know that I {am} Jehovah.22 Because with falsehood ye have grieved the heart of the righteous, whom I have not made sad; and have strengthened the hands of the wicked, that he should not return from his wicked way, to save his life:23 therefore ye shall no more see vanity, nor divine divinations; and I will deliver my people out of your hand: and ye shall know that I {am} Jehovah.
1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:2 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!3 So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.5 Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.6 Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek -- terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!7 Het julle nie 'n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Âk nie gespreek het nie?8 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.10 Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk 'n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;11 sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal 'n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en 'n stormwind sal losbreek.12 En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?13 Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal 'n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal 'n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.14 En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.15 En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,16 naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.17 En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle18 en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?19 En julle ontheilig My by my volk vir 'n paar hande vol gars en vir 'n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.20 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.21 Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer 'n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.22 Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het -- terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie -- en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;23 daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.