1 And thou, son of man, prophesy against Gog, and say, Thus saith the Lord Jehovah: Behold, I am against thee, O Gog, prince of Rosh, Meshech, and Tubal;2 and I will turn thee back, and lead thee, and will cause thee to come up from the uttermost north, and will bring thee upon the mountains of Israel.3 And I will smite thy bow out of thy left hand, and will cause thine arrows to fall out of thy right hand.4 Thou shalt fall upon the mountains of Israel, thou, and all thy bands, and the peoples that are with thee: I have given thee to be meat for the birds of prey of every wing, and to the beasts of the field.5 Thou shalt fall on the open field; for I have spoken {it}, saith the Lord Jehovah.6 And I will send a fire on Magog, and among them that dwell at ease in the isles: and they shall know that I {am} Jehovah.7 And my holy name will I make known in the midst of my people Israel; and I will not suffer my holy name to be profaned any more: and the nations shall know that I {am} Jehovah, the Holy One in Israel.8 Behold, it cometh, and shall be done, saith the Lord Jehovah. This is the day whereof I have spoken.9 And they that dwell in the cities of Israel shall go forth, and shall kindle fire, and burn weapons, and shields, and targets, bows, and arrows, and hand-staves, and spears: and they shall make fires with them seven years.10 And no wood shall be taken out of the field, neither cut down out of the forests; for they shall make fire with the weapons; and they shall spoil those that spoiled them, and plunder those that plundered them, saith the Lord Jehovah.11 And it shall come to pass in that day, {that} I will give unto Gog a place there for burial in Israel, the valley of the passers-by to the east of the sea; and it shall stop {the way} of the passers-by; and there shall they bury Gog and all the multitude; and they shall call it, Valley of Hamon-Gog.12 And seven months shall the house of Israel be burying them, that they may cleanse the land;13 and all the people of the land shall bury {them}; and it shall be to them for renown in the day that I shall be glorified, saith the Lord Jehovah.14 And they shall sever out men of continual employment to go through the land, who, with the passers-by, shall bury those that remain upon the face of the land, to cleanse it: at the end of seven months shall they make a search.15 And the passers-by shall pass through the land, and when {any} seeth a man's bone, he shall set up a sign by it, till the buriers have buried it in the Valley of Hamon-Gog.16 And also the name of the city shall be Hamonah. Thus shall they cleanse the land.17 And thou, son of man, thus saith the Lord Jehovah: Speak unto the birds of every wing, and to every beast of the field, Gather yourselves together and come, assemble yourselves on every side to my sacrifice which I sacrifice for you, a great sacrifice upon the mountains of Israel, that ye may eat flesh, and drink blood.18 Ye shall eat the flesh of the mighty, and drink the blood of the princes of the earth, of rams, of lambs, and of goats, {and} of bullocks, all of them fatted beasts of Bashan.19 And ye shall eat fat till ye are full, and drink blood till ye are drunken, of my sacrifice which I sacrifice for you.20 And ye shall be filled at my table with horses and charioteers, with mighty men, and with all men of war, saith the Lord Jehovah.21 And I will set my glory among the nations, and all the nations shall see my judgment which I have executed, and my hand which I have laid upon them.22 And the house of Israel shall know that I {am} Jehovah their God from that day and forward.23 And the nations shall know that the house of Israel went into captivity for their iniquity, because they were unfaithful against me; and I hid my face from them, and gave them into the hand of their enemies, so that they fell all of them by the sword.24 According to their uncleanness and according to their transgressions I did unto them, and I hid my face from them.25 Therefore, thus saith the Lord Jehovah: Now will I bring again the captivity of Jacob, and have mercy upon the whole house of Israel, and will be jealous for my holy name:26 and they shall bear their confusion, and all their unfaithfulness in which they have acted unfaithfully against me, when they shall dwell safely in their land, and none shall make them afraid;27 when I have brought them again from the peoples, and gathered them out of their enemies' lands, and am hallowed in them in the sight of many nations.28 And they shall know that I {am} Jehovah their God, in that I caused them to be led into captivity among the nations, and have gathered them unto their own land, and have left none of them any more there.29 And I will not hide my face any more from them, for I shall have poured out my Spirit upon the house of Israel, saith the Lord Jehovah.
1 En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.2 En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.6 En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.7 En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.11 En in die dag sal Ek aan Gog 'n plek gee waar 'n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.12 En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle 'n ondersoek instel,15 en sien een van hulle wat deur die land trek, 'n mensebeen, dan rig hy daarby 'n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.16 En ook sal die naam van 'n stad wees Hamona. So sal hulle dan die land reinig.17 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink -- ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam --19 vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.21 En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.22 En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van die dag af en verder.23 En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.24 Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg.25 Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.26 En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.27 As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.28 En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en d r niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.29 En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.