1 And he brought me back to the door of the house; and behold, waters issued out from under the threshold of the house eastward: for the front of the house was eastward. And the waters came down from under, from the right side of the house, south of the altar.2 And he brought me out by the way of the gate northward, and led me round outside unto the outer gate towards {the gate} that looketh eastward; and behold, waters ran out on the right side.3 When the man went forth eastward, a line was in his hand; and he measured a thousand cubits, and he caused me to pass through the waters: the waters were to the ankles.4 And he measured a thousand {cubits}, and caused me to pass through the waters: the waters were to the knees. And he measured a thousand and caused me to pass through: the waters were to the loins.5 And he measured a thousand: it was a river that I could not pass through, for the waters were risen, waters to swim in, a river that could not be passed through.6 And he said unto me, Son of man, hast thou seen {this}? And he led me, and brought me back to the bank of the river.7 When I returned, behold, on the bank of the river were very many trees on the one side and on the other.8 And he said unto me, These waters issue out toward the east district, and go down into the plain, and go into the sea; when they are brought forth into the sea, the waters {thereof} shall be healed.9 And it shall come to pass that every living thing which moveth, whithersoever the double river shall come, shall live. And there shall be a very great multitude of fish; for these waters shall come thither, and {the waters of the sea} shall be healed; and everything shall live whither the river cometh.10 And it shall come to pass, that fishers shall stand upon it; from En-gedi even unto En-eglaim shall be {a place} to spread forth nets: their fish shall be according to their kinds, as the fish of the great sea, exceeding many.11 But its marshes and its pools shall not be healed; they shall be given up to salt.12 And by the river, upon its bank, on the one side and on the other, shall grow all trees for food, whose leaf shall not fade, nor their fruit fail: it shall bring forth new fruit every month, for its waters issue out of the sanctuary; and the fruit thereof shall be for food, and the leaf thereof for medicine.13 Thus saith the Lord Jehovah: This shall be the border whereby ye shall allot the land as inheritance according to the twelve tribes of Israel: Joseph {shall have two} portions.14 And ye shall inherit it, one as well as another, {the land} concerning which I lifted up my hand to give it unto your fathers; and this land shall fall to you for inheritance.15 And this shall be the border of the land: toward the north side, from the great sea, the way of Hethlon, as one goeth to Zedad,16 Hamath, Berothah, Sibraim, which is between the border of Damascus and the border of Hamath; Hazer-hatticon, which is by the border of Hauran.17 And the border from the sea shall be Hazar-enan, the border of Damascus, and the north northward, and the border of Hamath: this is the north side.18 -And on the east side ye shall measure between Hauran and Damascus, and Gilead and the land of Israel {by} the Jordan, from the border unto the east sea: this is the east side.19 -And the south side southward, from Tamar to the waters of Meribah-Kadesh, by the torrent, unto the great sea: this is the south side southward.20 -And the west side shall be the great sea from the border, as far as over against the entering into Hamath: this is the west side.21 And ye shall divide this land unto you according to the tribes of Israel.22 And it shall come to pass that ye shall divide it by lot for an inheritance unto you, and to the strangers that sojourn among you, who shall beget children among you; and they shall be unto you as the home-born among the children of Israel: with you shall they draw by lot inheritance among the tribes of Israel.23 And it shall come to pass that in the tribe in which the stranger sojourneth, there shall ye give {him} his inheritance, saith the Lord Jehovah.
1 Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.2 En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.3 Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die enkels.4 Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan -- waters tot aan die heupe.5 Verder het hy nog duisend gemeet -- 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys -- waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.6 En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.7 Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.8 En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.9 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.10 Ook sal vissers daaraan staan, van Ângedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte.11 Die moerasse en kuile daarvan -- hulle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.12 En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan -- uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.13 So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel -- vir Josef twee dele.14 En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.15 En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:16 Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.17 So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.18 En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en G¡lead en die land van Israel uit -- die Jordaan; van die grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.19 En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.20 En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.21 En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.22 En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.23 En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.